Nelus Niemandt
Artikels deur die Outeur
Being Missionary Being Human – an overview of Dutch Reformed Mission deur Willem Saayman.
- Deur Nelus Niemandt
- Gepubliseer 1 August 2008
- Boeke
-
Evaluering:




Willem Saayman is ‘n baie gerespekteerde Missioloog wat die NG Kerk se sendinggeskiedenis goed ken en Suid-Afrika passievol liefhet. Hy pak die grootse taak om langer as 350 jaar se sendinggeskiedenis van die NG Kerk oorsigtelik te beskryf vanuit die sosiale verstaan van geskiedenis aan en poog doelbewus om die geskiedenis van die Afrikaner in die verhaal van die NG Kerk, en andersom, te lees en in te skryf (2007:3). Vandaar ook Saayman se titel Being missionary - being human. Die sendingverhaal van die NG Kerk (die being missionary van die kerk) word vanuit menslike perspektief en die groot gebeure in die Afrikaner se geskiedenis (being human) toegelig.


