Jy, Meneer is in jou middeljare, getroud, en vir jou vrou is die heel belangrikste ding in jul huwelik – seks. Hoe gelukkig

Jy, Meneer is in jou middeljare, getroud, en vir jou vrou is die heel belangrikste ding in jul huwelik – seks. Hoe gelukkig
Wat Harry egter nie weet nie, is dat sy beste en lewenslange vriend Richard, ‘n geswore vrygesel intussen ook halsoorkop op die skone Kay verlief raak. ‘n Liefdesdriehoek ontstaan...word vierhoek...en die storie neem ‘n komiese en ironiese wending.
Die fliek speel af in die laat 40er jare van die vorige eeu en is gebaseer op ‘n boek van John Bingham, 1953: Five Roundabouts to Heaven. Die Allen-egpaar, Harry en Pat word vertolk deur Chris Cooper en Patricia Clarkson. Pierce Brosnan is die gladde, vleiende beste vriend Richard Langley, wat ook die fokaliseerder en verteller is. Rachel McAdams vertolk die weerlose Kay Nesbitt, volmaak met platinum-blonde hare en rooigeplakte pruilmondjie.
Regisseur Ira Sachs slaag uitstekend daarin om deurgans ‘n fyn balans tussen spanning en komedie te handhaaf. Dis ‘n fliek wat waarskynlik meer aanklank by ‘n ouer gehoor sal vind, veral diegene wat getroud en in hul middeljare is!
Meneer, Mevrou...weet jy regtig wat gaan aan in die een se kop langs wie jy slaap...?