Gerda de Villiers
Artikels deur die Outeur
Ou feeste in ‘n nuwe gewaad
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 2 February 2012
- Artikels
- Nog geen evaluering
Godsdienstige gemeenskappe se jaarkalender word deur feeste gekenmerk. Dit gaan om méér as blote vreugde of pret wat momenteel daarop gerig is om van sorge te vergeet en jouself oor te gee aan plesier. Godsdienstige feeste is by uitstek feeste van herinnering. Tydens godsdienstige feesgeleenthede dink die mense nie slegs aan hulself nie, maar aan die interaksie tussen God/gode en mens, of herroep oomblikke toe die bonatuurlike op die natuurlike sfeer ingebreek het. Godsdienstige feeste bind ‘n gemeenskap aan mekaar, en struktureer die liturgiese jaar. In hierdie teo-bydrae gaan ek die belangrikste feeste van Ou Israel bespreek.
Meditatio: En as die wonderwerk nie gebeur nie …
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 1 February 2012
- Preekhulp
-
Evaluering:




Hoe dikwels wag ons op 'n wonderwerk? Hoe dikwels misluk ons grootse ideale – selfs ter wille van ‘n baie goeie saak? Hoe dikwels wil ons ook soos Elia onder die besembos gaan lê en uitroep: ‘Here, nou is dit genoeg!’ En, hoe dikwels wens ons die Here wil maar net een keer – al is dit net een keer – ‘n kragtoertjie uithaal, sodat ons weet Hy bestaan … maar al wat ons hoor is sy oorverdowende stilte.
Maria, maagd en moeder: die eerste eeue
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 15 December 2011
- Artikels
-
Evaluering:




Kersfees. Saam met Christene wêreldwyd herdenk ons die geboorte van die Christuskind, maar in die Protestantse tradisie maak ons nie veel van sy moeder nie. Ons bely slegs dat ‘Jesus Christus uit die maagd Maria gebore is’, sonder om na te dink waar daardie belydenis vandaan kom, of hoekom dit belangrik was om dit te sê. In hierdie teo-bydrae wil ek stilstaan by die vroegste tradisies rondom Maria.
Twee Boeke
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 15 December 2011
- Boeke
- Nog geen evaluering
Twee boeke oor prediking van Bybel-Media.
Die Here gee om vir iemand wat verstoot word
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 November 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




Bitter, hartseer woorde van Lea. Ons hoor haar verlange na die liefde van haar man, ons hoor die snik in haar stem. Die ‘ander vrou’ is nie maar net ‘n ander nie, sy is ook die man se wettige vrou en boonop haar suster.
Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 November 2011
- Boeke
-
Evaluering:




Jesus is die Een! deur Johan Janse van Rensburg bestaan uit drie onderafdelings. Afdeling A (pp 19-57) handel oor ‘Die Jesus van die Skrif’, in Afdeling B (pp 61-123) neem die outeur ‘Die ander teologie’ onder die loep, en in Afdeling C (pp 127-157) stel hy ‘Emerge in perspektief’. Soos dit uit die subtitel blyk, tree Johan Janse van Rensburg in hierdie publikasie met die sogenaamde Emerging Church-beweging – afgekort na EC – in gesprek.
Ekologie: dink groen, doen groen?
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 November 2011
- Artikels
- Nog geen evaluering
In die vorige teo-uitgawe het ek die teoretiese aspekte van ekologie kortliks uiteen gesit. Ek het daarop gewys dat ekologie ‘n komplekse begrip is wat natuurwetenskaplik of filosofies-religieus bestudeer kan word. Eersgenoemde vra slegs hoe organismes binne ‘n bepaalde omgewing funksioneer sonder om moreel-etiese uitsprake te maak. Laasgenoemde is egter besorg oor die mens en sy verhouding tot sy omgewing – meer spesifiek, die mens en wat hy besig is om aan Planeet Aarde te doen. Die gevolgtrekking is dat die mens met sy tegnolgie besig is om die aarde te verwoes. Ekologiese bewegings – godsdienstig geïnspireer of nie – stem saam: hierdie proses van selfvernietiging moet gestuit word, voordat dit te laat is. In hierdie teo-bydrae wil ek nadink of die ‘groen gedagte’ enigsins haalbaar is.
Ekologie: die groen gedagte?
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 October 2011
- Artikels
-
Evaluering:




Die mens is besig om Planeet Aarde te vernietig. As ons nie drasties ons leefstyl verander nie, gaan dit nie veel langer moontlik wees om die hierdie aarde van ons te bewoon en te bewerk nie. Ons hoor van ‘n kwynende osoonlaag en sonstrale wat al feller brand; ons hoor van plant- en dierspesies wat op die rand staan om uit te sterf; ons hoor dat plante en diere vinniger en groter groei, vanweë onnatuurlike chemikalië; ons hoor dat ook ons hierdie stowwe inneem, en dat dit skadelik vir ons liggame is. Die woorde waarmee hierdie ontstellende situasie beskryf word, is ‘ekologiese krisis’.
Roudiens: Psalm 91
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 October 2011
- Preekhulp
-
Evaluering:




MM was ‘n besondere welgestelde vrou wat ‘n paar maande voor haar negentigste verjaarsdag oorlede is. Sy het haar man sowat dertig jaar gelede verloor, en hy het haar uiters goed nagelaat. Haar een seun het haar finansies sedertdien bestuur. Sy het geen kommer in die wêreld gehad nie, want in haar kleinste behoeftes in ruimskoots voorsien. Ek ken die familie en vriende baie goed en daarom is ek gevra om die diens te lei. Die gehoor was egter kompleks: Afrikaans-sprekende mense vanuit al drie susterskerke; Engelse, hoofsaaklik Metodiste en Anglikane en ‘n hele paar van hulle kan geen woord Afrikaans verstaan nie; daar was ook ‘n groepie Jode; en ‘n ateïs of twee.
Rolprent: The Help
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 25 October 2011
- Lig-kuns
-
Evaluering:




1963. Jackson. Mississippi. Een jaar voor die Wet op Burgerregte.
Skeeter – oftewel Eugenia Phelan (Emma Stone)– het pas afgestudeer as joernalis. Sy kry ‘n netelige betrekking by ‘n plaaslike koerant: huishoudelike probleme. Soos hoe om uie te skil sonder dat jou oë traan. Hiervan weet sy niks. Sy gaan kers opsteek by Aibileen Clark, haar beste vriendin se huishulp. Maar Skeeter het ‘n ander ideaal. Sy wil ‘n boek skryf. Oor hoe swart huishulpe die wit vroue waarneem in wie se huise hulle werk.


