Buchan brou
- Deur Christo Lombaard
- Gepubliseer 14 June 2010
- Artikels
-
Evaluering:




Christo Lombaard
Christo Lombaard se Artikels
Om Angus Buchan, volksprediker, te kritiseer, is nie altyd ewe maklik nie. Hy het oor die afgelope jare ’n populêre godsdiens-ikoon geword, en mense ag ikone heilig: eensydig betekenisgewend; bo bevraagtekening verhewe. Sy lewe spreek van ’n tipe egtheid wat wyd resoneer: hy ken swaarkry; hy lewe onbeswadderd; hy het ’n gemaklike “common touch”. Verder is hy geen teoloog nie – iets waarop hy soms op ’n manier roem; iets waarmee hy homself teen kritiek kan immuniseer. Opreg is hy ook: hy glo werklik als wat hy sê, al kan dié wat dieper kyk sy oppervlakkighede skaars verstaan; al kan dié wat anders kyk sy eensydighede skaars uitstaan. Want maak geen fout nie, so volgraan-organiesgesond as wat die evangelie wat hy opdis lyk, Buchan brou.
Angus Dei?
Een van die redes waarom die Buchan-fenomeen getallegewys so suksesvol is, is omdat dit lyk of hy die “goeie ou tyding” verkondig. Die evangelie volgens Buchan is eenvoudig: glo net; wonderwerke gebeur; pa is baas. Dit is die stapelvoedsel van die wêreldwye evangelikale[1] beweging. Hierdie tipe geloofstroming spoel na ons tyd toe oor die afgelope drie eeue, naamlik uit twee bronne: ‘n innerlik-emotiewe meer Europese oorsprongsgestalte, wat die Afrikaanse kerklandskap sedert veral die dae van Andrew Murray wyd beïnvloed, en in ‘n rofweg eeu-oue ekstaties-uitbundige meer Amerikaanse oorsprongsgestalte, wat eintlik maar die afgelope halfeeu eers groter Afrikaanse aanhang kry. Telkens, ook plaaslik, onder andere in die Buchan-beweging, gryp hierdie evangelikale manier van glo terug na ’n geromantiseerde, onhistoriese “hoe dit was”-geloof. “Keer terug na God” (“Return to Jesus”) is ’n gewilde herlewingslagspreuk. Dit verlang na, en roep altyd mense op om “terug te keer” tot ’n meer gelowige tyd – toe mense God meer vertrou het; eintlik: toe mense nét God vertrou het. Geloof was tóé meer eg. Dáárna moet ons weer streef: voorwaarts, naamlik terugwaarts.
Hierdie is egter ’n gekonstrueerde paradystydperk; nie ’n gerekonstrueerde edenstuin van naakte gelowigheid nie. In die 40 millennia homo sapiens-geskiedenis, en met groter sekerheid, oor die afgelope 27 eeue (om ons te beperk tot die tyd van wanneer af die Bybelse geskrifte tot stand begin kom het) was daar geen maklike, kontestasielose geloofsfase nie. Daar is geen tyd om na terug te keer waarin geloof probleemloos was, God se ingrype in die wêreld duidelik was, en “die man” nog “die hoof” van “die huis” was nie. ’n Era van “glo net; wonderwerke gebeur; pa is baas” wás net nooit nie. Om so ’n hunkering na ’n beter verlede as motivering vir geloofsherlewing aan te bied, soos wat die evangelikale geneigdheid maar is, is vals advertering.
Erger as hierdie historiese mistasting, is egter die skade wat mense aangerig word. Hoe positief ’n herlewing ookal beleef word – “Maar hy doen dan sulke goeie werk” is ’n amperse mantra wat jy hoor waarookal ’n kritiese geluid oor Buchan se invloed val – moet die oë nie gesluit word vir mense wat die rasperkant daarvan moet voel nie. Heelwat is byvoorbeeld al geskryf oor Buchan se mannesaamtrekke wat vroue uitsluit, soms selfs op ’n krasserige manier. Hoe sodanige afgrensing ookal geregverdig probeer word, die absurditeit van ’n monoseksuele byeenkoms bly soos ’n seer vinger die lug in steek, vermanend: maar wat lê dan onderliggend hieraan? Die telkens aangebode redes is so liggewig, ’n mens moet noodgedwonge psigo-analities na meer grondige motiverings soek. Is dit ‘n ongemak rondom seksualiteit, wat ’n mens vind by alle godsdienstighede wat respektabel wil wees, wat ook hier in die onderbewuste wegkruipertjie speel?
Meer nog, dat vroue tot tweedeklaswesens gerangeer word deur die teologie geïnsinueer in die “Mighty Men”-geslagseksklusiwiteit, skrei ten hemele. Om geslagsrolle só te omskryf dat primêr “die man” nog “sy gesin” moet (terug)lei na die Here toe, is om in so ’n mate slagoffer te wees van ’n sekere kultuurfase in die Weste, dat terapie nou dringend nodig geword het. (Dié stelling word nie neerhalend bedoel nie; dit spruit uit ernstige kommer dat gelowiges nog deur hierdie histories-gekondisioneerde idees geviktimiseer word.) Verder, praat gerus met ’n vrou wie se eks-man sy naweekbeurt met die kinders vryspring deur skielik te gaan kamp saam met “Oom Angus”, en dus godsdiens as deurtoeklap-verskoning aanbied vir sy ontduiking, en nog ‘n skadukant van die “goeie werk” begin deurskemer... Voorbeelde van sulke seksisme, patriargie en onderduimsheid, onderskeidelik, word nooit van bekeringsverhoë af gehoor nie. Hierdie is die stille lyding wat die Jesusmannebewegings in Noord-Amerika, maar ook elders, en nou hier, veroorsaak.
Grootwit
Die gewildheid van hierdie onnatuurlike, en eintlik ook maar on-Christelike, eengeslagtelike Buchan-byeenkomste dwing ’n mens om die breër, sosiologiese vraag te vra: wat dring dan nou so baie (veral wit) Afrikanermans om op hierdie manier saam te wil kloek? Die antwoorde hierop kom redelik voorspelbaar: die Afrikaner is in die nuwe Suid-Afrika polities gekastreer, en mans meer nog as vroue; ditto, in die werksplek; terselfdertyd wikkel groeiende vroueregte allerlei ongemaklikhede los in mans wat anders grootgeword het; op kerklike gebied word vroeëre sekerhede ontwrig deur onbekende sake soos die gay debat, historiese Jesus-navorsing en ander sulke geloofsgesprekke van ons tyd; selfs die laaste identiteitsmerker van die wit Afrikanerman, rugby, word gedestabiliseer deur onder meer rassekwotas en ministeriële dreigemente. Die Groot Wit Man, soos die Grootwithaai, is ’n bedreigde spesie, en hy voel dit instinktief aan.
