Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Boeke
-
Evaluering:




Gerda de Villiers
Gerda de Villiers se Artikels
Digkuns is ‘n persoonlike, intieme kunsvorm, en hoe vou die lig in, is dan ook geen uitsondering nie. Hierdie digbundel bestaan uit sewe afdelings wat meestal ingelei word deur ‘n aanhaling van ‘n ander skrywer of digter, of uit die Bybel.
See-scenes domineer die openingsverse waarin die skryfster ‘n intense bewussyn van haar omgewing laat blyk asook die effek wat dit op haar gemoedstemming het. Sy dink diep na oor die ouderdom en besef die eindigheid van bestaan, van momente wat vir ewig verby is. Mense en verhoudings is belangrik – die derde afdeling van die bundel word aan spesifieke persone opgedra wat sy of goed geken het, of op die een of ander manier ‘n invloed op haar lewe uitgeoefen het. Sy voer deurlopend dialoog óf met ander mense in haar lewe, óf met ander kunstenaars. En terwyl geel of wit tradisioneel kleure is wat met lig geassosieer word, is dit opvallend hoe baie ‘blou’ die skryfster in haar beelde gebruik. Die ‘lig’ van die titel is dan ook nie vanuit die staanspoor daar nie, veel eerder getuig die meeste verse van ‘n intense verlange na heelheid, na genesing van ‘n soort pyn.
Hoe vou die lig in deur Everline van Dyk is ‘n deurleefde bundel, waarvan die sirkels van lig treffend begin ontvou nadat ‘n mens dit deurgelees het. En dan maak die titel volledig sin.
Versprei die Woord
1 Reaksie op "Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk" 
|
se kommentaar op 09 Jun 2010 6:15:35 AM PST
Tannie Everline is volware 'n wonderlike digter!!!
|


Author)