Johan van der Merwe

 Artikels deur die Outeur

Fakulteitsopening: Dr Johan van der Merwe

Calvyn is op 10 Julie 1509 in Noyon Frankryk gebore. Hy studeer aanvanklik regte, maar na die afsterwe van sy pa in 1531, keer hy terug na Parys om verder in die Klassieke Tale te studeer. William Estep skryf oor Calvyn se merkwaardige studiejare: “During his Paris years he was a diligent student, sleeping little and studying much. Is was his habit to repeat everything new he had learned during the day before going to sleep at night, and to call to mind the previous day’s lectures when he awoke in the morning.” Op uitnodiging van die aangewese nuwe  rektor van die Universiteit van Parys, Nicolaas Cop skryf die jong Calvyn in 1534 Cop se inhuldigings-toespraak wat oor die saligsprekinge handel en word dit duidelik dat hy evangelies gesind was. In 1535 moet Calvyn vir sy lewe vlug en vind hy ‘n heenkome in Geneve.