Skepping en Evolusie
- Deur George Claassen
- Gepubliseer 12 February 2010
- Artikels
-
Evaluering:




George Claassen
George Claassen se Artikels
Die klippe roep dit uit...
Genoeg bewyse bestaan ter ondersteuning van Charles Darwin se evolusieteorie.
Dié basiese feit in gerekende wetenskaplike kringe wat die waarheid van die teorie vandag nie eens meer debatteer nie, is in 2009 as ’n vraag gestel aan meer as 10 000 volwassenes van 10 lande deur die British Council se Darwin Now-opname. Die lande wat ingesluit is by die opname, as deel van die 200ste herdenking van Darwin se geboorte en die 150-jarige herdenking van die publikasie van On the Origin of Species, was Argentinië, China, Egipte, Indië, Mexiko, Rusland, Suid-Afrika, Spanje, Groot-Brittanje en die VSA.
In selfs nie een van die lande glo meer as 50% van die bevolking genoeg bewyse bestaan om Darwin se teorie te ondersteun nie. In die lande betrek by die opname, was die mees ingeligte bevolkings oor die oorweldigende bewyse wat bestaan vir evolusie as wetenskaplike feit, Brittanje en Mexiko (net meer as 45%) en China (39%). Net 42 persent – twee uit vyf lede van die bevolking – Suid-Afrikaners glo evolusie is ’n feit. Net Suid-Afrika en Egipte het swakker gevaar om die prys te kry vir die mees oningeligte en onkundige nasie met betrekking tot wetenskaplike feite tussen die tien lande.
Hoe is dit moontlik dat waarskynlik die belangrikste wetenskaplike ontdekking en teorie wat tot op hede gemaak en ontwikkel is, vandag steeds so verkeerd begryp en uit verband geruk word en waaroor soveel verkeerde daagliks inligting versprei word deur intelligente mense? Darwin is in 1809 gebore en toe sy teorie, vandag oor en oor bewys deur direkte empiriese navorsing en gepubliseer in derduisende portuurgeëvalueerde publikasies, die eerste keer in 1859 bekend word, het dit ’n “universele suur” geword, so “corrosive that it will eat through everything,” soos die Amerikaanse wetenskapfilosoof Daniel Dennett dit beskryf in sy boek, Darwin’s Dangerous Idea. “Darwin’s idea – bearing an unmistakable likeness to universal acid: it eats through just about every traditional concept, and leaves in its wake a revolutionized world-view, with most of the old landmarks still recognizable, but transformed in fundamental ways.”
’n Paar feite oor evolusie en dié wetenskaplike teorie se verhouding met ’n skeppingsidee en gevolglike skepper-filosofie illustreer hierdie toedrag van sake.
1. Evolusie is nie ’n geloof nie.
Een van die gereelde aanklagte wat teen mense gemaak word wat evolusie as geldige wetenskap aanvaar, is dat hulle godloos is en aanhangers of selfs “aanbidders” is van die evolusie-geloof, as sou evolusie ’n alternatiewe vorm van godsdiens wees. As dit waar is, dan is elke aanvaarde wetenskaplike teorie ’n geloof en ’n vorm van aanbidding. In ’n sekere, maar mindere mate word die oerknalteorie ook soms oor dieselfde kam geskeer as sou dit die oerknalgeloof wees.
Maar waarom dan nie die relatiwiteitsgeloof, of die geloof in termodinamika, of swaartekrag, of die kiemteorie van Pasteur, of Bernoulli se teorie oor lug- of vloeistofdruk nie?
Toe ek met die vliegtuig na Johannesburg vlieg vir hierdie byeenkoms, het ek my vertroue geplaas in ’n wetenskaplike teorie, die beginsel deur die Switserse fisikus Daniel Bernoulli (1700-1782) bepaal dat soos die snelheid van ’n vloeistof of gas toeneem, die druk daarvan daal; of dat wanneer die snelheid daal, die druk toeneem. Dit is die rede waarom vliegtuie kan opstyg met stadiger vloeiende lug onder die vlerke (hoër druk) en vinniger vloeiende lug bokant die vlerke (laer druk).
