Ben du Toit

 Artikels deur die Outeur

Godsdiens en Wetenskap

Dit kan geen twyfel laat dat godsdiens ’n baie prominente plek inneem in die Suid-Afrikaanse gemeenskap nie. Dit is ook die geval met By se lesers wanneer ons week ná week artikels en briewe aantref wat die een of ander aspek van godsdienstige oortuigings tot bespreking bring. Een van die onderwerpe wat gereeld aan die orde kom, het te doen met die verhouding tussen geloof en rede, tussen kerk en wetenskap, tussen ondersteuners van godsdiens en kritici daarvan. In hierdie en ander argumentatiewe skrywes lees ’n mens gereeld die beskuldiging dat die kerk stil is. Hoekom neem “kerkleiers” nie deel aan die gesprek nie? Wat sou die rede hiervoor wees? Is hulle bang? Onseker? Of wat? Onderliggend hieraan is die klagte dat die kerk deur sy openbare stilswye die lidmate in die steek laat – of (in stilte) toegee aan die beskuldigings van die kritici.