Julian Müller

(Bladsy 1 van 2)   
« Vorige
  
1
  2  Volgende »

 Artikels deur die Outeur

Apartheid in die ander Transvaal

Digby die Amstelstasie in Amsterdam is daar ‘n buurt wat mens terugverplaas in Suid-Afrika, waar ons geskiedenis van die afgelope eeu in name en simbole uitgedruk word. Die Transvaal-buurt is duidelik benaam ter herdenking van die Anglo-Boere oorlog en in simpatie met die Boere van die ou Transvaalse Republiek. Daarom vind mens daar strate met die name van Paul Kruger, Pretorius, Christiaan de Wet, De la Rey, Genl. Louis Botha, Majuba, ensovoorts.

Dít wat ons nié dink

Wat maak ‘n mens daarvan as ‘n Nederlandse dominee sê dat vir hom God gebeur en nie bestaan nie? En boonop nog deur die kerk vrygespreek word en toegelaat word om met sy bediening voort te gaan! Die uitsprake van ds Klaas Hendrikse, wat bekend staan as die ateïstiese dominee van Nederland, is behoorlik ‘n knuppel in die hoenderhok. Hendrikse verduidelik sy eie posisie as ateïsties omdat hy nie ‘n teïs is nie. Hy is teen teïsme en in dié sin ‘n ateïs. Hy maak dit egter duidelik dat daar vir hom ‘n onderskeid is tussen ‘n ateïs en ‘n godloënaar, wat  hy nie is nie. Dit is ook veelseggend dat die ring (klassis) van Zierikzee in die oorweldigend konserwatief-Protestantse provinsie Zeeland, na ‘n ondersoek, bevind het dat Hendrikse kan voortgaan met sy werk as dominee.


Christenskap is ‘n keuse teen mag

Die arbitrêre wyse waarop daar met die getalle omgegaan word, is alreeds ‘n aanduiding dat daar oor die historiese feitelikheid van hierdie verhaal heelwat onsekerheid bestaan. Daar word gewonder of hierdie kindermoord deur Herodes ooit plaasgevind het. Dit is vreemd dat Matteus die enigste evangelie is wat daarvan melding maak en dit is ook vreemd dat daar geen buite-Bybelse bronne is wat dit bevestig nie. Die geskiedenis van die Herodesse is goed opgeteken – Herodes die Grote was die bekendste, maar ook Herodes Antipas, aan wie hierdie kindermoord toegeskryf word. Josephus, die Joodse geskiedskrywer het hierdie tyd redelik volledig opgeteken. Geskiedkundiges vind dit vreemd dat in die Bybel slegs een evangelie daarvan melding maak en dat dit nie in buite-Bybelse bronne van die tyd vermeld word nie.


Om buite die boks te glo ...

Meer as 10 jaar gelede, op 1 Februarie 1999 het ek die opdrag gehad om ‘n referaat te lewer by die opening van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria. Die titel was “’n Nuwe millennium: Uitdagings vir die kerk”. Ek het gepraat oor twee geloofstale of twee maniere van glo: Die dogmaties-korrekte manier en aan die ander kant die poetiese verbeeldingstaal. In die afgelope 10 jaar was daar bemoedigende tekens van die versterking van die tweede taal om daarmee die ontoeganklikheid van God en die misterie van geloof uit te druk. Terselfdertyd is dit verstommend om te sien hoedat georganiseerde godsdiens die ou “taal” ten alle koste wil beskerm en instand hou. Daar is weerstande teen die aanleer ‘n nuwe geloofstaal en nog erger weerstande teen ‘n teologie wat so ‘n taal wil bevorder.


Leë graf of leë belydenis

Ek moet myself die vraag afvra waarom ek aan hierdie gesprek deelneem, wetende dat dit vir baie gelowiges weinig sin maak en selfs irriteer? Ek doen dit met huiwering en net om een rede en dit is omdat ek ook glo die evangelie is op die spel!


Praedicatio: Wanneer die geloofsgemeenskap se tempel verwoes word ...

“Daar was nie iemand soos Noag, sê Prof” – Dit was die koerantadvertensie teen die lampale die afgelope week. Almal het al gewonder oor die praktiese uitvoerbaarheid van die ark met al die diere daarin en daarom oor die feitelikheid al-dan-nie van die Noag-verhaal. Nogtans bring die terloopse uitspraak van Prof Esterhuyse by Aardklop weereens die onsekerheid van baie lidmate na vore. Ek wil nie oor die Noagverhaal preek vanoggend nie. Ek dink ook nie dis nodig nie, want ek glo dat u as ‘n ingeligte gemeente met goeie predikante lankal weet dat Genesis 1-11 nie beskou word as geskiedenis nie, maar as verhale wat die oergeskiedenis van die mens vertel. Dis ‘n belydenis van Israel in die tyd van die Ballingskap, of later, oor hoe  hulle hulle eie bestaan verstaan in verhouding tot God en die omringende wêreld. Daarom is prof Willie Esterhuyse heeltemal reg.


Jesus én gesprek staan só weer op

Ek is opreg opgewonde oor die nuwe moontlikhede vir 'n oop gesprek oor Jesus se opstanding, maar daar sal gewaak moet word teen drie faktore wat die gesprek kan strem. Vir die eerste keer in meer as vier jaar is ons by die punt waar daar ’n oop gesprek oor die opstanding van Christus kan plaasvind. Tot dusver was die gesprek gekenmerk deur óf terughoudendheid óf verdagmaking en beskuldigings. Die onlangse besluite van die NG Kerk se Algemene Moderatuur waar die meer genuanseerde standpunt oor die “liggaamlike” opstanding geseëvier het, is vir my ’n onteenseglike aanduiding van ’n nuwe fase in die gesprek. Hoewel daar by hierdie vergadering kritiek uitgespreek is teen die tien moderators se besluite, moet mens aan die moderators erkenning gee dat hulle ’n poging aangewend het om die gesprek op ’n beter basis te kry met hul oproep tot ’n “robuuste gesprek”.


Jy kan wel geloof én evolusie omhels

Ons vier vanjaar die 500ste geboortejaar van Johannes Calvyn en die 200ste geboortejaar van Charles Darwin. Is ons hier op twee onvergelykbare en onkruisbare spore, of staan albei in dieselfde tradisie? Kan ons geloof uit sowel die nalatenskap van Calvyn as van Darwin put, of staan ons in hierdie twee lyne voor ’n onwrikbare keuse: óf geloof saam met Calvyn, óf ateïsme saam met Darwin?


Praedicatio: Jesus via die vreemdeling (Luk 24:13-35)

“Moenie verder vertel nie!” So sê ons wanneer iemand entoesiasties vertel oor ‘n boek of ‘n fliek en op die punt is om die storie weg te gee. Ons wil niks verder weet nie, want anders word ons lees- of kykervaring bederf. Mens kan nie ‘n storie van agter af geniet nie. Jy moet meegeneem word met die spanning en die uiteindelike ontknoping.


Geloof en Bygeloof

In my artikel oor godsdienstige verdonkering het ek die volgende geskryf: Die gesonde verhouding tussen geloof en verstand moet behou word. Ons het opnuut behoefte aan bevryding van bygeloof. Ons moet weereens die vermoë ontwikkel om te onderskei waar dit op aankom en die moed van ons oortuiging te hê om manipulasie en goedkoop godsdienstige propaganda te verwerp en mense daarteen te waarsku.