Dit beteken nie dat ek die Bernoulli-beginsel as ’n geloof aanhang nie.
Dit is egter insiggewend dat die twee aanvaarde en bewese wetenskaplike teorieë wat gereeld as gelowe gebrandmerk en beskryf word deur irrasionele mense, juis die twee is wat die bestaande skeppingsgeloofsorde van die monoteïstiese godsdienste in hul wese aantas, naamlik die evolusieteorie en die oerknalteorie.
Om ’n teorie verdag te maak, beteken egter nie dit is nie waar en geldig nie. Al kriterium wat hier ’n rol moet en behoort te speel, is of daar genoegsame bewyse is.
2. Evolusie is nie maar net ’n teorie nie.
’n Mens hoor so dikwels – en ek word herhaaldelik deur mense vertel wat beangs is oor die implikasies wat Darwin se bevindings op hul geloofsisteem mag uitoefen, dat evolusie bloot ’n teorie is. Toe The Origin of Species die eerste keer in 1859 die lig sien, verklaar die vrou van ’n bekende biskop in Engeland aan haar man, “Oh me dear, let us hope that what Mr. Darwin says is not true. But if it is true, let us hope that it will not become generally known!”
Die leier van die internasionale span wetenskaplikes wat die menslike genoom in 2001 gekarteer het, dr. Francis Collins – ’n bekende gelowige – skryf hierdie verskynsel toe aan wat hy noem “a simple misunderstanding of the word ‘theory’”.
In sy topverkoper boek, The Language of God – A Scientist Presents Evidence for Belief, skryf Collins “Critics are fond of pointing out that evolution is ‘only a theory,’ a statement that puzzles working scientists who are used to a different meaning of that word.” Collins wys op die woordeboekdefinisies van “teorie” as
1. “a speculative or conjectural view of something;
2. fundamental principles underlying a science, art, etc.: music theory, theory of equations.” (volgens Funk & Wagnalls se Dictionary of English).
Op dieselfde wyse toon HAT, die Verklarende Handewoordeboek van die Afrikaanse Taal, ook hierdie duidelike verskil aan:
1. “Grondreëls van ’n wetenskap om waargenome feite of verskynsels te verklaar;
2. voorstelling in ’n mens se gedagte sonder om rekening te hou of voordat rekening gehou is met die werklikheid.”
Collins skryf verder: “The examples reported here from the study of genomes, plus others that could fill hundreds of books of this length, provide the kind of support for the theory of evolution that has convinced virtually all working biologists that Darwin’s framework of variation and natural selection is unquestionably correct. In fact, for those like myself working in genetics, it is almost impossible to imagine correlating the vast amounts of data coming forth from the studies of genomes without the foundations of Darwin’s theory.”
Jerry Coyne, genetikus van die Universiteit van Chicago, benadruk in sy topverkoper Why Evolution is True twee belangrike punte oor dié wanopvatting dat evolusie net ’n teorie is.
1. “First, in science, a theory is much more than just a speculation about how things are: it is a well-thought-out group of propositions meant to explain facts about the real world ... (T)he theory of evolution is more than just the statement that ‘evolution happened’: it is an extensively documented set of principles that explain how and why evolution happens.
2. “For a theory to be considered scientfic, it must be testable and make verifiable predictions.”
Dit beteken dat wetenskaplikes in staat moet wees om waarnemings oor die werklike wêreld te kan maak wat die teorie ondersteun of verwerp. Omdat ’n teorie net as “waar” aanvaar word as die teorie se aansprake en voorspellings oor en oor getoets is, en ook herhaaldelik as korrek bevestig word, is daar nie ’n spesifieke moment wanneer ’n wetenskaplike teorie skielik ’n wetenskaplike feit word nie. So word ’n teorie ’n feit (of ’n “waarheid”) wanneer soveel bewyse ten gunste daarvan opgestapel is – en daar geen beslissende bewyse daarteen is nie, dat omtrent alle rasionele mense dit aanvaar, aldus Coyne.
