Lambert Jacobs
Artikels deur die Outeur
Gedagtes rondom kerkeenheid na aanleiding van Johannes 17
- Deur Lambert Jacobs
- Gepubliseer 29 April 2009
- Artikels
-
Evaluering:




Jesus se sogenaamde hoëpriesterlike gebed in Johannes 17 is beslis een van die mees geliefde en gelese hoofstukke in die Bybel. Daar word van die piëtis Jakob Spener gesê dat hy die aand voor sy dood die hoofstuk drie keer laat voorlees het. Dit is egter ook ’n hoofstuk in die Bybel wat deur al die jare tot kontroversie by hoorders gelei het, juis vanweë die spesifieke inhoud van Jesus se gebed in die gedeelte. Oral waar die Christelike geloof nog sy merk gelaat het in die wêreldgeskiedenis, was daar verdeeldheid van een of ander aard. Van die bloedigste oorloë is op godsdienstige gronde geveg. Daarom sal ’n gebed om eenheid onder gelowiges onmiddellik lei tot vrae oor hoe hierdie eenheid moet lyk en op wie se voorwaardes dit moet geskied.


