Naas Ferreira

 Artikels deur die Outeur

Die Kosmiese Adres van God, of Waar Is Jou God?

Twee onlangse Afrikaanse teologiese werke van Proff. Adrio König en Willie Esterhuysen, onderskeidelik, het die vraag na die verstaan, of soos die titel van die artikel dit noem, die Kosmiese adres van God, weer op die voorgrond gebring.  König is nog sterk tradisioneel of mities letterlik in sy teologie.  God is die Drie-enige daar buite êrens is en wat deur Jesus in die menslike geskiedenis ingegryp het om die mens van sy “sondes te verlos.”  Esterhuysen ondersoek op sy beurt, vanuit ʼn mities globale, ofte wel, postmoderne, vertrekpunt na die verskillende invloede op die Bybelse siening van God.  Al twee die vertrekpunte is ewe geldig, mits hulle nie soos König, hulle standpunte verabsoluteer nie.  Tog is dit nie die enigste twee moontlike adresse van God nie.