Boeke


    (Bladsy 1 van 5)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »

    Gays & God. ‘n Onmoontlike vriendskap deur Ralph Barnard

    “Is dit oukei om gelowig en gay te wees?” Dít is die vraag waarop mense gewoonlik ‘n antwoord soek wanneer hulle op boekrakke rondvroetel met die hoop om iets hieroor te vind. Vir sulke mense, asook vir gays en die mense rondom hulle, is Ralph Barnard se boek ‘n moet-lees.


    Twee Boeke

    Twee boeke oor prediking van Bybel-Media.


    Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg

    Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg bestaan uit drie onderafdelings. Afdeling A (pp 19-57) handel oor ‘Die Jesus van die Skrif’, in Afdeling B (pp 61-123) neem die outeur ‘Die ander teologie’ onder die loep, en in Afdeling C (pp 127-157) stel hy ‘Emerge in perspektief’. Soos dit uit die subtitel blyk, tree Johan Janse van Rensburg in hierdie publikasie met die sogenaamde Emerging Church-beweging – afgekort na EC – in gesprek.


    Nuwe boeke by CUM

    ‘n Lewe sonder beperkings deur Nick Vujicic,

    Vokome vergifnis deur RT Kendall,

    Wanneer God mense nuut maak deur Bennie Mostert,

    Die Klassieke Kinderbybel Storieboek vertel deur Johan en Nina Smit.


    Twee boekbekendstellings van CUM

    Twee boeke van CUM: Waar is Jesus nou? deur Coenie Burger en leer jou kind om te bid, deur Rick Osborne. 

    Boekbekendstellings van CUM

    Drie boekbekendstellings van CUM: Die impak van God se wil deur Stephan Joubert; Lewensbeginsels van vroue uit die Bybel. 12 Studies oor vroue van gister deur Wayne Barber, Eddie Rasnake en Rick Shepherd; Jeremia. ‘n Helder lig in ‘n donker tyd deur Bette Nordberg.


    Boekbekendstelling: Keuses wat jou Lewe Bepaal deur Andy Stanley

    Hierdie boekie gebruik die ‘pad’- metafoor om die leser op sy of haar geestelike pad te begelei. Elkeen is op ‘n bepaalde punt in sy of haar lewe en wil graag spoedig iewers uitkom. Anders gestel, elke mens het bepaalde doelwitte in die oog. Maar dikwels word daardie doelwitte nooit bereik nie, of nog erger, iemand raak die spoor heeltemal byster. Waarom gebeur dit?


    Loader: vereer en (net ‘n klein bietjie) ontbloot

    Die pasafgelope Woensdag, 9 Junie, is die voorheen Pretoriase, tans Weense Ou Testamentikus Jimmy Loader vereer met ’n huldigingsbundel rondom sy 65ste verjaarsdag.  Die versameling studies is getitel Weisheit und Schöpfung, en het verskyn onder redaksie van Stefan Fischer en Marianne Grohmann (Fischer het vir sewe jaar in Namibië en Lesotho gewerk, het sy eerste proefskrif by Loader aan Unisa geskryf, en het sy tweede proefskrif, oftewel habilitasieskrif, weer onder Loader se leiding voltooi, maar toe by Wenen.)


    Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk

    Digkuns is ‘n persoonlike, intieme kunsvorm, en hoe vou die lig in, is dan ook geen uitsondering nie. Hierdie digbundel bestaan uit sewe afdelings wat meestal ingelei word deur ‘n aanhaling van ‘n ander skrywer of digter, of uit die Bybel. Die 'lig' is egter nie vanuit die staanspoor daar nie - 'n mens moet die hele boekie deurlees om toe te laat dat sirkels van lig op treffende wyse ontvou.  


    Bekendstelling van boeke wat onlangs by CUM verskyn het

    In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.


    (Bladsy 1 van 5)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »