- Tuis
- Preekhulp
Preekhulp
’n Vol en ryk 2012aan u almal toegewens.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 2 February 2012
- Preekhulp
-
Evaluering:




... God is Koning van die hele aarde ... (Ps 47:8 – OV)
In die antieke wêreld was die jaarwisseling nogal ’n belangrike saak. Op dié dag is fees gevier en groot geraas gemaak. Dít was hulle manier om alle bose geeste te verjaag en mense teen allerlei kwaad te beskerm.
Meditatio: En as die wonderwerk nie gebeur nie …
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 1 February 2012
- Preekhulp
-
Evaluering:




Hoe dikwels wag ons op 'n wonderwerk? Hoe dikwels misluk ons grootse ideale – selfs ter wille van ‘n baie goeie saak? Hoe dikwels wil ons ook soos Elia onder die besembos gaan lê en uitroep: ‘Here, nou is dit genoeg!’ En, hoe dikwels wens ons die Here wil maar net een keer – al is dit net een keer – ‘n kragtoertjie uithaal, sodat ons weet Hy bestaan … maar al wat ons hoor is sy oorverdowende stilte.
Kersfees, liefde, lof.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 15 December 2011
- Preekhulp
- Nog geen evaluering
Kersfees en hoop.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 15 December 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Die Here gee om vir iemand wat verstoot word
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 November 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Bitter, hartseer woorde van Lea. Ons hoor haar verlange na die liefde van haar man, ons hoor die snik in haar stem. Die ‘ander vrou’ is nie maar net ‘n ander nie, sy is ook die man se wettige vrou en boonop haar suster.
Waar God is, is daar blydskap
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 25 November 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Levitikus 9 vertel van ’n groot bedrywigheid by die altaar. Israel was nog by Sinai in die woestyn en die volk het voor die tent van ontmoeting bymekaargekom. Aäron het toe ’n kalf gevat; dit keelaf gesny; die bloed teen die altaar uitgegooi; die vet, die niere en die punt van die lewer verbrand. En tog gaan dit in dié hoofstuk nie om offers nie, maar om die ervaring van God se teenwoordigheid.
Roudiens: Psalm 91
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 October 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




MM was ‘n besondere welgestelde vrou wat ‘n paar maande voor haar negentigste verjaarsdag oorlede is. Sy het haar man sowat dertig jaar gelede verloor, en hy het haar uiters goed nagelaat. Haar een seun het haar finansies sedertdien bestuur. Sy het geen kommer in die wêreld gehad nie, want in haar kleinste behoeftes in ruimskoots voorsien. Ek ken die familie en vriende baie goed en daarom is ek gevra om die diens te lei. Die gehoor was egter kompleks: Afrikaans-sprekende mense vanuit al drie susterskerke; Engelse, hoofsaaklik Metodiste en Anglikane en ‘n hele paar van hulle kan geen woord Afrikaans verstaan nie; daar was ook ‘n groepie Jode; en ‘n ateïs of twee.
Meditatio: God se kinders ly ook.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 25 October 2011
- Preekhulp
- Nog geen evaluering
Geen ander boek in die Ou Testament begin met so 'n getuigskrif nie. In die openingsvers word gesê daar was man uit Us met die naam van Job en dan rol die woorde oor sy goedheid: hy was vroom, hy het die Here gedien en hy het die kwaad vermy. Sommer in die eerste vers van die boek leer ons al van hierdie besondere man. In die res van die boek vertel ander mense ook van Job se vroomheid en opregtheid.
Meditatio: Die skreeu en die gebalde vuis.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 25 October 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Jeremia het dit gedoen en die skrywers van die klaagpsalms het dit nog erger gedoen, maar by Job is dit die ergste. Hulle het dit met 'n geweldige skerpheid gedoen. So erg dat die woorde ons nou nog diep tref. En tog is die felheid ook mooi. Op 'n ander soort manier mooi. Want dit sê iets van menswees en van menslike ervaringe. Dit beklemtoon dat 'n gelowige nie alles net passief hoef te aanvaar nie. Wat egter die mooiste en die aangrypendste is, is dat God dit toelaat en aanvaar. Dat Hy die mens selfs die ruimte gee om dit te doen.
Meditatio: Lyding en die skepping
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 25 October 2011
- Preekhulp
- Nog geen evaluering
Job het gely. Verskriklike dinge het met hom gebeur. Op een dag het hy alles verloor. Sy vriende probeer hom troos, maar hulle bereik niks nie. Job wou so graag sy lyding verstaan. Waarom moes hy ly? Wat presies het hy verkeerd gedoen? Omdat sy vriende hom nie kon help nie, wou hy graag vir God ontmoet. Hy sou God self na die hoekoms en die waaroms van sy swaarkry wou vra. Hy sou God dalk self op sy fout wou wys. Die fout dat Hy die verkeerde persoon laat ly het.

