Frances Klopper

 Artikels deur die Outeur

Charles Darwin se ander kant

Vanjaar is Charles Darwin se gedenkjaar. Met reg word sy prestasies en genialiteit met groot akklamasie herdenk, maar ons wag vergeefs dat Emma Darwin, sy vrou van 43 jaar, ‘n spreekbeurt kry. Haar bydra tot sy sukses is onmeetbaar want sy was die medium waarin hy kon bestaan en werk. Sy was ook ‘n vrou in eie reg. Ons is dit aan Emma Darwin verskuldig om haar verhaal te vertel, ‘n opreg menslike verhaal.


‘n Ou-Testamentiese perspektief op godsdiensverdraagsaamheid

Die verhaal van 2 Konings 5 vertel van ‘n profeet met ‘n merkwaardige verdraagsaamheid en begrip vir mense wat verskillend glo.


Resensie: Om die Bybel anders te lees: ‘n Etiek van Bybellees

Die strekking van hierdie boek herinner aan Robert Carroll se bekende Wolf in the Sheepfold (1997) wat ook handel oor die gevolge van onkritiese omgang met die Bybel. Om die Bybel anders te lees… is egter toegespits op die Suid-Afrikaanse konteks, intens persoonlik, ‘n eksistensiële soektog, geskryf met die patos van vervreemding van die eie kerktradisie. Teenoor die Afrikaanse kerklike diskoers wat tradisioneel met onbuigsame sekerhede werk, is dit ‘n boek van indringende vraagstelling eerder as klinkklaar antwoorde.


Indrukke van 'n Midde-Oosterse reis, Aflewering 1: Jordanië

Ons vertrek suidwaarts op die ou Koningsweg op pad na Madaba, Nebo, al-Kerak en Petra waar ons sou oornag – dieselfde Koningsweg wat in die Bybelse tyd reeds die hoof-handelsroete tussen Arabië en Damaskus was. Die pad kronkel al langs die vrugbare plato van die Oosbank. Die Jabbok-, Arnon- en Zeredriviere, vandag met Arabiese name, sny diep ravyne in die rand van die plato in hulle weswaartse vloei na die Jordaanvallei. Die Jordaan en die Dooie See lê ver onderkant ons aan die regterkant, en links strek die steppe-woestyn tot by die grens van Sirië, Irak en Saoedi-Arabië. My gedagtes gaan na Jordanië se verweefdheid met die Bybelse geskiedenis.


Indrukke van ’n Midde-Oosterse reis, Aflewering 2: Sirië

Die Siriese Arabiese Republiek lê op die Noord-Westelike draai van die ou Vrugbare Halfmaan, en was nog altyd die Oos-Wes handelskorridor van die Midde-Ooste. Die besit van Sirië was essensieel vir enige wêreldmag wat die are van die geskiedenis wou beheer. Dit is ‘n land van kontraste, met ‘n mooi stukkie Mediterreense kus en die dorre Siriese woestyn na die Ooste; die Suid-vloeiende Eufraatrivier en die Noord-vloeiende Orontes, met die gepaste benaming "Ongehoorsame Rivier", omdat dit die reisiger lelik kan disoriënteer. ‘n Land met twee van die oudste stede ter wêreld, Damaskus en Aleppo, wat nog dig bewoon word, en waar vroue geklee in swart abbeyas saam met modieuse stadsvroue op die sypaadjies skouers skuur. ‘n Onopgesmukte land sonder toeristeglans, met ’n eie karakter en ‘n ryk geskiedenis wat oor baie millennia strek.


Indrukke van ‘n Midde-Oosterse reis, Aflewering 3: Libanon

Die Republiek van Libanon is ‘n klein landjie langs die Middellandse See, tussen Sirië en Israel. Topografies is dit al beskryf as "‘n berg wat in die see stort", want feitlik teenaan die see, plek-plek minder as 20 kilometer ver, verrys die indrukwekkende Libanonberge. Die Anti-Libanonreeks, wat parallel met die Libanonreeks loop, vorm die Oosgrens, en skei die woestynagtige Sirië van die waterryke Libanon. Ingeklem tussen die twee bergreekse is die Beka-vallei.