Woordkuns


    (Bladsy 1 van 2)   
    « Vorige
      
    1
      2  Volgende »

    Paassondag: ‘n gedig van Sheila Cussons

    Paasondag. Jesus het opgestaan. Die gebeure wat in Matteus 28:8-10 beskryf word, omvorm Sheila Cussons tot ‘n kort, maar besondere treffende gedig.


    I.L. de Villiers – skerpsinnig en kleurryk: ’n Huldeblyk deur Cas Vos

    Die dood laat ’n mens met sagte oë na ander kyk. Veral as jy en die oorledene dikwels oor die kronkelpaaie van die lewe gepraat het. Dit was veral laataand gesprekke oor die foon. Oorgesprekke. Nadink woorde. Wyse woorde. Woorde vol sterstof. Ek hoor nog die eggo’s daarvan.


    By die bekendstelling van Intieme afwesige deur Cas Vos

    Wanneer ’n redakteur begin werk aan ’n digbundel, is hy/sy aanvanklik veral op die besonderhede ingestel: Is daar kommas, punte en hoofletters op die regte plekke? Is al die woorde reg gespel? Is die feitelike inhoud korrek? (Verwys die digter byvoorbeeld dalk na De la Rey terwyl hy eintlik De Wet bedoel?) Is die aanhalings korrek? (Teoloë en dominees is berug daarvoor dat hulle die Bybel soms verkeerd aanhaal, en letterkundiges dat hulle gedigte verkeerd onthou.) Maar wanneer die intense redigeerwerk aan ’n digbundel afgehandel het, begin die skerp besonderhede daarin onvermydelik verdof. Dan bly daar ’n vaer, maar miskien ook omvattender indruk in die geheue oor, iets wat ek die tekstuur van ’n bundel sou wou noem. Hierdie tekstuur word ingegee deur die woorde, die klanke en beelde wat die digter gebruik, deur eiesoortige sinskonstruksies, deur temas en motiewe. Die tekstuur kan wees soos dié van ’n grondpad, of ’n hoop droë blare, of dalk ’n soet malvapoeding.


    Wat oorbly is roet & ink: onderhoud deur Johann de Lange met Cas Vos

    “Ek is nogal ongemaklik om myself as deel van enige religieuse ‘tradisie’ te sien. Dis die etiket van teoloog-wees wat al dié misverstande wek. Natuurlik put ek uit die rykdom van die Antieke wêreld. Ek is dus geen apologeet nie, eerder ‘n saboteur. Hiermee bedoel ek dat ek eerder religieuse tekste, in soverre hulle in my bundel voorkom, dekonstrueer.”


    Die moeder as idille

    Iemand sê nou die dag by sy moeder se roudiens:  “Nou is die enigste mens wat my onvoorwaardelik liefgehad het, ook weg”.  Die vraag ontstaan of ‘n liefde ooit onvoorwaardelik kan wees?  Is die opblaas van ‘n moeder se oneindige omgee nie maar net die resultaat van ‘n gemoedelike idille, ‘n sentimentele illusie nie?  Ongelukkig dra die kommersiële aspek van Moedersdag daartoe by dat die “verering” van ‘n moeder oppervlakkig kan raak en mank gaan aan valshede, hoewel die meeste mense seker sal saamstem dat baie moeders so ‘n dag verdien.  


    Vuurwiel: Ryk bundel verse vol verrassings

    In haar bundel Palinodes (1987) het die bekroonde digter, literêre kritikus en akademikus van formaat ’n gedig oor Emily Dickinson geskryf:

     

    Ek lewe met drif

    ter wille van dié skrif -

    omrede die durende

     

    koors genaamd poësie.

     

    Hierdie koors breek weer uit in Joan Hambidge se soveelste bundel. Maar dan ’n aansteeklike koors sodat die leser die vuur voel brand.


    Resensie: Die afdruk van ons hande (Cas Vos)

    Wanneer mens Cas Vos se nuwe bundel Die afdruk van ons hande oopslaan, word jy getref deur die netjiese formaat en die keurige bladuitleg. Die skutblaaie met afdrukke van mitologiese figure wys reeds heen na die bundeltematiek. Soos Vos se vorige drie digbundels, Vuurtong, Gode van papier en Enkeldiep, ondersoek ook hierdie bundel die ordenende metafore, simbole en verhale wat die moderne samelewing rig – die gode wat ons aanhang. Die laaste gedeelte bestaan uit ‘n omdigting van die klassieke Sumeriese Gilgamesj-epos.


    Opstanding: 'n Gedig vir opstandingsondag

    Van die floute lig kan sy retina

    so plots skaars ‘n gloed behou;

    sy volgelinge voel sy donker

    op die strand waar Hy tafel dek

    met hande waaraan rowe kors.


    Kruiseling: 'n Gedig vir lydenstyd

    Hoor hoe skop die middagwind stof op.

    Dis mos 'n dag vir swartdoek dra.

    Diep gekwes ruk en pluk hy 'n droë boom

    vir die vullishoop waar bedelaars aas.


    Die vertaling van die dagboek van Anne Frank

    Prinsengracht 263 verteenwoordig die bekendste gragtehuis in Amsterdam. Die huis dra die naam van die jong skryfster van die beroemdste dagboek uit die Tweede Wêreldoorlog, en wanneer trem 13 of 17 skuins oorkant in die Raadhuisstraat stop, kondig die kondukteur aan: “Westermark, Anne Frank-huis”. In daardie huis op Prinsengracht 263 het Anne haar dagboek geskryf waarvan sy nooit kon droom dat dit na haar ontydige en verskriklike dood wêreldbekend en sy ’n wêreldikoon sou word nie.


    (Bladsy 1 van 2)   
    « Vorige
      
    1
      2  Volgende »