Wetenskaplikes toets hul teorieë teen alternatiewe teorieë. Kom ons neem die Jong Aarde-kreasioniste se vaste geloof dat die Aarde net tussen 6 000 en 10 000 jaar oud is en weeg dit in die lig van wat ons weet oor kontinentale wegdrywing. Die meeste van ons is deeglik gefassineer deur die satelliettegnologie van die Globale Posisioneringstelsel, in die volksmond bekend as GPS. Oorweldigende, onbetwisbare bewyse bestaan dat die kontinente eens aan mekaar vas was, hoewel Alfred Wegener lank reeds dood was voordat John Tuzo Wilson se bevindings oor tektoniese plaatbeweging Wegener se teorie bevestig het. Oor kontinentale drywing sal net analfabete vandag van wetenskaplikes verskil.
Deur middel van GPS-waarneming weet ons die kontinente beweeg van mekaar weg teen snelhede van ongeveer 5 tot 10 cm per jaar. Maar, soos Coyne tereg aantoon, as ons die Jong Aarde-kreasionisme van ’n Aarde van niks ouer nie as 10 000 jaar aanvaar, sou dit beteken dat as jy op die heuwels bo Lissabon op die weskus van die Iberiese Skiereiland staan, jy die wolkekrabbers van New York sou kon sien omdat Europa en Amerika bietjie meer as ’n 1,6 km van mekaar sou wegbeweeg het. Dink maar hoe Europeërs dan eerstehandse getuies van die aanval op die Twin Towers sou kon gewees het.
Die leidende Russiese bioloog Theodosius Dobzhansky stel dit effe anders as Collins, maar nie minder sterk ter ondersteuning van evolusie as kragtige wetenskaplike feit nie: “Nothing in biology makes sense except in the light of evolution.”
Vandag sit ons in die ernstige dilemma dat terwyl Charles Darwin se epogmakende werk 151 jaar gelede ons konsep van die wêreld onomkeerbaar verander het, daar steeds miljarde mense is wat glo evolusie is net ’n teorie, nie ’n feit nie. Maak nie saak wát die wetenskap sélf oor evolusie te sê het nie. En dat regerings en die gewone burgerry daagliks besluite op grond van hierdie absurditeite neem. Ek haal net drie ander wetenskaplikes hieroor aan:
Jared Diamond, Amerikaanse evolusionêre bioloog, en Pulitzerpryswenner skryf, “Evolusie is die diepsinnigste en kragtigste idee wat die afgelope twee eeue uitgedink is.”
Dan die mening van Ernst Mayr, die Duitsgebore Amerikaanse evolusionêre bioloog, waarskynlik een van die grootstes sedert Darwin, en ’n duideliker uitspraak kan jy nie kry nie:
“Evolusie is die belangrikste konsep in biologie. Daar is nie ’n enkele Hoekom?-vraag in biologie wat ordentlik beantwoord kan word sonder om evolusie te oorweeg nie. Maar die belangrikheid van hierdie konsep strek veel verder as biologie. Die denke van moderne mense, of ons dit nou wil erken of nie, word radikaal beïnvloed – ’n mens word byna in die versoeking gestel om te sê, bepaal – deur evolusionêre denke,” skryf hy in What evolution is.
En dan die Britse bioloog, Julian Huxley: “Evolusie is die kragtigste en die omvattendste idee wat nog ooit op Aarde ontstaan het.”
Stel hier teenoor die verstommende menings van twee kerkvaders wat ongelukkig steeds deur soveel mense vandag in vyandskap teenoor rasionele denke herhaal (en geglo) word:
Eerstens die mening van die Duitse kerkhervormer, Philipp Melanchthon (1497-1560. ): “Hierdie mal mens Copernicus moet deur die een of ander Christelike prins onderdruk word.”