Dán word hierdie bedreigde spesie ’n aartappelgeloof aangebied: ‘n eenvoudige dis wat gesond lyk, veilig klink, en groot loon bied. Laasgenoemde weeg swaar: die welvaartsteologie, nie ’n noodwendige onderdeel van die evangelikale beweging wêreldwyd nie, dien in die Buchan-teologie om allerlei onsekerhede te besweer. Dit sluit in die politiek, misdaad, geslagsrolle, ekonomiese wankelrigheid, die emigrasie-kragte, en dies meer. Die antwoord op al hierdie vrae word maklik gemaak: Jesus. Glo net; God sal sorg. Daarom word geloof nie primêr gesoek ín hierdie sake, of hoe God deur hierdie belewenisse heen werk nie. Geloof word eerder gestel teenoor al hierdie sake; as prominente voorbeeld: selfs teenoor weerpatrone (in die openingstoneel van Buchan se boek en na aan die slot van die Buchan-rolprent, albei getiteld Faith like potatoes). Dit is hier waar die openbare evangelikale getuienis-beoefening altyd op sy swakste is: die “sukses”-verhale van gelowiges word luid uitgebasuin, maar die veel meer algemene verhale van mislukking bly onbesonge. Tog is die mees diepgaande geloofsverhale dié van mense wat die terugslae moet vát, en hulle eiendom of kinders of lewens verloor, en juis daarin moet probeer geloofsin maak. Hierdie veel meer egte lewens bied egter niks imponerends, waar “sukses” ‘n geloofskriterium is nie.
Die aartappelgeloof is dus soos ’n poniekoerant: die ongewone word altyd die grootletternuus, sodat die indruk naderhand gewek word dat dít die ware, of die beter toedrag van sake is. Die indruk bly onvermybaar: diegene wat nie aan hierdie grootletterverwagtinge voldoen nie, is eintlik maar vrot tamaties. Die blinde arrogansie van sulke ponieformaatgeloof is verbysterend. Miskien moet ons daarom maar, analoog aan die sogenaamde “geel pers”, na hierdie tipe godsdienstigheid begin verwys as die “geel geloof”. ’n Realistiese blik op gewone geloof, op diep geloof, op die geloof, bied dit tog nie.
Is dit egter dan nou al wat oorgebly het vir die Grootwit-Afrikaner? - ’n Tipe godsdienstigheid wat redelik infantiel is? - ‘n “Glo net; al jou probleme sal verdwyn; wonderwerke sal gebeur, al sien jy nie uitkoms nie; God sê jy’s die baas” geloofskonstruksie? Die regressie tot so ‘n tipe goedgelowigheid, ’n emosionelerigheid wat die realiteit nie in die oë hóéf te kyk nie, want Die Leier sê dan God sê dan so, is dus sosiaal-sielkundig te verklaar. Die feit dat die gewildste tipe plekke vir ’n Buchan-saamtrek ’n plaas en ’n rubystadion is, maak in so ‘n konteks ook semioties sin: nie alleen is sulke arenas groot genoeg nie, maar hierdie ruimtes is ook tekens van ’n tipe hartland wat by die Grootwit-Afrikaner onwillekeurig assosiasies oproep van tuiswees in ’n veilige, tradisioneel-bekende hawe. Hierdie geografiese simboliek alleen vorm al ’n raamwerk wat onderbewustelik die teologie wat met hierdie saamtrekke meegaan, steun: ’n vertroudheid met “die goeie oue”; ’n sekere tipe manlikheid; ’n saamwees-gevoel en selfs eenwees-gevoel wat nie verwoord hoef te word nie, maar berus op implisiete verbintenisse (“commitments”).
Die tragiek is dat sulke “tradisionele”, geforseerd-vereenvoudigde geloof nie kan standhou nie. Daar is altyd daarvoor ’n redelik nabye vervaldatum, wanneer dié melkkos suur word, vir ’n paar redes: moeilike geloofsvrae gaan in der ewigheid nie verdwyn nie, en met Afrikaners se hoë opvoedingspeil, kan hulle hulleself nie lank paai met onnadenkende vroomheid nie; die impulse van ons tyd wat mans ontstig, verdwyn nie sonder meer noudat ’n mens op ’n sekere manier glo nie; hoewel die gelowigheid waartoe Buchan-mans hulle bekeer dalk langduring waardeer sal word, sal die soort gelowigheid, soos die patriargale en oorvereenvoudigende kante daarvan, selde lank verdra word: kinders wat grootword en daarmee saam krities raak, ouers of vriende wat al voorheen sulke “herlewings” sien kom en gaan het (die siklus is so om en by die sewe jaar), die meer algemeen-menslike nie-suksesverhale wat ook Buchaniete maar moet verduur, meer soliede teologieë wat ook in die samelewing bestaan en sommige toetssituasies beter hanteer, onder andere, bly skaaf onkritiese geloof tot groter volwassenheid.
‘n Buchan-boek of -byeenkoms kan dus nie finale redding bied vir ’n spesie wat sigself bedreigd voel nie. Daarvoor bly die lewe, en God, net te groot.
Immuniteit
Dat ’n evangelikale beweging soos dié van Angus Buchan bestaan, is geensins verbasend nie. Dit is ’n natuurlike deel van die teologiese palet van die Suid-Afrikaanse samelewing, ook binne die konteks van die internasionale geloofstrominge van ons tyd. Wat almal wel onkant betrap het, is dat dit so gewild onder so veel so wit so manlik so Afrikaans ’n gehoor sou word. Dat hierdie beweging goed sou kon wees vir die individue daarby betrokke en vir die breëre gemeenskap, is heeltemal moontlik – mits dit van die skadukante van daardie teologie, sommige waarvan ek hierbo aangeraak het, ontslae kan raak.
Maar sal dit?
Nee.
Een van die moeilikste kenmerke van die evangelikale tradisie om te hanteer, is dat dit selde analise, praat nie eers van kritiek nie, verduur, te meer nog met ’n jong, voortvarende spruit binne hierdie tradisie. So ‘n denk-, gevoels- en geloofswêreld se verwysingspunte is alles intern. Kritiek wat wel voorkom, is uit die binnekring, en is dan net daarop gerig om die reeds onbevraagtekenbare nog sterker te vestig. Daarom dat godsdienstige fundamentalisme maklik in sulke kringe groei, dat ekumeniese kontak grootliks beperk word tot diegene wat reeds “soos ons” is, en dat alle eksterne evalueringspogings geïgnoreer, of selfs as boos afgemaak kan word.
Om hierdie afgeslotenheid (of, van die binnekring af gesien: suiwerheid) in stand te hou, is die retoriek van sulke bewegings redelik tipies. Nie verbasend nie, vind dit ook op verskillende maniere weerklank in die Buchan-beweging, met die retoriese doel om volgelinge te immuniseer teen (geloofs)perspektiewe wat verskil van die eie kanon.
Onder andere: ’n geloofsleier wat sy/haar voorbeeld-ervaring vir die volgelinge daarstel, word hulle normerende verwysingspunt. Middelpuntsoekende kragte word sodoende die refleks-ingesteldheid. Die aanspraak dat God se boodskap hier suiwer verstaan word, maak kritiese debat bykans onmoontlik. Gesprekke wat fundamentele vrae durf vra, word dus ru gesmoor. ’n Baie algemene strategie is die argument dat die geloofsleier geen teoloog is nie; hy/sy is maar net ’n gewone gelowige wat nou die stap neem om God se Woord (óf die Bybel, op ’n voorgeskrewe manier gelees, óf ’n ander openbaring – ’n boek of ’n visioen) te verkondig.
