Ronald van den Bergh
Artikels deur die Outeur
Boeke: Liefde is die Grootste - Oor Erotiek en Seksualiteit I
- Deur Ronald van den Bergh
- Gepubliseer 8 July 2008
- Boeke
- Nog geen evaluering
“God het nie seksualiteit ‘n sonde gemaak nie. Die kerk het.” Met hierdie woorde vat Inger, ‘n karakter in die rolprent Så som i himmelen (“As it is in Heaven”), die situasie waarin die kerk haarself bevind op ‘n gepaste wyse saam. Dit is hoog tyd dat daar ook in die teologie, sonder om doekies om te draai, oor seksualiteit gepraat word. En daar is min boeke wat so eerlik en reguit met hierdie onderwerp omgaan soos Liefde is die grootste.