Of Johannes Calvyn, “Wie sal dit waag om die gesag van Copernicus bo dié van die Heilige Gees te stel?”
Ek wil dit herfomuleer in die idioom van die moderne kerk en moskee: “Wie sal dit waag om die gesag van Darwin, Penzias en Wilson, Mayr en die wetenskap bo dié van die Heilige Gees te stel?”
3. Evolusie is nie immoreel nie
Een van die gereelde beskuldigings wat anti-evolusioniste maak, is dat evolusie en bose ateïsme hand aan hand gaan en dan word as voorbeeld gebruik dat Hitler en Stalin hul moorddadige ideologieë gebou het op die superras- en supermensidee wat tot die dood van miljoene gelei het. Darwin word woorde in die mond gelê terwyl ek nog een anti-evolusionis moet raakloop wat inderdaad die moeite gedoen het om The Origin of Species of sy latere werke, ook The Descent of Man, te lees. Ek vind dit vreemd dat Christene so gerieflik Christus se bergpedikasie vergeet soos vervat in Matteus 7 en Lukas 6 oor die veroordeling van ander:
“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word” (Matteus 7:1).
My raad is, lees Darwin self voordat jy ’n oordeel oor wat hy eintlik geskryf het, maak. En lees ’n slag ook Hitler, hoe onaangenaam ook al, in sy eie woorde. Ek haal hom aan uit ’n toespraak van 1922, maar Mein Kampf is vol van soortgelyke geloofsuitinge oor sy Christenskap.
"My feelings as a Christian points me to my Lord and Saviour as a fighter. It points me to the man who once in loneliness, surrounded by a few followers, recognized these Jews for what they were and summoned men to fight against them and who, God's truth! was greatest not as a sufferer but as a fighter. In boundless love as a Christian and as a man I read through the passage which tells us how the Lord at last rose in His might and seized the scourge to drive out of the
Ek sou dink hierdie regverdigheidsbeginsel sou vanselfsprekend wees, veral by Christene wat voorgee hulle volg die liefdesopdrag uit en dat jy nie leuens mag vertel nie. Want kom ons wees maar brutaal eerlik: wanneer Darwin en evolusie ter sprake kom, versprei anti-evolusioniste – ek ys om te dink hulle is Christene – die verskriklikste leuens. Is dit ’n Machiavelliaanse benadering waar die doel die middel heilig dat jy leuens mag versprei in die naam van God?
Hoewel natuurlike seleksie die blinde meganisme is waardeur evolusie in die natuur plaasvind, bewys moderne studies oor evolusie, ja, ook deur Richard Dawkins, die nemesis van soveel gelowiges, dat morele oorwegings en ingesteldhede, asook omgewingsfaktore by die mens voorkeur geniet bo natuurlike seleksie sodra die mens ontwikkel van sy natuurlike natuurstaat na ’n staat van beskawing. Wat het Darwin werklik hieroor geskryf?
In The Descent of Man skryf hy:
“The aid which we feel impelled to give to the helpless is mainly an incidental result of the instinct of sympathy which was originally acquired as part of the social instincts, but subsequently rendered ... more tender and widely diffused. Nor could we check our sympathy, even at the urging of hard reason, without deterioration in the noblest part of our nature ... (I)f we were intentionally to neglect the weak and the helpless, it could only be for a contingent benefit, with an overwhelming present evil.”
Die mens het as spesie oor duisende jare ontwikkel, ook soos ander spesie deur natuurlike seleksie as die belangrikste dryfveer van evolusie. Maar Homo sapiens het ook juis altruisme as ’n soort sosiale instink ontwikkel en hiervan maak Dawkins omvattend melding in sy baanbrekerwerk, The Selfish Gene. Hy skryf:
“... it is a fallacy – incidentally a very common one – to suppose that genetically inherited traits are by definition fixed and unmodifiable. Our genes may instruct us to be selfish, but we are not necessarily compelled to obey them all our lives. It may just be more difficult to learn altruism than it would be if we were genetically programmed to be altruistic. Among animals, man is uniquely dominated by culture, by influences learned and handed down (p. 3) ... We are built as gene machines and cultured as meme machines, but we have the power to turn against our creators. We, alone on earth, can rebel against the tyranny of the selfish replicators” (p. 201).