Laasgenoemde stelswyse – dat die geloofsleier geen teoloog is nie – is ’n besonder kragtige retoriese strategie, en impliseer drie punte duidelik: die geloofsleier is maar “een van ons”, weliswaar spesiaal-geroepe, maar darem baie “soos ek”, wat beteken hier word in “my taal” gepraat; opgeleide teoloë word onmiddelik verdag gemaak, en daarmee saam word hulle potensiële bydraes by voorbaat reeds as “skadelik” onskadelik gestel, so asof hulle om sinistêre redes “die waarheid” sou wou vertroebel; laastens, die implisiete gevolgtrekking word gemaak dat alles wat hier, in die binnekring, gehoor word, dramaties meer gewig dra as enigiets wat enige plek elders gehoor word.
Hierdie self-aanbieding in die eenvoudige, kort sin – “Ek is geen opgeleide teoloog nie” – lyk verleidelik opreg; asof die geloofsleier niks wil “verkoop” nie, behalwe as om net “die (Goddelike) waarheid” onbevange oor te dra. “Verleidelik” is egter hier ’n meer toepaslike woord as wat dalk met die eerste oogopslag lyk. Word dieselfde argument naamlik op enige ander spesialisgebied van toepassing gemaak, blyk die skrikwekkende aard daarvan onmiddelik – byvoorbeeld: “Ek is geen opgeleide chirurg nie; ek is maar net ’n doodgewone mens soos jy, en wat besorg is oor jou gesondheid; laat ek jou dus opereer...”; of: “Ek is geen opgeleide ingenieur nie; ek is maar net ’n doodgewone mens soos jy, en wat besorg is oor ons vervoerstelsel; laat ek dus die brug oor die hoofpad bou...”. Waarom word die adsurditeit van hierdie tipe magsargument egter verduur, selfs waardeer, as dit by geloof kom? Geldig soos wat dit is dat eenvoudige mense se geloof bewonderenswaardige diepgang kan hê, waar juis dít egter tot gesagsaanspraak verhef word, verraai so ’n geloofshoogmoed juis die teendeel.
Die immuniseringskrag van presies hierdie retoriek is egter so diepgewortel in die herlewingskultuur van die evangelikale tradisie, dat dit nooit laat staan sal word nie. Daarom juis dat geen Buchan-aanhanger hierdie opstel ooit ernstig sal neem nie. Daarom ook dat daar nie groot hoop is vir bewegings soos dié, dat dit werklik goeie bydraes sal maak tot volwasse geloof onder hulle aanhangers of in die breëre samelewing nie.
Daarom dat die evangelikale tradisie, ten spyte van die reuse-potensiaal tot die positiewe wat dit inhou, maar steeds sal aanhou bak en brou.
Of is daar dalk tóg ruimte vir bekering?
[1] “Evangelikaal” is as ’n goeie vertaling vir “evangelical” aan my voorgestel; dit is hier beter as die woord “evangelies”, wat meer gebruiklik in Afrikaans is. In die Duitse wêreld beteken die term “evangelies” min of meer “Protestants” of “nie-Katoliek”. In die Engelse wêreld dra “evangelical” egter konnotasies van konserwatief-konfessionele geloofsuitdrukkingswyses. In Afrikaans staan die woord “evangelies” weer nader aan “Bybels”. Bybelwetenskaplikes wat soms as liberaal vervloek word omdat hulle op tekshistoriese gronde voorheen onkrities-aanvaarde sieninge omverwerp, sien hulleself dikwels as “evangelies”, want hulle wil die Bybel binne sy eie kontekste verstaan, eerder as om aan interpretasies wat eeue later aan tekste en temas toegevoeg is, te bly vashou. Ek gebruik die term “evangelikaal” in die res van hierdie essay in die Engelse sin van “evangelical”.
[Hierdie artikel het eerste verskyn op www.litnet.co.za en is geplaas met die volle toestemming van die outeur sowel as die webwerf. Besoek ook die skakel www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=87578&cat_id=165 ].
Versprei die Woord
32 Reaksies op "Buchan brou" 
|
se kommentaar op 14 Jun 2010 2:40:33 PM PST
Ek het die artikel met aandag gelees en my siening is as volg:
Oom Angus is besig om iets te doen wat ek dink meer goed as kwaad doen. Die volk (al is dit net mans) kry weer rigting, vind hulle plek en hoor hopelik iets wat hulle beter mans, broers, pa's, oupa's en ooms maak. Oom Angus is immers maar net een skakel in die hele geloofsketting wat daarop gemik is om orde te handhaaf in die samelewing - dink net wat sou die mensdom als aanvang as die hemelpoorte en die groot "Oordeel" nie bestaan het nie...
Persoonlik is ek gelukkig/ongelukkig nie deel van die partytjie nie. As gay man is my voorland om in die ewige vuur te brand. Ek is immers verdoem en moet aan die agterspeen suig. Iets waarvoor ek nie te vinde is nie.
Viva Oom Angus, Viva!
|
|
se kommentaar op 14 Jun 2010 7:22:10 PM PST
Ek het op 'n keer 'n Dogmatologiese Werksgemeenskaps-kongres bygewoon. Die jonger manne daar was skerp en hoog met die tong. Prof Jonker by die mikrofoon:
"Ag, broers. Ek is nou nie so slim soos die jonger manne nie, maar ..." en toe praat hy, plat op die aarde, groot dinge. Christo klink skerp en hoog met die tong. Ja, ek weet dit is wetenskapklike artikels, usw. Dit is te veilig in Afrikaans ... en die leserspubliek is klein. ... Julle kan gerus daaraan dink om die artikels ook in Engels te plaas.
'n Grappie: God challenged some very scientific atheists to a debate about evolution. His challenge specifically centered around the mystery of the creation of life. They accepted. When they were all seated under a huge old tree, God said to the leading guy: "My good man, you go first." The Scientist bent down, got a handful of ground and said: "See, I take this handful of ground, and ..." He was interrupted by God,. Who said: "Use your own ground." Dit is vreeslik maklik om 'n argument op te werp en 'n probleem aan te spreek. Die fout wat raakgesien word mag ook waar wees. Dit is egter veel moeiliker om 'n werkbare oplossing te gee.
Christo sluit af met: "Daarom dat die evangelikale tradisie, ten spyte van die reuse-potensiaal tot die positiewe wat dit inhou, maar steeds sal aanhou bak en brou. (hierdie tipe afkrakende uitlatings m.b.t. ander kinders van die Here, doen die evangelie niks goeds nie -JG) Of is daar dalk tóg ruimte vir bekering?" HOE?
Christo, luister daar BAIE mense na jou en kom tot bekering? Preek/praat jy soms en daar kom 'n paar mense tot inkeer/bekering? Is daar van jou volgelinge wat iets konstruktief doen vir die verbreiding van die Evangelie van God se genade/ Dink jy dat jyself "beter vaar" as Mnr Angus Buchan? Of ontaard hierdie artikels dalk net in 'n geselskap tussen teoloë? Ek is in Sydney en ek sien hoe geestelik vlak dinge kan raak as mense totaal sekulêr word. Dit is hartseer as die geleerdheid in die ivoortorings slegs in die ivoortorings ronddwaal en nie met konkrete oplossings vorendag kom nie. "Hieraan sal die wêreld weet dat julle my dissipels is, as julle mekaar liefhet." "And you don't, or do you?" het 'n Jood my eendag gevra.
