Gerhard Bothma

 Artikels deur die Outeur

Gays & God. ‘n Onmoontlike vriendskap deur Ralph Barnard

“Is dit oukei om gelowig en gay te wees?” Dít is die vraag waarop mense gewoonlik ‘n antwoord soek wanneer hulle op boekrakke rondvroetel met die hoop om iets hieroor te vind. Vir sulke mense, asook vir gays en die mense rondom hulle, is Ralph Barnard se boek ‘n moet-lees.


Paasfees 03: Stil-Saterdag help ons om die Paasnaweek betekenisvol te vier

Een van die vroeg-kerklike vierings wat weer op ons agendas beland het vandat die kerklike jaar weer in die onlangse verlede onder die vergrootglas gekom het, is Stil Saterdag. Dit val tussen Goeie Vrydag en Opstandingsondag en deur groter aandag aan hierdie dag te skenk, kan ons die paasnaweek met groter betekenis vier.


Meditatio: Openbaring 21:1-6

Londen. Parys. Rome. Berlyn. Barcelona. Washington ...
Groot stede. Hoofstede van internasionale moonthede.
Stede waarin geskiedenis gemaak is en kulture gevorm is.
Stede waarin mense gebore en gevorm is. En misvorm is.
In elkeen van die plekke wat in Christopher Torr se lied, Hot Gates, genoem word, het dinge gebeur wat individue, gesinne en daarom ook die mensdom geraak het.
In elkeen van hierdie plekke is die geskiedenis beïnvloed.
In elkeen van hierdie plekke het God gesien wat mense aan mekaar doen.
In elkeen van dié plekke het mense tot God geroep.


Jeanne Els is 'n vryskut-joernalis, skrywer en redakteur, wat al onder andere vir die koerant Die Burger en die tydskrifte Huisgenoot en Sarie gewerk het. In hierdie boek vertel sy van haar stryd teen depressie en slaag sy om haar lesers in te lig en insig te ontwikkel omtrent hierdie siekte. Die boek is baie goed geskryf en lees maklik, maar is beslis meer as bloot ligte leesstof. Die inligting wat in die boek weergegee word is akkuraat en relevant en dit word baie sensitief aangebied.