Artikels

Op hierdie blad kry jy bondige, grondige artikels te lese – oor diverse sake van kerklike en teologiese belang.


    (Bladsy 1 van 20)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »

    'n Vaste kanon en die Ou Testament se waarde?

    Die kanon is vir vele 'n verleentheid. Dit is tog maar net 'n boek soos alle ander boeke en ook soos alle ander deur mense geskryf. Die Hebreeuse teks van die Ou Testament waarop die 1983-Afrikaanse vertaling byvoorbeeld gegrond is, is nie die oorspronklike Hebreeuse dokumente soos dit deur Jesaja of Jeremia of wie ook al geskryf is nie. Die 1983-veraling se Hebreeuse teks is skaars 'n duisend jaar oud. Trouens, in die eerste eeu na Christus was daar nie eers 'n vaste en algemeen-aanvaarde Hebreeuse teks nie.


    Ou feeste in ‘n nuwe gewaad

    Godsdienstige gemeenskappe se jaarkalender word deur feeste gekenmerk. Dit gaan om méér as blote vreugde of pret wat momenteel daarop gerig is om van sorge te vergeet en jouself oor te gee aan plesier. Godsdienstige feeste is by uitstek feeste van herinnering. Tydens godsdienstige feesgeleenthede dink die mense nie slegs aan hulself nie, maar aan die interaksie tussen God/gode en mens, of herroep oomblikke toe die bonatuurlike op die natuurlike sfeer ingebreek het. Godsdienstige feeste bind ‘n gemeenskap aan mekaar, en struktureer die liturgiese jaar. In hierdie teo-bydrae gaan ek die belangrikste feeste van Ou Israel bespreek. 


    Maria, maagd en moeder: die eerste eeue

    Kersfees. Saam met Christene wêreldwyd herdenk ons die geboorte van die Christuskind, maar in die Protestantse tradisie maak ons nie veel van sy moeder nie. Ons bely slegs dat ‘Jesus Christus uit die maagd Maria gebore is’, sonder om na te dink waar daardie belydenis vandaan kom, of hoekom dit belangrik was om dit te sê. In hierdie teo-bydrae wil ek stilstaan by die vroegste tradisies rondom Maria.


    Kersfees, musiek en 'n dieper teologiese verstaan

    Sonder die kerk was daar geen kuns nie. Of in elk geval nie soos ons dit vandag ken nie. Dit was die kerk wat skilders en komponiste in diens geneem, hulle betaal en talle opdragte gegee het. Hulle moes die kerk se boodskap vir gewone mense ‘hoorbaar’ en ‘sigbaar’ maak.


    Die apokriewe evangelies vertel 'n ander verhaal.

    Die vroeë kerk was eintlik nooit 'n eenheid nie. In elk geval nie soos ons dikwels dink nie. En dit word onder andere in die kerk se worsteling met die sogenaamde nie-kanoniese boeke gesien (vgl Markschies 2007:1-100). Einde Julie vanjaar het die baie bekende Leuvense dagen of Colloquium Biblicum Louvaniense juis op hierdie stryd in die vroeë kerk gelet. Dit was die vyftigste keer dat die Colloquium plaasgevind het en oor die jare is 'n verskeidenheid temas in die Ou Testament en Nuwe Testament behandel.


    Verdeel en regeer. Oor priesterlike nabootsing van God.