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 12:10:57 AM PST
Dankie Jan ek is net n doodgewone dominee en ek skaar my eerder aan die kant van oom Angus as slim teoloë wat nog tot bekering moet kom
|
|
se kommentaar op 28 Jun 2010 3:05:01 AM PST
Wel, ek het Jann se repliek gelees en toe ook Frans sin. Dit lyk of Frans wel n predikant is en as hy is het hy die guts gehad om the se wat hy se. So n bek moet botter kry. Ek is nie in die Algemene kerk nie maar , sekere DB Dick skryf ook hierdie onsinnige snert op die internet. Wonder wat hulle daardeur wil bereik om ander gelowe af te breek. Ek wonder of hulle hul verlore skape so sal teruglok na die kerk. Ek twyfel. Ek het DB Dick sekere vrae gevra en hy het my toe gevra om na sekere boeke te gaan en bybel studie te doen. Dit is wonderlik hoe sekere kerke en teoloe die Bybel vertolk. sommer ook oor die Bybel weer te herskryf, konsuis omdat die gewone mens dit nie verstaan nie. Hoekom is daar leerraars om God se woord duidelik te maak, as hulle nie kan nie, moet hulle ander werk gaan doen. Hulle besoek ook nie meer hul lidmate nie want hulle seker te besig. n Predikant het n roeping soos n egte Polisieman het en nie net sommer n job nie.
|
|
se kommentaar op 14 Jun 2010 10:03:27 PM PST
ek is dankbaar vir die artikel. dit moes lankal kom. kan die skrywer dit nie in ietwat makliker afrikaans skryf ook vir die om te hoor wat se dat hulle na n gewone gelowige luister nie
|
|
se kommentaar op 14 Jun 2010 10:28:09 PM PST
Goeie artikel wat skerp sny oor die mistastings wat daar in die Buchan beweging is. Veral die punte oor die verhouding tot teoloë maak baie sin. Ek hoor die saak van voorspoedsteologie ook maar mis dalk iets wesenlik naamlik redding uit genade en nie redding as jy dit en dat ens doen nie. Telkens kom die saak ook by Buchan na vore.
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 12:19:41 AM PST
Ek reken dit is 'n goeie artikel as die aannames waar is. Swak as die aannames leuens is. Ek is gelukkig getroud en ag vrouens hoog wat is fout as manne bymekaar kom Speel Ernie Els in dieselfde toernooi as die vrouens? Kom nou moenie woorde en gedagtes versprei wat nie enigsins bedoel word nie Ek 'n gewone dominee is ook gewone gelowige en lees eerder stywelyne artikels as sulke teologiese artikels wat God se werk afkraak. En nou klink ek ook onchristelik en ek is jammer om so laag te daal maar ek staan met my voete op die aarde en ek sien wat gebeur met manne wat tot bekering kom
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 12:51:51 AM PST
Nadat ek Christo Lombaard se artikel gelees het, was ek totaal verstom. Ek kon nie glo wat ek gelees het nie. Is dit moontlik dat 'n teologg tot so 'n vlak kan daal? 'n Karikatuur word geskep van wat Angus Buchan sou voorstaan en soos 'n gladiator van ouds kom Christo in die arena van teologie en hy oorrompel sy teenstander. Daar is so iets wat nog steeds geldend bly: "Jy mag geen valse getuienis gee nie!" Christo, behalwe dat jy die saak met God moet regstel, is jy nie ook 'n verskoning aan Angus Buchan verskuldig nie?
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 12:51:54 AM PST
'n Swak artikel met swak, verdraaide argumente. Angus Buchan is beslis nie 'n teoloog nie en dit erken hy ruiterlik, maar dat hy die opdrag wat aan hom en elke christen gegee is, nl. om die evangelie van Jesus Christus te verkondig uitvoer is duidelik. Dat hy 'n evangelie verkondig van " 'n gekonstrueerde paradystydperk" is gewoon onwaar. Ek het beslis nie al Buchan se preke gehoor nie maar in die wat ek wel gehoor het skram hy nie weg van lewensrealiteite nie en ek dink Anchus Buchan se intieme kennis van die bybel gee hom genoeg kennis en insig dat hy deeglik kennis dra van die feit dat daar nog nooit 'n tyd was wat geloof probleem vry was nie.
Dat die "Buchan teologie" vrouens tot tweedeklaswesens rangeer is waarskynlik die stelling waaroor die skrywer (Christo Lombaard) vir Angus Buchan om verskoning kan vra. Angus doen wel 'n beroep op mans om weer geestelike leiers in hulle huise te wees en om hulle kinders in die christelike leer op te voed, die hoofskap wat Angus verkondig is gewoon die verhouding tussen man en vrou wat Paulus in die briewe aan die Korinthiërs verkondig. Telke male doen Angus 'n beroep op mans om hulle vrouens lief te hê en om met die grootste respek met hulle vrouens om te gaan.
Die sogenaamde absurditeit van momoseksuele byeenkomste verstaan ek ook nie. Angus hou baie meer byeenkomste waar mans en vrouens bymekaar is as die 7 Mighty Men byeenkomste en boonop word vrouens elke keer op die laaste dag van elke MMC wel toegelaat. Die opdrag om die Mighty Men byeenkomste te hou was tog immers 'n Goddelike opdrag.
Die Mighty Men byeenkomste het ook nog nooit oor blankheid of oor Afrikanerskap gegaan nie maar wel oor Jesus Christus. My persoonlike ervaring van die 2010 byeenkoms was dat dit totaal apolities was en heeltemal nie-rassig. Ek wonder of die skrywer daar was.
Angus Buchan se boodskap mag eenvoudig wees maar dit wyk geen aks af van die korrekte en ware evangelie van Jesus Christus nie. Dit wat hy preek is gewoon dit wat in die bybel staan. Die wêreld het meer mense soos hy nodig. Mense wat massa evangelisasie doen sonder om hulself in die proses uitermatig te probeer verryk. Ten minste doen hy iets om die Woord te verkondig sonder om ander wat dieselfde probeer doen af te breek en te kritiseer. Ek wonder nou of die skrywer dieselfde kan sê?
|
|
se kommentaar op 28 Jun 2010 4:23:08 AM PST
Ek wil ook nie n evalueering doen nie. Ek kan my verselwig met jou uitspraak t.o.v. Christo se brief. Die man is werelds, en hy sal dalk eendag nog by die poort kom en nog moet verduidelik. Die Bybel se: moenie jou lig onder die maatemmer plaas nie. Ek wonder of hierdie teoloog dit christelk kan verduidelik. "Hy sal seker aan my se gaan lees in die Bybel soos DB Dick aan my gese het." DB Dick is ook op die internet. Die Here se woord kan nie net op die internet bespreek word nie, dit moet deur getigenis oorgedra word. Die here het ook vissermanne geneem en aangestel as Apostels om die woord verder te verkondig na Sy kruisiging.Daar was toe al skrifgeleerdes. Hoekom het hy hulle nie gevra nie. N mens moet nie gelf probeer maak uit die verkondiging van die Woord nie. Ons moet ons riglyne reg vertolk en die Bybel reg verstaan. Die teoloog en sy geleerde vriende wil die bybel uitle, ek wonder vir watter doel. dit lyk of hulle nie aan Jesus glo nie. Ek wonder net hoe sal hulle 1 Joh. 1 v 5- 7 verduidelik aan my.
