Danie Veldsman

 Artikels deur die Outeur

Preek: Soos die lelies van die veld… (Matt 6:28)

Die sorg van die Here: wat verstaan ons daaronder? Wat beteken dit vir jou? Ek wil na hierdie vraag kyk aan die hand van die Matt-teks ten einde met die oë van geloof te kan antwoord op die betekenis daarvan hier en nou. Om net al die vraag te stel, is jy al kant en klaar deel van die vraag met jou hele menswees aangesien jou konkrete menswees van hierdie oomblik al reeds inspeel op die wyse waarop jy die vraag stel. So kan dit wees aan die begin van ‘n nuwe jaar dat jy redelik gehawend vanuit 2009 by 2010 aankom. Dit kon dalk ‘n slegte jaar gewees het. Dalk lyk ek soos die ou hoendertjie wat sê: 2009 was tuff, maar ek het dit gemaak!


Reaksie op dr George Claassen

Gelowige mense glo nie aan toeval nie. Ek meen dat alle Christelike groeperinge met hierdie stelling sal saamstem. Om dus te kyk na die merkwaardige ooreenkoms tussen die skelet en liggaamsorgane van mens en dier: bloed en bloedsirkulasie; hart en longe, brein en senuweestelsel, maak dit dus vir gelowiges, en vir teologiese nadenke noodsaaklik / onvermydelik om evolusie ernstig te neem. Gene en chromosome bestaan – in dier en mens. Ons mag nie – vanuit ‘n geloofsperspektief - hierdie evolusionêre ooreenkomste aan toeval oorlaat nie. Maar hoe benader ons dan hierdie gesprek tussen hulle wat voorstanders is van evolusie, en teologie nadenke waarin nie alleen God se bestaan bely word nie, maar God ook as Skepper?


Neem lees, dink en……..drink?

In die deurlees van Willie van der Merwe se intreerede aan die Fakulteit van Teologie en Filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam, Nederland het die titel van ‘n bekende suid-afrikaanse teoloog se boek oor hermeneutiek spontaan by my opgekom: Neem, lees! So het ek sy intreerede ervaar: Amper eucharisties-kognitief. Kon met gewydheid saamdink. As teks kom dit uitnodigend oor. Uitnodigend  om saam te lees en saam te dink maar ook om saam te voel hoe die verstand die (sin)psalms van die hart besing. Maar besing (lees indrink!) op so wyse dat ons weerloosheid elke oomblik voor oë en hart sal bly. Dat die uiteindelik totaliserende illusie ontmasker kan word van die menslike subjek wat meen om die werklikheid en die geskiedenis met sy / haar instrumentele rede te beheers en te deurgrond. Ook die teenstaan van die sogenaamde immanentisering van die transendente. Na my oordeel is dit die besondere insigtelike bydrae van Willie in sy intreerede. Dit moet gehoor, gesien en gevoel word. Veral juis dit sal na my oordeel in die suid-afrikaanse teologies-kerklike debat gehoor en verstaan moet word. Dat kerk en teologie die totaliserende balk in die eie oog sal raaksien. Die geweld sal raaksien van die wyse waarop hulle dikwels met die (benoeming / formulering) van die werklikheid mee omgaan. Maar terug na Willie se teks.


Om afskeid te neem van iemand met wie ons die lewe op ‘n besondere wyse gedeel het of met wie ons in ‘n spesifieke relasie gelewe het, is doodgewoon swaar. Weliswaar uiteenlopend hartverskeurend swaar. Uiteenlopend hartverskeurend, want die lewenswaar word deur die dood van die ander persoon oor jou gebring daar waar jy is. Daar waar jy is in relasie tot die een waarvan afskeid geneem word. As kind – van ‘n ouer. As ouer – van ‘n kind. Of van ‘n familielid of vriend. Elke keer losskeurend anders. Losskeurend want ons is mos aanmekaar vasgegroei. En boonop gaan die omstandighede waaronder jy die ander een groet nog jou hartskamers se trooskrag beproef. Die elke keer anders, word elke keer met ander woorde van troos vergesel.


Resensie: Is Faith Rational? A Hermeneutical-phenomenological accounting for Faith

“Is faith rational?” wat in die reeks Studies in Philosophical Theology (34) verskyn het, is ‘n godsdiens-filosofiese verantwoording van die Christelike geloof deur Wessel Stoker van die Vrije Universiteit in Amsterdam, Nederland. Hierdie publikasie is ‘n vertaling deur Henry Jansen van die oorspronklike nederlandse teks Is geloven redelijk? Een geloofsverantwoording wat reeds in 2004 verskyn het. Agt jaar voor hierdie publikasie het Jansen ook ‘n ander werk van Stoker vertaal, naamlik Is the quest for meaning the quest for God? The religious ascription of meaning in relation to the secular ascription of meaning (1996).


Johan Heyns-Gedenklesing: 27 Mei 2008

As ons in ons teologiese nadenke meen dat ons by formuleringe uitgekom het waarin God vir ons volledig verstaanbaar is, waarin God se grootheid kantklaar blootgelê is, dan moet ons weet: hierdie formuleringe is vals. Is vals, want die God wat ons leer ken vanuit die bybelse verhale vanaf die skepping, die geskiedenis van die aartsvaders, die konings en profete, in die lewe en sterwe en opstanding van Jesus, die evangeliste, ander skrywers, en Paulus – en dan ook leer ken uit die historiese ontvouing van ons onderskeie kerklike tradisies, uit die natuur, ons ervaringe en nadenke, is ‘n God wat juis nie vasgepen kan word in ons eiesinnige, gebrekkige, onvanpaste en voorlopige menslike formuleringe nie.

 


Nuwe Boeke 04: Die genesing van herinneringe

Hierdie boekie oor die “Genesing van herinneringe” is ‘n uiters aktuele en konkrete teologiese bydrae tot die uiteenlopende traumatiese ervaringe in ons eietydse Suid-Afrikaanse samelewing.