|
Meer oor ons Welkom by dié webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Hierdie webblad wil veral die twee deelnemende vennote van die Fakulteit, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduits Gereformeerde Kerk bedien, maar terselfdertyd wil ons ook ‘n wêreldwye diens lewer. Almal is dus welkom. Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring. Kerklike bediening roep immers om teologiese besinning, daarom moet teologiese wetenskap ook in die prediking en die pastoraat gestalte kry. Wetenskaplike insigte van hierdie aard word in die afdeling ‘Preekhulp’ deur middel van eksegetiese inligting en meditasies weerspieël. Maar dis nie al nie. Ons diens aan die kerk sluit ook sekulêre rubrieke in oor woordkuns, nootkuns, ligkuns en klipkuns. Gaan kyk maar. Hierdie webblad bestaan uit ‘n kleinredaksie en ‘n breëredaksie. Die kleinredaksie is vir die daaglikse gang van die webblad verantwoordelik. Hulle is:
Die breëredaksie sluit die kleinredaksie in, asook prof Cas Vos en prof Johan Buitendag – dekaan en adjunk-dekaan – wat toesighoudende funksies beklee. Die genoemde twee professors dien as skakels tussen Fakulteit, Universiteit en Kerk. Elke week ontvang ons lesers ‘n Nuusbrief van teo.co.za wat inligting aangaande die nuutste artikels verstrek. Sou u belang stel om hierdie Nuusbrief in die toekoms te ontvang, vul asseblief u e-posaders hier in. Sou u op hierdie stadium wil uitteken, laat weet ons deur op hierdie skakel te kliek. Vriendelike teo.co.za groete |
|
|
Ontwerp deur Equadoor
|