5
Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.
6
As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
7
Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
1 Petrus 4
6
Daarom is die evangelie immers ook verkondig aan dié wat nou dood is sodat, hoewel hulle as mense onder die oordeel was om na die liggaam te sterwe, hulle na die gees sou lewe soos God lewe.
Ek wil nou nog verse aanhaal nie, maar sal nogal wil sien hoe Christ dit vir my kamn verduidelik aangesien hy Buchan so kritiseer. Hy sal seker ook aan my se dat el alreeds Buchan se sorie gehoor het en maar eerder self Bybelstudie moet doen. Ek is nie n skrifgeleerde nie en verstaan ook nie alles in die Bybel nie, maar ek dink ek weet hoe ek die skrif moet vertolk As hy nie sy antwoord hier wil plaas nie, kan hy my direk e-pos by polkor@mweb.co.za
Groetnis
Paul
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 1:56:52 AM PST
EK WIL NIE ENIGE EVALUERING DOEN ,MAAR MY VRAAG IS .IS DIE ARTIKEL JOU BEVINDING OF GOD SIN,DAAR IS GEEN SKRIF VERWYSINGS NIE ,EN WAT SE DIE WOORD OOR DIT
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 2:20:54 AM PST
Jy weet, my vriend, ek het jare terug 'n onderwyseres gehad wat Afrikaans by ons probeer aanwakker het. Sy begin toe 'n ASK (Afrikaanse Studiekring) wat sommige lang pouses in die skoolbiblioteek vergader het. Op 'n dag kry sy 'n digter om met ons oor sy werk te kom praat. Maar eers moes sy darem haar gevolg beindruk deur 'n gedig van die outeur voor te lees en akademies te verklaar. Sy het 'n baie goeie werk daarvan gemaak. So het ons gedink. Toe die digter begin praat, was sy eerste opmerking een van verstomming - hy het nooit geweet dit is al die dinge wat hy in sy gedig gesê het nie! Vir die eerstekeer hoor hy ook nou wat hy eintlik bedoel het.
Ek skryf dit om aan jou uit te wys hoe maklik ons akademie kan pleeg sonder om die outeur te raadpleeg. 'n Goeie oefening wat ons destyds in Filosofie geleer het is, 1) skryf jou standpunt, 2) kritiseer jou eie standpunt, 3) skryf 'n opponerende standpunt, 4) kritiseer hierdie nuwe standpunt. Kyk daarna of dit wat jy wou sê nog altyd 'n opbouende bydrae lewer. Om net 'n voorbeeld te neem - die stuk wat jy oor Angus geskryf het. As Sosioloog kan ek die stuk aan flarde trek - soos die stuk met Angus se bediening maak. As teoloog skep dit uiterste onvrede in my hart omdat ek 'n nuwe god opmerk wat gedien word. Iewers tussen beindruk en galbraak word begrippe ingespan om wetenskaplike waarde aan die argument te verleen. As dosent sou ek 'n werkstuk van hierdie kaliber gedruip het.
Die vraag is: wat moet evalueer word wanneer 'n akademikus iets skryf? Die onderwerp, of die bekwaamheid waarmee die akademikus sy gereedskap hanteer in die bespreking van die onderwerp? Die standpunte rondom Angus se bediening, die (meesal) ingelese en afgeleide evaluerings is van beide kante van die spektrum geyk, oud, voorspelbaar en afgesaag. Vra maar die Nuwe Testament skrywers - hulle het al daarmee gesukkel. Op daardie terrein sal niemand iemand anders oortuig nie. Het jy, my vriend, 'n sinvolle bydrae tot die gesprek gemaak? Nie regtig nie. Jy het baie ander (ewe voorspelbare) outeurs en sprekers se standpunte herhaal, en verder verfyn. Ek merk niks op wat nie al gesê is nie. Dis die probleem van 'n koor - 'n klomp mense wat sonder nadenke saamsing omdat die woorde so sê. Dan liewer 'n akteursbenadering - improvisasie. Met die klem op verbetering en oortuiging. Dit is duidelik dat jy weet hoe om die akademiese bergippe te gebruik - maar doen dit dan groot asseblief liewer om 'n positiewe bydrae te maak! Appels en turksvye is nie dieselfde vrug nie - maar beide is vrugte. Ek wil jou respekteer, maar help my deur te wys jy kan 'n ander ook respekteer - nie 'n selfgekose ander nie, maar jou objek ander.
Jy lewer sulke goeie werk oor soveel jare heen, bou daarop voort, asb. Seën vir jou!
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 2:29:14 AM PST
Christo, ek bevind myself presies aan albei kante van jou opstel: ek het teologiese opleiding tot op M-vlak, maar ek was ook by Angus op 2 geleendhede.
Ek wil so een of twee opmerkings maak.
Ek onthou een van die besoeke wat ons kuratorium vir ons gereel het waar ons die middestad van Pretoria besoek het. Daar was die kommentaar van die ds wat ons rondgewys het - die probleem in die stad (wat ook al hoe meer sy kop uitsteek in die res van die samelewing), is die afwesige pa. Ek voel jy maak gans en al te veel van die 'eensydigheid' van die saamtrekke.
As iemand iets kritiseer vra ek myself altyd af wat daaragter le. Ek kon dit nie uit jou artikel 100% aflei nie. Dalk sal dit die artikel duideliker maak. Ek dink wel dat dit dalk 'n baie moeilike vraag mag wees.
Ek, wat myself in sekere opsigete as teoloog sien, het verskille van Angus (die teodisee-kwessie, armenianisme), maar het self baie gebaat by die twee geleenthede wat ek bygewoon het:
1) ek is die eerste keer ge-inspireerd daar weg om tyd te maak om by die Here uit te kom, persoonlik. Ek het intimiteit met Hom gesmaak, en geweet daar mis iets in my lewe. Ek het intussen besef dat intimiteit 'n groter dors na meer aanwakker. Die Here is vir my goed!
2) die tweede keer wat ek daar was, kon ek en my pa weer by mekaar uitkom. Ons kon saam gehuil het en weer vir mekaar gese het dat ons baie lief is vir mekaar. Die Here is goed vir my!
Niemand gaan iemand oortuig nie.
Jy het my weer laat dink - dankie. Ek hoop dat ek jou ook weer kan laat dink.
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 4:27:00 AM PST
Beste Christo, dit is hartseer om te lees hoe jy 'n beweging (of bewegings) waarvan jy klaarblyklik min weet of verstaan sinies aftakel. Jou verduideliking van herlewingsbewegings as mens gedrewe is totaal ongegrond. Ek weet nie van een herlewingsbeweging wat nie bonatuurlike ingrype van God was nie. Inteendeel, sodra 'n mens in die middelpunt begin staan het, het die beweging vervaag. Hierdie bewegings het ook 'n ongelooflike sosiale impak op gemeenskappe gemaak. Brittanje is 'n baie goeie voorbeeld. Lees gerus die geskiedenis van die Metodiste herlewing. Ek is nie seker of die bediening van Angus Buchun as werklik herlewing beskryf kan word nie en het self baie vrae daaroor. Ek weet egter dat my swaers wat die byeenkomste bygewoon het beter mans vir hulle vrouens en pa's vir hulle kinders geword het. Wat ook duidelik is, is dat Christene uit Afrika en Asie (ja Christene soos Angus Bunchun) waar geloof baie meer belewe word en Bybels gefundeerd is 'n baie groter rol in die wereldkerk begin speel. Nee, nie ryk Amerikaanse 'evangelicals' nie maar arm Afrikane, Asiers, edm. Dit is waar die kerk groei. Miskien moet ons meer van daardie Christene leer en minder op ons eie voorveronderstellings en wysgerige argumente staatmaak.
