Jan van der Watt
Artikels deur die Outeur
Shadrack Muvabandi
- Deur Jan van der Watt
- Gepubliseer 26 February 2009
- Artikels
-
Evaluering:




Shadrack Muvabandi het September 2008 sy doktorsgraad in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria behaal. In die intensiewe eenheid van die Johannesburgse Akademiese hospitaal is sy toga om hom gehang en kon hy sy sertifikaat vashou vir ‘n foto. ‘n Paar dae later is hy in dieselfde bed oorlede, of, “he went to his heavenly home” soos die SMS wat die slegte nuus aangekondig het, gesê het.


