Johnnie Roberts

 Artikels deur die Outeur

Praedicatio: Paassondag: Die opstanding - God se oorwinning oor die kruis

Sal dit nie lekker wees as God ‘n slag aan die wenkant is nie?

In die wêreld rondom ons is daar misdaad, geweld, honger, siekte, sukkelende huwelike, die stryd om kop bo water te hou. En dan kom die vraag op: Waar is God in dit alles?

Wie is aan die wenkant?

Dit is in ‘n sekere sin ook die vraag van die Kolossense. Hier is ‘n situasie waarin die twyfelendes wesenlik vra: Stel die manier waarop ons in God glo ons aan die wenkant of die verloorkant?


Skrifbeskouing en Skrifgebruik: Deel III

Hoe ons die skrifte sien, hoe ons dit verstaan, moet in die lig van al die voorafgaande opgemaak word. Hier sal ek nie verder ingaan op die negatiewe en ook weer saamvat hoe ons die skrifte nie moet benader nie. Ek sal probeer om positief te formuleer hoe ek dink dat ons die Bybel moet sien, wat ons moet verstaan dat dit is en hoe ons dit moet benader. Dit sal in ‘n paar punte saamgevat kan word.


Skrifbeskouing en Skrifgebruik: deel II

Dit is belangrik om hierdie volgende paragrawe met ‘n onbevange gemoed te benader. In talle debatte en gesprekke is hierdie benadering, soms kwaadwillig, soms met goeie bedoelings, afgemaak en geëtiketteer as liberaal en dus verwerplik. Dit word dan voorgestel as sou dit daarop ingestel wees om die geloof te ondergrawe. Dit sou gelowiges verwar en onsekerheid saai. Dit sou die ondergang van die Christelike geloof en kerk óf ten doel hê, óf dit in elk geval bewerk, en so meer. Die wetenskaplike bedryf is egter nie op negatiewe dinge ingestel nie. Die wetenskap soek na die waarheid. En in die soektog na die waarheid in verband met die skrifte wat ons as die Bybel ken, het sekere onweerlegbare feite oor die Bybel en die boeke wat daarin voorkom aan die lig getree. ‘n Wetenskaplike lees van die Bybel maak erns met hierdie feite en benut dit in die verstaansproses wat saamhang met ‘n verantwoordelike lees van die Bybel. Wat in die loop van die ondersoek na die Bybelse geskrifte as feitelikhede aan die lig getree het, kan in die vyf punte wat hieronder aan die orde kom, saamgevat word.


Skrifbeskouing en Skrifgebruik

Die kerk oor die wêreld heen, en die NG Kerk by name, word deur talryke probleme geteister. ‘n Mens moet uiteraard nie vergeet dat kerke, en so ook die NG Kerk, werklik wonderlike bydraes lewer om van die wêreld ‘n beter plek te maak nie. Pessimiste wat net verdoemend na die kerk verwys, kyk nie met oop oë na wat in die kerke gebeur nie en ek wil geensins die indruk wek dat ek met hierdie stroom meeloop nie. By alle probleme wat die kerke ervaar, bly dit die versamelpunte van gelowiges en vorm dit wêreldwyd die liggaam van Christus en die bouwerk van God. So glo ons en hieraan moet ons steeds vashou. Dit neem egter nie weg dat ernstige probleme deur die kerk(e) ervaar word nie. Onder die probleme tel die verlies aan lidmaatskap, veral ook en juis onder die jeug. Voorts is daar die voortslepende verdeeldheid, die onvermoë van kerke om mekaar te vind ondanks die feit dat almal bely dat die kerk die een liggaam van Christus is.