TEO Webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria - http://teo.co.za/artikel
Boeke: Liefde is die grootste – oor Erotiek en Seksualiteit II
http://teo.co.za/artikel/articles/57/1/Boeke-Liefde-is-die-grootste--oor-Erotiek-en-Seksualiteit-II/Bladsy1.html
Dirk Human
 
Deur Dirk Human
Gepubliseer op 8 July 2008
 

Hierdie boek is soos ‘n spyskaart. Dit is spesiaal vir u voorberei. Verskillende kokke is genooi om die spyskaart te beplan en van kos kuns te maak. Smaaklike en verrassende disse is voorberei. Dit kan wees dat sommige geregte u tong ‘n bietjie gaan brand. Sommige het dalk te min sout na u smaak, ander weer te veel. Daarom moet uself proe en besluit wat u gaan geniet. Daar is eksotiese disse uit die Antieke Ooste, die Ou Testament, die Nuwe Testament, erotiese disse uit die poësie en die geur van die kuns. Tekste oor lewensstyl, lewe en denke, geloof en lewe, reg en erotiek en liggaam en gene, versprei ‘n aangename geur. In hierdie kombuis (boek) is alles gemaak met die oog op die liefde.


1. Wat is die waarde van hierdie boek?

  • Wys op vele kante en gestaltes van seksualiteit en erotiek;
  • Help en moedig die leser aan tot ’n selftandige oordeelsvorming oor verskeie sake betreffende seksualiteit en erotiek;
  • Kan mense help om tot verstaan van hule eie seksualiteit te kom
  • Konsentreer op riglyne, eise en spelreëls van seksualiteit wat kan bydra tot vreugde, geluk en lewensvervulling;
  • Stimuleer debat en vrae sonder om finale antwoorde te gee:
    -  Kan mense hul siening oor seksuele moraliteit aanpas?
    -  Kan mense hul denke vernuwe oor bv. homoseksualiteit?
    -  Op watter manier beinvloed kultuur, godsdienssiening, massamedia die wyse waarop mense oor seksualiteit dink?

    2. Gee vir ons enkele aspekte oor die boek se inhoud?
  • Antieke wêrelde (Ou Nabye Ooste, Egipte, Mesopotamië; Romeinse wêreld);
  • Antieke verhale, mites en liefdesgedigte;
  • Bybelse perspektiewe: Ou Testament en Nuwe Testament;
  • Identiteit en seksualiteit; rol van die vrou; homoseksualiteit;
  • Nawerking/neerslag wat seksualiteit en erotiek in die kuns en letterkunde massamedia (visuele kultuur) het;
  • Lewensstyl. Hoe gemaak in ’n tyd van MIV?Vigs?;
  • Belang van die liggaam en psige? Hoe mense geslagsrolle stereotipeer;
  • Seksualiteit en die huwelik;
  • Hoe die Reg in die samelewing sienings van seksualiteit kan bepaal;
  • Belang van die liggaam en gene: Navorsing op die fisiologie

    3. Vir wie is hierdie boek bedoel?

  • Boek in Afrikaans geskryf: vir enige leser bedoel
  • Elkeen wat lief is vir die lewe;
  • wat sin van lewe soek;
  • vir kerlike en nie-kerklike mense;
  • nie-getroudes, pasgetroudes, mense wat lankal getroud is;
  • Mense wat tot verstaan van hul eie seksualiteit wil kom;
  • Die boek is oop, eerlik, en wil selfstandige en verantwoordelike denke stimuleer.

    Liefde is die grootste is verkrygbaar by Protea Boekehuis
    Tel.nr: (012) 362-5683 / 362-3444 / 362-6073
    Epos: protea@intekom.co.za
    Prys: R144-00

    Dit is ook aanlyn beskikbaar by Kalahari.net