Dons Kritzinger
Artikels deur die Outeur
Gedagtes na aanleiding van ‘n reis na Noord-Etiopië III
- Deur Dons Kritzinger
- Gepubliseer 26 November 2008
- Reisberigte
-
Evaluering:




Ek het reeds vertel dat die magtige Axumitiese ryk in die jaar 341 formeel christelik geword het toe die eerste biskop – Frumentius – as Aba Salam ingeseën is. Hieragter lê 'n mooi verhaal. Frumentius, wat as skipbreukeling-slaaf in die paleis gekom het, het deur sy christelike getuienis uiteindelik koning Ezana beinvloed om ‘n christen te word. Hy is na Athanasius die Patriarg van Alexandrië gestuur met die versoek om ‘n biskop vir die kerk van Axum te stuur. Athanasius het die boodskapper deurgekyk en gesê: ek kan aan niemand meer geskik as jy dink nie. Hy is georden en teruggestuur.
Gedagtes na aanleiding van ‘n besoek aan Noord-Etiopië II
- Deur Dons Kritzinger
- Gepubliseer 16 November 2008
- Reisberigte
-
Evaluering:




Noord-Etiopië se mense lyk anders. Hulle is tipies bruin na ligbruin, het donker gladderige hare, en gelaatstrekke wat amper Semities wil lyk... tipies driehoekige gesigte wat meer herinner aan ons eie San. Dit is dan ook nie vreemd gesien die bewerings dat die oorspronklike inwoners rondom Axum, die ou hoofsentrum, oor 'n lang tyd saamgesmelt het met die Sabeërs en ander groepe in die suide van Arabië (die huidige Yemen). Dit is ook heeltemal verstaanbaar, want hierdie groepe is maar net geskei deur die Rooi See, wat hier ook maar redelik smal is. Die Axumitiese koninkryk het via die Rooi See met die buitewêreld handel gedryf, en het dan ook sy invloedsfeer na Arabië uitgebrei.
Gedagtes na aanleiding van 'n onlangse besoek aan Noord-Ethiopië I
- Deur Dons Kritzinger
- Gepubliseer 6 November 2008
- Reisberigte
-
Evaluering:




Dit is 'n oorweldigende ervaring om gekonfronteer te word met die Ethiopies Ortodokse Kerk ... 'n Kerk waarvan ons (ten minste ons hier in die suide van Afrika) te min weet! Stel jou voor: op die stadium dat die Romeinse Ryk van Konstantyn sukkelend begin het om "christelik" te word, toe ons noord-Europese en Afrika-voorouers nog in die bosse op mekaar jag gemaak en nog niks van Christus gehoor het nie, kom die magtige koning Ezana van Axum tot bekering en word die Ethiopiese Ortodokse Kerk formeel gekonstitueer met die aanstelling van Biskop Frumentius! Dit was in die jaar 341.


