Christo van der Merwe

 Artikels deur die Outeur

Fakulteitsopening: Dr Christo van der Merwe

Omdat die regte verstaan van die begrip missionaal  so belangrik is, moet u my toelaat om vooraf enkele inleidende opmerkings te maak oor hoekom juis hierdie begrip gebruik word. Soos die meeste van u waarskynlik bewus is het die Kommissie van die AKV in opdrag van die laaste Algemene Kerkvergadering ‘n komitee aangewys met die opdrag: die ontwikkeling van missionêre gemeentes. Hierdie komitee het verskeie kere gedurende 2008 vergader om te besin oor hoe hierdie opdrag die beste uitgevoer sou kon word.