Alphonso Groenewald

(Bladsy 1 van 5)   
« Vorige
  
1
  2  3  4  5  Volgende »

 Artikels deur die Outeur

Bekende Ou-Testamentikus Erich Zenger sterf

Wanneer Erich Zenger gevra was, hoe christene die Ou Testament sou moes lees, het hy geantwoord: “As die Eerste”. Vir hom was dit ‘n vraag na volgorde en belangrikheid. Met ‘n blywende stem en met stakkato-agtige sinne en onuitputlike esprit sowel as lewendige gebare het hy doseer, gepreek en gestry. As Katolieke Priester en Bybelwetenskaplike het hy onvermoeid beklemtoon dat die volk van Israel, met wie God sy verbond gesluit het, onverbreekbaar was en sal bly ten spyte van alle verwarring. Dit wat oorbly, die Tweede of  Nuwe Testament, is geïnterpreteerde vertelling – “Midrasj”, soos die Jode daarna verwys.


Huldeblyk aan prof. P.J. van der Merwe met sy emiritaat

Opgedra aan prof. dr. P.J. van der Merwe bygeleentheid van aanvaarding van emeritaat 31 Desember 2009. Dit is vir die redaksie ’n voorreg en eer om hierdie uitgawe van die HTS Teologiese Studies aan sy langsdienende lid, Pieter Johannes van der Merwe, op te dra. Hy tree op 31 Desember 2009 by die Universiteit van Pretoria af in die posisie van Professor en Hoof van die Departement Godsdiens-en Sendingwetenskap in die Fakulteit Teologie. ’n Posisie wat hy sedert 1979 in Afdeling A van die destydse Fakulteit en sedert 1 Januarie 2000 in die gesamentlike Fakulteit beklee het.


Aftrede mev Adri Goosen: HTS Publikasie koordineerder

Mev Adri Goosen vertel self van haar jare diens by die HTS-tydskrif en hulde word aan haar gebring.


Boekbekendstelling: passie & spasie. Lewe in die gesin.

Hoeveel mense is daar sonder enige gesinsverband? Iemand sonder ’n lewensmaat of kind, pa of ma, broer of suster, swaer of skoonsuster? Een met geen gesin nie? In Passie en spasie: Lewe in die gesin verken Julian Müller die verhouding tussen individue in verskeie soorte gesinne. In sy kenmerkend nie-veroordelende styl kyk hy vanuit ’n Christelike tradisie na die werklikheid waarin ons leef – nie ’n idealistiese storieboekprentjie nie.


HTS: Bestelling van gedrukte weergawe

Bestelling van HTS se gedrukte weergawe

HTS-artikels: Globaliseringsprojek-kongres

Hiermee stel ons u in kennis dat HTS Teologiese Studies/Theological Studies 'n reeks van tien artikels aanlyn gepubliseer het van die verrigtinge van die globaliseringsprojek kongres van die 'Uniting Reformed Church in Southern Africa' en die  'ERK' by die 'Evangelical Academy Arnoldshain' in Duitsland, op 2630 Mei 2008.


HTS-artikels: 'n Reeks Matteus-artikels

Hiermee stel ons u in kennis dat HTS Teologiese Studies/Theological Studies 'n reeks van sewe artikels wat voorgelê is by die 'Matthew Section of the Society of Biblical Literature', gehou in Boston (Massachusetts), 2125 November 2008, aanlyn gepubliseer het.


Hierdie artikel verdiskonteer die resultate van ‘n navorsingsprojek wat deur die “Instituut vir Vrou- en Gender Studies” aan die Universiteit van Pretoria uitgevoer is. Die doel van die projek was spesifiek om in gesprek te tree met religieuse en kulturele leiers oor taboes, mites en wanpersepsies aangaande menslike seksualiteit. In hierdie artikel word ‘n analise gemaak van die simbole en mites aangaande seksualiteit wat deur hierdie leiers gehuldig word. Dit is nodig om hierdie simbole en mites te ontmitologiseer ten einde hulle as “versterking” van die patriargale gender-verdeling en gender-ongelykheid te kan aanspreek. Hierdie sieninge is problematies vir vroue, aangesien dit die liggame van vroue beperk tot die besitting van mans – in soverre hulle liggame slegs gesien word as die instrument van manlike liggaamsvloeistowwe en die draer van die fetus.


Meditatio: Ek roep God om hulp (Ps 88)

By die lees van hierdie teks lyk dit asof hierdie Psalm poog om as ‘n gebed nog vas te hou aan dit wat vir die bidder van hierdie teks eintlik nie meer moontlik lyk nie. Dit begin met die oorgelewerde geloofswete dat die God van die Ou Testament (Jahwe) ‘n God van redding is. Hy het Hom op sodanige wyse aan sy volk bewys.

In die boek Esegiël (hoofstukke 8-11) lees ons van ‘n visioen wat die profeet Esegiël gehad het. Hy bevind hom op die oomblik in Babel, die hoofstad van Babilonië, waarheen hy in 597 v.C. vanuit Jerusalem weggevoer is in ballingskap. Hier het hy dan ook 5 jaar later (592 v.C.) sy roeping as profeet van die God van Israel (Jahwe) ontvang. Soos wat God eens op ‘n tyd ‘n boodskapper van die dood gestuur het om Egipte se eersgeborenes te tref om daarmee Israel te bevry, so stuur Hy nou weer ses boodskappers van die dood om sy volk te tref (Eseg. 8-11). Wat gaan hulle doen? Gaan hulle die hart van die stad tref? Nee, dit blyk juis andersom te wees: hulle gaan reguit na die tempel, die huis van die Here. Die oordeel van God begin juis midde in die huis van God.