Cas Vos

 Artikels deur die Outeur

I.L. de Villiers – skerpsinnig en kleurryk: ’n Huldeblyk deur Cas Vos

Die dood laat ’n mens met sagte oë na ander kyk. Veral as jy en die oorledene dikwels oor die kronkelpaaie van die lewe gepraat het. Dit was veral laataand gesprekke oor die foon. Oorgesprekke. Nadink woorde. Wyse woorde. Woorde vol sterstof. Ek hoor nog die eggo’s daarvan.


Praedicatio: In My woorde en dade is die Vader teenwoordig

By Jesus se afskeidspartytjie loop alles skeef. Spanning bereik breekpunt. Die geselskap wil maar net nie vlot nie. Woorde steek soos grate in die dissipels se kele vas. Die partytjiegangers beloer mekaar vol agterdog. In die binnesak van elke hart is daar kommer en onsekerheid. Maar waarom nie? Die afskeidsfees staan in die skadu van twyfel, kommer en agterdog. Daar is die verloëning van Petrus, die verraad van Judas, die afskeid van Jesus. Petrus probeer om te red wat daar nog te redde is. Hy verklaar manhaftig: "Te midde van al die verraad en wantroue, kan U op my reken. Ek sal nie toelaat dat iets of iemand tussen U en my kom nie. U kan op my reken. Ek sal U deur dik en dun volg. Ek sal, as dit moet, selfs my lewe vir U gee" (Joh 13:37). Maar skaars was Petrus se woorde koud of die brawe man draai sy rug op Jesus. Hy ontken dat hy Jesus ken. Drie keer kraai Petrus dit uit: "Ek ken die man nie!"


Vuurwiel: Ryk bundel verse vol verrassings

In haar bundel Palinodes (1987) het die bekroonde digter, literêre kritikus en akademikus van formaat ’n gedig oor Emily Dickinson geskryf:

 

Ek lewe met drif

ter wille van dié skrif -

omrede die durende

 

koors genaamd poësie.

 

Hierdie koors breek weer uit in Joan Hambidge se soveelste bundel. Maar dan ’n aansteeklike koors sodat die leser die vuur voel brand.


Opstanding: 'n Gedig vir opstandingsondag

Van die floute lig kan sy retina

so plots skaars ‘n gloed behou;

sy volgelinge voel sy donker

op die strand waar Hy tafel dek

met hande waaraan rowe kors.


Kruiseling: 'n Gedig vir lydenstyd

Hoor hoe skop die middagwind stof op.

Dis mos 'n dag vir swartdoek dra.

Diep gekwes ruk en pluk hy 'n droë boom

vir die vullishoop waar bedelaars aas.


HTS se virtuele vaart

En ons vier nou die woordvaart van HTS na ’n nuwe bestemming, ’n nuwe land. ’n Virtuele ruimte. Hier reik dit tot die verste lande.

Prof Jan van der Watt vertrek na Nijmegen

Elkeen wat al saam met prof Jan van der Watt geslaap het sal weet wat ek bedoel. Dit was die jaar 1986. In Stellenbosch. In ’n agterkamer. Hy sê nag en dis nag. Hy slaap soos ’n klip. Toe die son sy oë oopmaak, is sy oë ook oop. Hy duik in die swembad. Fris en vars vir die nuwe dag. My verhaal het ander kinkels.


Prof Jan van der Watt vertrek na Nederland

Na presies 23 jaar by die Universiteit van Pretoria verlaat Prof Jan van der Watt die diens van die Universiteit van Pretoria. Hy het besluit om sy loopbaan as hoogleraar by die Radboud Universiteit van Nijmegen (Nederland) voort te sit. Hy was hoof van die Departement Nuwe Testament aan UP en het in die periode ook as Mercator International Professor aan die Friedrich-Wilhelm Universiteit van Bonn vir ses maande klas gegee . Verder was hy vir ses maande die Beeson Internationale Professor aan Asbury Theological Seminary (Kentucky, VSA). Hy was ook vir korter tye Gasprofessor aan universiteite in Oostenryk, België (5x), Duitsland (4x), Indië, Nederland (3x), Rusland (7x), VSA (2x) en Suid-Korea.


Praedicatio: Jesaja 52:7-10

Jesaja is ’n kunstige komposisie. Van die eerste tot die laaste beweging. Jes 40:1-11 vorm die  proloog en Jes 52:7-10 die epiloog. Die dele bevat lofliedere van hoop en troos. Die hoorders is die hele skepping, tot eindes van die aarde. Klippe maak julle ore oop! Wind fluister ’n bietjie harder! Riviere klap julle nat hande!


Dekaan Fakulteit Teologie Pretoria: Verklaring

Ek was besig met ’n Pinksterreeks toe ek die onrusstokende brief van die leierskap van die Evangeliese Inisiatief aan alle predikante lees. Die brief werk met die strategie van suggestie. Die here EI is meesters in suggestie. Daar word selektief na dosente se standpunte verwys, en dit wat die leierskap glo die dosent sou gesê het, word dan aan die groot klok gehang. En het die klok nie vals note nie!