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 4:47:05 AM PST
Suur druiwe
|
|
se kommentaar op 15 Jun 2010 12:25:37 PM PST
Beste Christo, wat 'n teleurstelling het ek ervaar toe ek die artikel lees. Ek het pas 'n M.Th graad in Bybelse Spiritualiteit verwerf. My belangstelling in Spirituakliteit en die inisiatief om op M vlak in Bybelse Spiritualiteit dié graad te behaal
is juis deur jou geprikkel deur 'n artikel in Die Burger oor Spiritualiteit. Ek is nie net teleurgesteld nie, maar tog ook in 'n mate bang oor wat studente mag ervaar in klasse. Ek wil nie verder hierop uitbrei nie, want die voorafgaande kommentare is beduidend. Die volgende verhaaltjie verduidelik dit.
Op 'n Sondagoggend in 'n gemeente in 'n ekslusiewe omgewing stap 'n ou Cowboy by die kerk in.Sy hemp, denim broek en hoed was oud en verweerd maar skoon. Onnodig om te sê dat hy nie juis vriendelik deur mede kerkgangers verwelkom is nie. In sy hand het hy 'n Bybel gehad wat opgelees was. Hy ervaar hoe onaanvaarbaar hy is. Na die diens kom die geleerde leraar by die ou Cowboy. Na 'n kort gesprek nooi hy die ou Cowboy uit om weer te kom, maar raai hom aan om eers met God te praat en uit te vind of sy kleredrag regtig in God se kerk aanvaarbaar is. Die volgende Sondag is die ou Cowboy weer in die kerk, met sy verweerde klere en Bybel. Na die diens vra die leraar vir die ou Cowboy of hy toe met God gepraat het oor die paslikheid van sy klere. In afgemete woorde antwoord die ou Cowboy toe die 'teoloog'," ja pastoor ek het met God gepraat of my kleredrag aanvaarbaar is, waarop God ( met resep) het geantwoord dat HY het nie die vaagste idee het nie, want Hy was nog nooit in die kerk en gemeente nie.
Wees asb. sensitief vir die Spiritualiteit- 'n geleefde ervaing- met God, van elke mens. Alhoewel ek die reg erken en ook respekteer van elke 'teoloog' om soms selfs klakkelose akademiese artikels in die Kuberruimte in te stuur, wonder ek tog of hierdie een nie grens aan persoonlike, afbrekende en beledigende opmerkings nie.
Daar is genoeg getuienis dat Angus die harte van honderde duisende manne geraak het. Hoeveel ou Cowboys loop nie oral rond nie?
|
|
se kommentaar op 28 Jun 2010 4:45:18 AM PST
Ek moet se aan die COWBOY "BROVO" . Ek wonder wat se die gemeente hiervan. Hulle sal diep in hul siel moet kyk vir watter rede hulle kerk toe gaan en die leraar sal diep in sy siel moet omdat hy eintlik vir die Cowboy gese het hy is nie welkom in sy kerk nie. dit was n menslike besluit en nie ' Goddelike besluit nie. Die mens darem.
|
|
se kommentaar op 16 Jun 2010 12:37:39 AM PST
Die beste analise wat ek tot dusver oor oom Aartappel se "teologie" te lese kon kry. Lees 'n mens die deursnee-kommentaar hier bó is die skrywer se voorspelling teen die einde profeties: "Daarom juis dat geen Buchan-aanhanger hierdie opstel ooit ernstig sal neem nie."
|
|
se kommentaar op 17 Jun 2010 12:13:32 AM PST
What I mean is that each one of you says, “I follow Paul,” or “I follow Apollos,” or “I follow Cephas,” or “I follow Christ.” Is Christ divided? Was Paul crucified for you? Or were you baptized in the name of Paul?
(1 Corinthians 1:12-13 ESV)
|
|
se kommentaar op 16 Jun 2010 1:34:43 AM PST
Soms bevind ek my 'tussen twee plekke.' Die teologie as wetenskap en die 'old time religion,' om dit vereenvoudigd te stel. So, wanneer ek dan so n artikel lees dan dink ek dit is regtig goed en is n beskrywing van hoe dit is. Tog wat nou gemaak met my skuldgevoelens want die ander kant van my wil tog glo in die 'old time religion.' So is ek tog grootgemaak. Aan die einde moet mens seker kies want geen mens kan lank so 'tussen-in' bly lewe sonder om allerhande probleme op te tel nie. Dink maar net aan n mens se integriteit en so aan.
Laat ek dan kies vir die artikel as n kritiek teenoor n soort hermeneutiek en teologie. So gesien is die artikel nie afbrekend nie. Hoekom kan die wat Angus navolg dan nie ook vanuit so n soort kritiek (teenoor die skrywer van die artikel) antwoord nie? Die kommentare sover onderstreep net die legimiteit van die aannames wat die artikel maak. Ek het ook al na om Angus geluister op sy TV verskynings en ek moet se, wanneer dit kom by n worsteling met hedendaagse geestelike, politieke en sosiale probleme dan is Oom Angus se hermeneutiek net te oppervlakkig om enige blywende oplossings te bied. En oppervlakkig beteken nie dat die een se geloof teenoor die ander gestel word nie maar dat een soort hermeneutiek net eenvoudig n meer verantwoordelike manier is van dinge doen vandag as n ander soort. Dit gaan dus nie oor n kompetisie waar een se geloof teenoor n ander gestel word nie maar dit gaan oor die soort teologie en hermeneutiek wat gebruik word en die onderliggende aannames wat moet bepaal in hoe n mate dit 'verantwoordelike antwoorde' kan verskaf aan gelowiges vandag. In die opsig is die artikel geslaagd deur die tekortkominge van oom Angus se verkondiging uit te wys.
Noudat ek 'gekies' het, wil ek ook se; hy doen tog goeie werk. Eerder iets as niks. Maar die probleem is dat geen verkondiging sonder n sekere soort 'bril' kom nie. En die 'soort bril' is die probleem. So lewe ons partykeer maar 'tussen-in' wanneer dit by God kom.
|
|
se kommentaar op 16 Jun 2010 9:06:57 AM PST
Christo Lombaard reflekteer die tpiese nie in voeling met die wêreld teoloog wat diegene wat probeer om 'n verskil te maak in 'n slegte lig te stel. Genadiglik is die tyd verby dat Geesvervulde Christene hulle deur akademici laat rondruk en manipuleer. Hoera vir elke Angus Buchan wat bereid is om te staan vir die Meester !!!
|
|
se kommentaar op 17 Jun 2010 12:54:06 AM PST
Ek verstom my oor 'n aantal geestelike verskynsels, waarvan die Mighty Men-konferensies een is. Skielik is daar 'n geweldige aandrang om te glo die aarde is nét 6000 jaar oud en in 6 dae geskape, soos Genesis sê. As jy dit nie glo nie, glo jy eintlik niks, want jy betwyfel mos die Waarheid van die Woord. Nét die 1953-vertaling is vir party gesaghebbend, of jy kan volg wat daar staan, of nie. Skielik besef vrouens hoe onderdanig hulle moet wees, hoewel jy dit nie aan enige spesifieke optrede sal sien nie. En mense wat jy alledaags sien met roekelose lewens, maak die vroomste aanhalings op Facebook. Die tradisionele kerke loop leeg, en mense bedryf 'n soort privaatgodsdiens, waarin hulle verbruikers is, en "rondshop" vir die beste diensverskaffer. As NG-lidmaat is dit goed wat my bekommer. Mense verlaat die kerk, om enkelvoudige, halfdeurdagte waarhede elders, met geesdrif, te ontvang.