Gelowiges beweer ons het die morele kompas van godsdiens nodig en dat wetenskap, en spesifiek evolusie, ons daarsonder tot niet sal laat gaan. Navorsing vandag toon duidelik dat godsdiens nie die alleenreg op moraliteit het nie. Marc Hauser, professor in psigologie en biologiese antropologie en direkteur van die Cognitive Evolution Laboratory aan Harvard-universiteit, sê in ’n onderhoud in die 3 Maart 2007-uitgawe van New Scientist:
“What interests me is the assumption that morality and religion are synonymous. The evidence we have suggests that having a religious background makes no difference to your moral judgment.”
In ’n artikel op 20 Maart 2007 in die wetenskapbylae van The New York Times, skryf die wetenskapverslaggewer Nicholas Wade oor onlangse navorsing onder sjimpansees en ander primaatspesies die volgende oor die mens en veral teoloë en filosowe se verkeerde aanspraak dat moraliteit ’n uniek menslike kwaliteit is:
“Some animals are surprisingly sensitive to the plight of others. Chimpanzees, who cannot swim, have drowned in zoo moats trying to save others. Given the chance to get food by pulling a chain that would also deliver an electric shock to a companion, rhesus monkeys will starve themselves for several days. Biologists argue that these and other social behaviors are the precursors of human morality. They further believe that if morality grew out of behavioral rules shaped by evolution, it is for biologists, not philosophers or theologians, to say what these rules are.”
Terwyl ons in ’n wêreld leef waar oorlog nog ’n allesoorheersende menslike kenmerk is, aangevuur deur Homo sapiens as spesie, is daar genoeg navorsing wat bewys dat ons as sogenaamde hoogste orde van God se skepping maar gerus kan gaan leer by ander primate hoe om vrede te maak. Gaan lees gerus die epogmakende werk, gebaseer op 15 jaar se navorsing van primate, deur die Nederlandse en deesdae Amerikaanse bioloog en etoloog Frans de Waal. Hy skryf in sy bekroonde werk, Peacemaking Among Primates, soos volg:
“Forgiveness is not, as some people seem to believe, a mysterious and sublime idea that we owe to a few millennia of Judeo-Christianity. It did not originate in the minds of people and cannot therefore be appropriated by an ideology or religion. The fact that monkeys, apes, and humans all engage in reconciliation behaviour means that it is probably over thirty million years old, preceding the evolutionary divergence of these primates ... (R)econciliation behaviour must be seen as a shared heritage of the primate order. Our species has many conciliatory gestures and contact patterns in common with the apes (stretching out a hand, smiling, kissing, embracing, and so on). Language and culture merely add a degree of subtlety and variation in human peacemaking strategies” (pp. 270-271).
4. Evolusie (en wetenskap) soek nie die vingerafdrukke van God nie.
Gelowiges gebruik aanhoudend die argument dat die wetenskap nie die bestaan of nie-bestaan van God kan bewys nie. Dit is ’n veilige skans waaragter geen rasionele en intelligente mens behoort te skuil nie. Dit is nie die wetenskap se plig en doel om God se bestaan te bewys nie. Soos die wetenskaplike van Yale-universiteit, Robert Dorit, dit in ’n artikel in Scientific American gestel het, “die wetenskap soek nie die vingerafdrukke van God nie”. Dit is egter wel die plig van gelowiges om vir ons in ’n rasionele wêreld hul bewyse voor te lê vir die bestaan van die gode waarin hulle glo en waarvoor hulle aanhoudend beskerming vra teen kritiese vrae.
