Nazneen aanvaar haar lot gelate. Hulle is brandarm, sy is ‘n vrou, sy word weggestuur om met ‘n man te trou wat sy nog nooit vantevore gesien het nie, sy kom haar huweliksverpligtinge na, wanneer dit haar man welgeval. Sy vra nie vrae nie. As Allah wou gehad het dat sy vrae moes vra, sou Hy haar ‘n man gemaak het.
Brick Lane wentel hoofsaaklik om die lewe van Nazneen (Tannishtha Chatterjee). Op sewentienjarige leeftyd stuur haar pa haar uit
Die fliek wissel tussen die tagtigerjare in
En wat van die man? Aanvanklik is Nazneen se oorgewig en selfvoldane man Chanu (Satish Kaushik) afstootlik. Hy weet van alles, van literatuur tot by filosofie. Hy loop en spog met sy kennis en alwetendheid. Wanneer sy oudste dogter Shahana, nou in haar stormagtige tienerjare. haar pa uitkryt as ‘pateties’, is dit die oomblik van waarheid. Hy is eintlik ‘n patetiese figuur wat spook om sy selfrespek voor sy vrou en sy dogters te behou. En skielik kry ‘n mens hom bitter jammer.
Brick Lane is ‘n stadige fliek. Dit laat jou nie skaterlag nie, dit laat jou ook nie ‘n traan wegpink nie. Twee punte van kritiek: feministies gesproke is Nazneen te gedienstig en gedwee. Sy kies teen die lewe wat sy saam met haar minnaar Kari sou kon hê, sy gaan terug na die man met wie sy in ‘n huwelik ingedwing is en nooit regtig liefgehad het nie. Verder, gegewe die agtergrond van 11 September 2001, word die rassespanning in
Myns insiens wil hierdie punte van kritiek ‘n ‘boodskap’ afdwing en die intensie van die fliek oorspan..
Nazneen se oudste dogter, Shahana (Naeema Begum) gee ‘n antwoord op albei hierdie punte van kritiek. Sy verset haarself openlik teen haar pa se dominerende houding. Sy kom in opstand teen haar kultuur. Sy wil Westers wees. Sy wil jeans dra soos haar portuurgroep. Sy is woedend oor wat haar pa met haar ma doen. Sy wens haar ma
Brick Lane is nie ‘n fliek oor feminisme of rassisme nie. Dit wil eerder kritiek lewer oor die benouende grense van godsdiens en kultuur en die effek wat dit op mense se lewens het. En dit word uitstekend gedoen.