Johan Otto

 Artikels deur die Outeur

Kersfees-preek 2008.02

Geliefdes in ons Here Christus.  Kersfees bly vir ons almal 'n baie spesiale tyd van die jaar.  As kinders het baie van ons opgewondenheid gewentel rondom geskenke en spesiale etes.  Later in 'n mens se lewe vind jy die spesiale betekenis van Kersfees in die tyd saam met die gesin,  die rustyd wat voorlê,  of iets eie aan jou persoonlikheid.  In die proses van Kersfees spesiaal ervaar,  en spesiaal maak vir ander,  maak ons van Kersfees 'n fees wat vreugde in mense se lewens wil vestig.  Spesiale wense wat daarop gemik is om die lewe vir ander mense meer draaglik te maak,  is deel van elke groep se pogings tot vrede op aarde vestig.