Soveel as wat ek in opsigte met bostaande artikel saamstem, dink ek die neerbuigende uitgangspunt daarvan is tekenend van dit wat mense van teologie, en daarmee die kerk, wegdryf. Teologie en Opvoedkunde is wetenskappe waarin die leek 'n spesiale plek het. Elke ouer met genoeg liefde kan sy/haar kinders goed opvoed. Elke Bybelleser kan God dien. Opvoedkundiges en teoloë wat neerbuigend is oor lekepogings, moenie goeie ontvangs verwag nie. Jesus van Nasaret was nie 'n skrifgeleerde nie, en ook nie sy dissipels nie. Dat die skrifgeleerde Paulus 'n onmeetbare bydrae gelewer het, vergeet die anti-teoloë maklik - maar ons aanbid vir Jesus.
Ek hoop die gesprek gaan voort.
|
|
se kommentaar op 17 Jun 2010 5:21:23 AM PST
Baie dankie Christo, uitstekend! Jou waarneming en artikel is in die kol. Die reaksie wat dit uitlok is in 'n sekere sin voorspelbaar. Dit wek 'n soort emosionele weerstand op, tipies. Sommige is ongelukkig, omgekrap, teleurgesteld, selfs ontugter, hoe kon jy? En dis tipies die probleem tussen wetenskaplike en doodgewone alledaagse kennis. Buchan en diesulkes gebruik die Bybel op 'n vlak van alledaagse kennis. Dit maak die Bybel op 'n manier verstaanbaar. Alledaagse kennis is gegrond op ervaring. Wetenskaplike kennis is gegrond op navorsing. Iemand met alledaagse kennis sal byvoorbeeld uit ervaring sê "Ek dink jy het verkoue" 'n Dokter sal hierteenoor uit 'n navorsings perspektief dalk tot 'n heeltemaal ander gevolgtrekking kom vir dieselfde persoon met die verkoue kenmerke en dan gevolglik medisyne voorskryf vir suksesvolle genesing.
Dit beteken dat die doodgewone mens op straat die waarde en funksie van wetenskaplike navorsing moet besef en dat die wetenskaplike eksegeet nie die Bybel as irrelevant en ontoeganklik moet afmaak nie, maar as betroubaar mits dit verantwoordelik gebruik word. Die teoloog as wetenskaplike moet sy kennis op so 'n manier aanwend dat dit betekenisvol is vir die doodgewone mens in die alledaagse lewe. Groetnis!
|
|
se kommentaar op 28 Jun 2010 5:10:09 AM PST
Ja Daniel. Swak bly maar swak. Soos n vorige persoon Wynand se. Julle vergeet jesus was nie n skrifgeleerde nie. He sou hy aan sy kennis gekom het. Dalk skelm by n Skrifgeleerde opgevoed wees. Komaan, ons het nie wetenskaplikes nodig om die Woord van God te verkondig nie. Hulle doen dit nie. Sit in sommige kerke dan gaan dit net oor gele, geld, geld. jy kry nie behoorlike boodskap of kos vir jou siel nie. So wat maak jy dan in die kerk. Jy kan net sowel maar joy geld elektronies oordra en self jou Bybel by die huis bestudeer. Spaar jou tyd en sal nie vervelig raak nie.
|
|
se kommentaar op 30 Jun 2010 11:54:57 PM PST
Paul,
Netso terloops, die Woord van God het nie te make met wat gelees of gepraat word nie. God is aan die werk daar waar iets gebeur. Dit gaan eerder oor 'n soort ervaring. Ek stem nie met jou saam nie. Ons het wetenskaplikes nodig. Netsoos wat ons dokters nodig het wat kundiges is op die gebied van die medisyne, netso het ons Bybelwetenskaplikes nodig wat hulle sout werd is. Bybelwetenskaplikes wat nie gebreinspoel word deur die kerk nie. Groetnis!
|
|
se kommentaar op 17 Jun 2010 6:23:02 AM PST
Christo, jy slaan die spyker op die kop! Erens anders het 'n artikel in dieselfde lyn gelees met die titel: "Geloof soos Aartappels kweek koolkoppe" dalk is dit 'n bietjie kras. Nietemin, jou skrywe laat mens dink en wonder.
|
|
se kommentaar op 17 Jun 2010 8:41:28 AM PST
Danie: Ek kon bykans nie glo wat ek lees nie, vir my is daar nie n sterker getuienis as "jou eie storie" nie, want God praat met my deur sy Woord, deur teoloe, deur kleingroepe, deur individue, deur persoonlike ervarings, deur Angus, ja ek hoor en sien Hom veral ook in sy handewerk. Ek sukkel om enigiets hiervan in die artikel raak te lees. Ps 23 klink nogal anders wanneer iemand wat die Herder persoonlik ken dit voordra as andersins. groete en dankie Here vir iemand met die geloofsmoed van Angus Buchan.
|
|
se kommentaar op 17 Jun 2010 1:51:33 PM PST
Genugtig broers, sien julle dan nie dat daar twee aspekte van dieselfde saak hier ter sprake is nie? Julle kan tog nie verwag dat 'n tiener wat in 'n liefdesverhouding betrokke is, dieselfde taal, insig, terminologie en akademiese verwysingsraamwerk gebruik as 'n sielkundige wat ook huweliksterapeut en seksuoloog is nie. Beide beskryf plus minus dieselfde ding, maar aarde, wat 'n heerlike verskil - veral vir die tiener! Ek dink nie die tiener is veronderstel om in die geleerde ou se taal, aan sy vriend wat nog soekend is, te verduidelik hoe hierdie ding werk nie. Dit maak dit nie minder gesaghebbend nie. Net so gaan die geleerde nie in 'n seminaar die tiener se taal en verwysingsraamwerk gebruik nie. Nie een van die twee is verkeerd nie. Die kleuter wat nog nie behoorlik kan praat nie en tegnies verkeerd is oor sy pa (wie hy dink die sterkste in die buurt is) is 'n in 'n heerlike ander verhouding met die pa as die mediese wetenskaplike wat tegnies korrek die pa kan beskryf, maar nie in dieselfde verhouding - of moontlik geen verhouding - met die pa is nie. Dit is nie dieselfde vir die kind wat in sy pa se oë kyk en warm liefde en deernis ervaar (al kan hy dit nie verwoord nie) en die oftalmolog wat die pa se oog in detail tegnies korrek kan beskryf nie. Indien die mediese wetenskaplike die ouer broer is, is daar wel verhouding: meer betekenisvol, gekleur deur meer akkuraatheid, maar daarom ook miskien gebrekkig aan eenvoudige bewondering.