Is dit nie tyd dat skeppingsreligie kers begin opsteek by die moderne wetenskap, en dan spesifiek by evolusie nie? Kan ’n sogenaamde morele samelewing gegrond op voorskrifte uit die Bybel en die Koran, nog die gruwels duld wat in die naam van amptelike heilige en kerklike voorskrifte steeds gepleeg word, ondanks die bevindings van die wetenskap? Kom ek noem net een voorbeeld, die kerk en moskee en gelowiges se standpunt oor gays.
Navorsing het reeds lankal die genetiese verband van gay-wees aangetoon, en argumente dat die mens die enigste spesies is waarin homoseksualiteit voorkom en dat ander “diere” dit nie beoefen nie, is doodgewoon en blatant verkeerd. Enige primaatwetenskaplike sal kan aantoon hoe algemeen homoseksualiteit by sekere primate soos sjimpansees en bonobo’s is. Maar die wetenskap word liefs en gerieflik geïgnoreer terwyl gays in Iran en ander Moslemlande gestenig en opgehang word en hier by ons en in ander sogenaamde Christenlande deur die kerk uitgeban word. Of blootgestel word aan die ergste sosiale viktimisering van gelowiges wat gays se genetiese aard probeer regbid, of hulle van religieuse poste ontneem waar hulle as mense ’n belangrike bydrae kan lewer.
Evolusie en die wette van die natuur beteken ook ongelukkig dat die natuur nie so mooi is as wat skeppervoorstanders aanhoudend voorhou wanneer rampe ons tref nie. Hieroor skryf Robert Todd Carroll, Amerikaanse akademikus, skeptikus en uitgewer van The skeptic’s dictionary:
“Die argument van ontwerp is een van die ‘bewyse’ vir die bestaan van God. In sy basiese vorm lei dié argument uit die intelligente orde en geskape skoonheid van die heelal af dat daar ’n intelligente Ontwerper en Skepper van die heelal is. Kritici van die argument wys daarop dat dit aanneem wat nog bewys moet word: Dit aanvaar die heelal is ontwerp sodat bewys kan word dat dit die werk van ’n ontwerper is. Die argument onderdruk ook bewyse: Met al sy skoonheid en grootsheid is die heelal ook vol, om dit sagkens te stel, aaklighede. Om meer spesifiek te wees: babas wat sonder ’n brein gebore word, goeie mense wat verskriklik swaarkry en ly aan neurofibromatose, bose mense wat in die son lê en hul mag en reputasie geniet, ensovoorts. Vulkane wat uitbars, aardbewings wat die planeet laat skud, orkane en tornado’s wat daagliks duisende lewens eis. Om te sê, soos heelwat voorstanders van Ontwerp doen, dat dié aaklighede net vir ons aaklig lyk omdat ons onkundig is oor God se plan en visie en dat ons nie kan weet hoe goed dié aaklighede werklik is nie, is selfweersprekend. As ons nie kan weet wat goed is en wat nie, kan ons nie weet of die ontwerp, indien dit ooit bestaan, goed of sleg is nie.”
Ons staan vandag by ’n waterskeiding waar religie en gelowiges kennis sal moet neem van die bevindings van die wetenskap en evolusionêre biologie, nie net wanneer dit hulle pas nie – dink maar aan die wyse waarop medisyne aanvaar en gebruik word – of die gevaar staan om in irrelevansie te verval. Predikante, teoloë, imams en gelowiges kan nie langer mekaar en medelidmate mislei deur te maak asof evolusie die olifant in die katedraal of moskee is waaroor daar liefs nie gepraat moet word nie – of waaroor daar maar lustig leuens versprei kan word.
