Dawid de Villiers

 Artikels deur die Outeur

Bekendstelling van boeke wat onlangs by CUM verskyn het

In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.


30 Nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden

Etienne van Heerden se romans is vol kontras. Keer op keer, soos nou ook hier, dien sy geliefde Karoo as die oerruimte van die milieu. Hierop vervleg hy boeiende en kontrasterende wêrelde, soos die stadslewe, die akademie, die internasionale nywerheid, en nou in sy jongste boek, Amsterdam - die wêreldstad wat in die nag anders lewe as die dag, waarin vreemde burgers vanoor die heelal langs mekaar bestaan.  Uit die titel blyk dit dat nag die eintlike tyd is vir lewe in Amsterdam.  


Die moeder as idille

Iemand sê nou die dag by sy moeder se roudiens:  “Nou is die enigste mens wat my onvoorwaardelik liefgehad het, ook weg”.  Die vraag ontstaan of ‘n liefde ooit onvoorwaardelik kan wees?  Is die opblaas van ‘n moeder se oneindige omgee nie maar net die resultaat van ‘n gemoedelike idille, ‘n sentimentele illusie nie?  Ongelukkig dra die kommersiële aspek van Moedersdag daartoe by dat die “verering” van ‘n moeder oppervlakkig kan raak en mank gaan aan valshede, hoewel die meeste mense seker sal saamstem dat baie moeders so ‘n dag verdien.  


Dalk is dit alles waar … *   
                     
   
 

“God is dood,” sê Nietzsche.

“God is werkloos. Die duiwel ook. Hulle is afgelê,” sê The Complete Secret Diaries of God.


Dié nuutste teks van Kombuis is steeds kontroversieel, soos wat sy ouboet The Secret Diary of God was. Dit gaan die bye en brommers laat gons, die spreekwoordelike kat tussen die duiwe loslaat, die sissies van die Amasones skei.


Hoekom sê ek dit? Want ...


Spirituele molestering.02

Spirituele molestering vind ook in kerke plaas, en nie net in sektes nie. Tipiese kenmerke daarvan is: soekende mense word met onmenslike, dikwels wettiese eise gekonfronteer; 'n ons-en-julle-gevoel bring polarisasie tussen die 'ons' wat hoë standaarde handhaaf en die ander wat dit nie maak in God se oë nie; die ingewydes sien gesigte, kry openbarings, word genees, behaal sukses, word ryk spirituele juppies en die ander ly versukkelde lewens; die vervuldes het die resep ontdek, die wat in die duister voortploeter, glo nie in wonders nie.


Spirituele molestering.01

Die seer en verwyt sit steeds rou in Antoinette se stem, jare nadat dinge skeef geloop het in haar en Lukas se lewe. Hulle was gelukkig toe, sê sy. Vandag voer sy 'n eensame bestaan, sukkel finansieel, ontvang sielkundige berading en twy­fel of sy ooit weer die binnekant van 'n kerk wil sien.”