My indruk is dat dat beide standpunte wat hierbo beredeneer word, verskillende aspekte van dieselfde ding aanspreek en dus nie met mekaar vergelyk kan word nie. Hoe laf die bg. sielkundige wat die tiener verwyt en hoe laf die tiener wat dink die sielkundige weet nie waarvaan hy praat nie.
|
|
se kommentaar op 18 Jun 2010 6:29:19 AM PST
"Herlewingskultuur"?
Dit is baie kenmerkend in postmoderne teologie om alle bonatuurlike verskynsels te ver-natuurlik en uit te druk in sosiaal-wetenskaplike, sielkundige of ander naturalistiese kategorieë. Ek sou graag wil weet watter rol speel die bonatuurlike (metafisiese) in Lombaard se teolgie. Is daar in sy verstaan ruimte vir werklike Goddelike ingryping, vir werklike herlewing wat deur die Gees van God gelei word? Is God vir Hom 'n werklike, lewende Persoon met wie ons vandag in 'n lewende, wederkerige, persoonlike verhouding kan tree, of is "God" soos by baie ander teoloë ook maar net 'n drieletterwoord wat hulle aan die "onverklaarbare" toeken, wat hulle nie andersins met die wetenskap of die rede kan verklaar nie?
|
|
se kommentaar op 22 Jun 2010 6:28:47 AM PST
Ek wil reageer op beide Christo se artikel en Henning se evaluering.
Ek dink Christo slaan die spyker op die kop, maar as jy jou uitgee vir 'n Chappie, gaan jy gekou word. Ek dink jy moes die reaksie verwag het.
Vir Henning wil ek vra: Een of ander tyd kan die tiener groot word en gaan met ander belewenisse en kennis na sy verhouding begin kyk. Is dit billik om die tiener bloot te stel aan daardie krasse ontnugtering. Ek is boos oor die feit dat dominees en teoloe die aartappel geloof kan aanhang en verkondig en veral verdedig.
Dit is die dominee se plig om met deernis na alle lede van sy gemeente om te sien, van die eenvoudigste Buchan gelowige tot die postmoderne ateis. Dit is die dominee se plig om nie te oordeel nie, maar om onvoorwaardelik te aanvaar.
Die Buchan geloof is oppervlakkig, emosioneel, selfsugtig en kortsigtig. Maar dit het 'n plek. Ons sal net baie versigtig moet wees om te sien dat geloof nie daar begin en eindig nie. On sal diegene wat nie saamstem nie, nie saam jubel nie, nie saam offer nie ook moet kan akkommodeer.
Ek was nie.
|
|
se kommentaar op 05 Jul 2010 11:17:19 AM PST
Dankie vir die artikel en al die kommentaar, alles is insiggewend, veral ten opsigte van die emosies wat betrokke is.
Ek wil nie nog 'n analise van die byeenkomste gee nie, tog is daar twee of drie sake wat ek graag wil noem.
Die metanoia-gebeurtenisse op die geleenthede. Dit is goed en wel, tog wonder ek hoeveel daarvan werklik denke-vernuwend is en 'n blywende leefstyl en ingerigtheid verskil maak. Ek ken 'n paar ouens wat daar was, dit goed beleef het, metanoia beleef het, en tog nogsteeds presies dieselfde is as voor die naweek. Het die bekeringsmoment dan so goedkoop geword?
Tweedens, die evaluerings sterre. Is die sterre vir die kwaliteit van die geskrewe stuk of 'n aanduiding van hoe elkeen oor die saak voel, 'n referendum as't ware. Wanneer jy nie saam stem nie, 1 ster, en indien jy baie saam stem, 5 sterre? Ek sou dink dit is eerder vir die kwaliteit van die werk, hoe meer die sterre, hoe beter geskryf; of ek nou saam stem of nie.
Laastens, al weer die aansprake op 'n gewone dominee, nie-teoloog, teoloog met sekere kwalifikasies ens. Elke persoon wat nadink oor God, die Skrif en verwante sake is 'n teoloog, met of sonder kwalifikasie. Elkeen bedryf 'n sekere teologie, verwoord of nie, genuanseerd of nie. Daar is nie so iets soos "Ek lees maar net die Bybel en glo dit soos dit staan" nie. Almal, en ek bedoel almal, is besig met 'n interpretasie of te wel 'n teologie. Sommige is net bewus daarvan, ander nie.
Wat my pla van Oom Angus se teologie; dit is te maklik, te eenvoudig, te optimisties. Ek dink die Prediker, vir een, sou nie te gemaklik gewees het met 'n Buchan-teologie nie. Oom Angus doen goed ook, maar dit is een kant van die muntstuk; dalk is die saak wat deur die artikel aangeraak word, die ander kant.
My beskeie opinie.
|
|
se kommentaar op 11 Aug 2010 11:46:16 PM PST
'n Gedig deur Angus Buchan wat nie oogklappe vir probleme wys nie, maar Hoop in Jesus.
OUR BELOVED AFRICA
A land of such contrasts.
Much death,
much love.
So harsh
yet so gentle,
so sensitive.
A land which has the most incredible sunrises,
and most beautiful sunsets.
A land of the most diverse cultures and ethnic peoples,
Each one bringing to the tapestry
such beautiful colours of love, passion, patience,
determination, striving, failure and success.
Africa, my beloved Continent.
It is a deeply spiritual place
where the acknowledgement of God
has always been known by its people;
where men and women came from over the seas
to tell us His Name, "Jesus the Christ".
How we have embraced that truth
with everything that is within us.
We have died for Him,
been martyred for Him,
and now we are taking Our Nkosi
to the peoples of the earth who have forgotten Him!
Our beloved Africa sheltered the "Christ Child"
when His mother and father fled the tyranny of evil in Israel.
And now, as Jesus is preparing to return to earth
to claim His own, we are once again blowing the trumpet,
warning the peoples of the earth to turn back
to Almighty God.
There is an urgency in the land which is unprecedented
anywhere else in the world.
Africa knows the King is returning soon,
and our eyes are lifted up towards the clouds.
We see the signs so very evident in our continent:
Signs of war and violence, of hunger and drought,
of floods and disease, of poverty and greed.
The travesties of injustice, anger and greed
cause us to look up and inward,
to prepare ourselves for the soon-coming King.
While the world continues to seek for peace
and well-being in their own wisdom and strength,
their own efforts,
they are truly being horribly deceived by the ruler of this world.
My beloved Africa,
There is nowhere else I would rather be in this earthly life
than to be resident in you.
Irrespective of all the suffering I see around me,
the unfairness, the abuse, the inequality,
yet to live here is to live in reality.
All else is living a lie.
And so, by the grace of God, through Jesus Christ,
I will endeavour with everything that is within me,
to make my beloved Africa a better place
for all peoples to live in;
to introduce its people to their Creator,
to combat hatred.
With God's love,
where there is hopelessness, to bring vision.
Where there is brokenness and pain,
to bring healing and joy.
Because, as the people of Africa put their complete focus
back on God then, indeed, she will arise and shine,
and the glory of the Lord will come upon her,
and the continent which has for so long
been called the dark continent,
shall have its name changed for ever
to the Continent of Light,
for the Lord Jesus will arise over us.
Amen.
|


Author)