Moyshe Shagal is die oudste van nege kinders in ‘n arm, dog hegte en gelukkige Joodse – of liewers Jiddisje gesin. Sy vader, Khatskl – of Sahar - maak ‘n lewe deur harings te verkoop. Hy werk verskriklik hard, so hard dat hy saans oor sy ete aan die slaap val, maar verdien nie juis genoeg om siel en liggaam van die gesin aanmekaar te hou nie. Sy moeder, Feiga-Ita is - tipiese Jiddisje mama - die eintlike steunpilaar. Teenoor haar lewensmoeë man is sy borrelend en vol energie: sy hou ‘n kruidenierswinkel aan en verhuur eiendom om haar man se karige inkomste aan te vul.
Vir Moyshe is die loopbaan as kunstenaar nie vanselfsprekend nie. Tipies Joods en getrou aan die voorskrifte van die Torah, word geen ‘gesnede beeld of enige gelykenis’ van wat leef of beef in die Shagal-huishouding geduld nie. Hoogstens enkele familiefoto’s. Verder mag Joodse kinders ook nie Russiese skole bywoon nie, en jong Moyshe, net soos ander klein Joodjies gaan na die ‘cheder’ waar hy Hebreeus en Bybel leer. Toe hy 13 word, maak sy ondernemende ma egter ‘n plan: sy gee die Russiese skoolhoof van
Marc Chagall sou nooit sy Russiese shtetl-agtergrond en sy godsdienstige Joodse opvoeding ontsnap nie. Hy word ‘n wêreldburger en ‘n wêreldberoemde kunstenaar wat ewe tuis in Parys, Berlyn,
Ten spyte van sy armoedige begin, ten spyte van twee wêreldoorloë, het Marc Chagall ‘n gelukkige gesinslewe. In 1915 trou hy met Bella Rosenfeld, die liefde van sy jeug, en ‘n jaar daarna word hul enigste kind Ida gebore. Die gesin is klein, maar baie geheg aan mekaar. Chagall se mooi vrou is dikwels die inspirasie en model vir sy werke, en tussen Ida en haar pa is die band ook besonder intens. Wanneer Bella in 1944 in
Dit is Ida wat die jong Virginia Haggard McNeil aan haar gebroke pa voorstel – om huis te hou en na sy basiese behoeftes om te sien. Vir hom word sy soos Henrickje Stoffels vir Rembrandt na die dood van sy Saskia, en onvermydelik, met verloop van tyd word hulle minnaars. Die saak is egter kompleks, want
In 1952 trou Ida met Dr Franz Meyer, ‘n kunshistorikus. Sy bekommer haar egter steeds oor haar pa wat nou alleen en ietwat onbeholpe is. Ida weet egter van iemand, en stel haar pa voor aan Valentina Brodsky (Vava), ‘n vrou met ‘n Russies-Joodse agtergrond wat ‘n suksesvolle modebedryf in
Alhoewel Parys vir hom die wêreld van die kuns oopgemaak het, verkies Marc Chagall om sy laaste jare in die suide van Frankryk deur te bring. Op die hoë ouderdom van 97 sterf hy op 28 Maart 1985 in St Paul de Vence en word en word op 1 April in die plaaslike begraafplaas begrawe. Sy beste vriende woon die begrafnis by, en ‘n baie ou vriend, die Jiddisje joernalis Leneman, sê die kaddish vir hom, die Joodse gebed vir die oorledene.