    Die eerste Priesterlike skeppingsverhaal in Genesis 1 is wyd bekend en figureer selfs soms in die media as die holruggeryde debat oor skepping en evolusie af en toe weer sy verskyning maak. Hierdie bydrae het niks met hierdie debat te doen nie, maar gaan eerder oor een van werkwoorde wat gebruik word om God se handelinge op dag een (vers 4) en twee (verse 6 en 7) te beskryf. Op dag een skei God tussen lig en donker en op dag twee skei Hy tussen die boonste en die onderste waters. In Hebreeus is dit natuurlik die woord bdl en dit kom later weer in Genesis 1 voor op dag vier (verse 14 en 18) wanneer die ‘ligdraers’ gemaak word en dit is ook die hulle taak om te skei tussen dag en nag. Een van God se vernaamste handelinge in Genesis 1 is dus om orde te skep en om vir elke ding in die skepping ‘n plek te kry. In Genesis 1 is of God, of die goed wat hy maak (soos die uitspansel of die ligdraers) die onderwerpe van hierdie werkwoord. Hierdie klem op orde is natuurlik ʼn tipiese kenmerk van Priesterlike literatuur, of dan in Wellhausen se taal, van die P-bron.


    Ekologie: dink groen, doen groen?

    In die vorige teo-uitgawe het ek die teoretiese aspekte van ekologie kortliks uiteen gesit. Ek het daarop gewys dat ekologie ‘n komplekse begrip is wat natuurwetenskaplik of filosofies-religieus bestudeer kan word. Eersgenoemde vra slegs hoe organismes binne ‘n bepaalde omgewing funksioneer sonder om moreel-etiese uitsprake te maak. Laasgenoemde is egter besorg oor die mens en sy verhouding tot sy omgewing – meer spesifiek, die mens en wat hy besig is om aan Planeet Aarde te doen. Die gevolgtrekking is dat die mens met sy tegnolgie besig is om die aarde te verwoes. Ekologiese bewegings – godsdienstig geïnspireer of nie – stem saam: hierdie proses van selfvernietiging moet gestuit word, voordat dit te laat is. In hierdie teo-bydrae wil ek nadink of die ‘groen gedagte’ enigsins haalbaar is.


    Ekologie: die groen gedagte?

    Die mens is besig om Planeet Aarde te vernietig. As ons nie drasties ons leefstyl verander nie, gaan dit nie veel langer moontlik wees om die hierdie aarde van ons te bewoon en te bewerk nie. Ons hoor van ‘n kwynende osoonlaag en sonstrale wat al feller brand; ons hoor van plant- en dierspesies wat op die rand staan om uit te sterf; ons hoor dat plante en diere vinniger en groter groei, vanweë onnatuurlike chemikalië; ons hoor dat ook ons hierdie stowwe inneem, en dat dit skadelik vir ons liggame is. Die woorde waarmee hierdie ontstellende situasie beskryf word, is ‘ekologiese krisis’.


    Jimmie Loader se besondere kennis van Israel se wysheid het ’n groot invloed op vele van ons se verstaan van boeke soos Spreuke, Job en Prediker gehad. Sy vertrek na Wene in 1997 was daarom in vele opsigte ’n gevoelige slag vir die Suid-Afrikaanse Ou-Testamentiese gemeenskap en ook vir die studie van die wysheid hier te lande. 'n Sjarmante faset van Loader se teologie was sy verinnerliking van Israel se wysheid op so 'n wyse dat dit sy belewing van God, die wêreld, die natuur, die kuns, gekleur het. Dit was amper 'n soort alles-verduidelikende perspektief aan die hand waarvan oor God en sy wêreld gepraat het.


    Die tragedie van die Reformasie?

    Baie jare gelede het ek 'n lesing, ‘The tragedy of the Reformation’, bygewoon wat my nou nog bybly. Wie die spreker was, kan ek nie meer onthou nie, maar die gedagte aan die Reformasie as een groot tragedie was nogal uitdagend. Daar het inderdaad dinge gebeur wat die destydse wêreld amper omgekeer het: die een groot kerk is uitmekaargeruk, die politieke orde is versteur, groot kuns- en bouwerke is vernietig, sosio-politieke kragte het mense (soos in die boere-oorlog) tot bloedige verset aangespoor, mense is vervolg, talle het gely en families is uitmekaargeskeur.


    (Bladsy 1 van 20)   
    « Vorige
      
    1
      2  3  4  5  Volgende »