Rudi Schlieben
Artikels deur die Outeur
BOSVELD SAFARIs se KAAPSE KERKE-TOER, 11 tot 21 Oktober 2009
- Deur Rudi Schlieben
- Gepubliseer 13 August 2009
- Nog geen evaluering
![]()

Gaan saam op die KAAPSE KERKE-TOER, ‘n ekspedisie spesiaal saamgestel vir diegene wat sou belangstel in die geskiedenis en ontwikkeling van die Christelike Geloofspraktyk en Kerkgeskiedenis aan die ou Kaap, van 1652 tot vandag. Dit word gekoppel aan ‘n goeie Kaapse kuiertoer met aktiwiteite soos visbraai, strandloop en wynproe, om die streek na behore te verken. Besoek sentra soos Genadendal, Stellenbosch, Worcester en Hermanus. Ontdek die Kaapse Middestad met al sy geheime en romantiek. Verken die blomme by Darling en die huise van Yzerfontein. Franschoek, Paarl en Tulbagh wag op u. Reis met die luukse Premier Classe trein na en van die Kaap. Ontdek die geskiedenis met genot en in weelde – moenie die os wat trap met ‘n muilband belas nie !
Webwerf