Die bygelowige beheptheid van die mens om dit wat ons nie kan verklaar nie aan God toe te skryf, is die irrasionele, maklike, onkritiese en nie-ondersoekende weg: Gideon Joubert het dit gedoen in sy topverkoperboek, Die Groot Gedagte. En ongelukkig ook Leon Rousseau in Die Groot Avontuur. En daagliks sien ons dit in die Afrikaanse media in die woorde en uitsprake van vooraanstaande Afrikaanse rubriekskrywers en leiers soos Wilhelm Jordaan, Eugène Cloete, Louw Alberts en ander wie se gesigte ek hier in die gehoor waarneem.
Die bewyse vir evolusie het nou so oorweldigend geword dat heelwat gelowiges dit selfs aanvaar. Maar die nuwe manier om verby die aaklige werklikheid van evolusie te kom (aaklig vanuit die oogpunt van die skeppingsverhaal van die Bybel), is om die vae idee van ‘n Intelligente Ontwerper voor te stel. Hierdie Intelligente Ontwerper het dan kwansuis evolusie ingespan vir die skepping om te ontwikkel. Wie hy of sy is, word nie openlik gesê nie, hoewel die Discovery Institute in Seattle, die groot propageerders van Intelligente Ontwerp, reeds in ’n onbewaakte oomblik erken het dit kan net die God van die Christelike godsdiens wees.
Jerry Coyne verklaar hierdie nuwe verskynsel so: “Die werklike oorlog is tussen rasionaliteit en bygeloof. Wetenskap is maar een vorm van rasionaliteit, terwyl godsdiens die algemeenste vorm van bygeloof is.” Hy gaan verder: “As die geskiedenis van die wetenskap ons iets wys, is dit dat ons nêrens kom deur ons onkunde ‘God’ te noem nie.”
Dit sluit aan by wat die Britse fisikus William Bowen Bonner oor die wetenskaplike metode sê:
“Dit is die werk van wetenskaplikes om rasionele verduidelikings te gee vir al die gebeure in die werklike wêreld, en elke wetenskaplike wat dit aan God oorlaat om iets te verduidelik, is besig om sy taak te verloën. Dit is net so goed van toepassing op die begin van die uitbreiding (van die Heelal) as op enige ander gebeure. As die verduideliking nie dadelik gegee word nie, moet die wetenskaplike uitspraak voorbehou: maar as hy sy sout werd is, sal hy altyd vasstaan dat ’n rasionele verduideliking uiteindelik gevind sal word. Dit is die een stukkie dogmatisme wat die wetenskaplike homself kan gun – en daarsonder sal die wetenskap in gevaar verkeer om elke dag toe te gee aan bygeloof elke keer as ’n probleem vir ’n paar jaar nie opgelos kan word nie.”
Oor die wetenskap – en evolusie as geldige en deeglike bewese wetenskapsveld – se nie-soeke na die vingerafdrukke van ’n skepper-god, gee die Nobelpryswenner Steve Weinberg ’n interessante perspektief:
“It’s a consequence of the experience of science. As you learn more and more about the universe, you find you can understand more and more without any reference to supernatural intervention, so you lose interest in that possibility. Most scientists I know don’t care enough about religion even to call themselves atheists. And that, I think, is one of the great things about science – that it has made it possible for people not to be religious.”
Religieë kan nie langer die werklikhede van wetenskaplike ontdekkings lukraak en selektief aanvaar, maar evolusie se bevindings en fisika se noukeurige radiodatering verwerp omdat dit die skeppingsboodskap van heilige boeke weerspreek nie. Danksy evolusie weet ons vandag sonder twyfel dat oor die eerste 80 persent van die geskiedenis van lewe op Aarde, alle spesies uit sagte weefsel bestaan het, sonder skelette en harde doppe. Daarom is die fossielrekord so totaal onvolledig, net ongeveer 0,1 tot 1 persent van alle spesies wat al op Aarde gelewe het.
Danksy radiodatering deur fisici wat hoogs gesofistikeerde instrumente gebruik, weet ons dat die Aarde en ons sonnestelsel ongeveer 4,57 miljard jaar oud is, en die oudste rotse, gevind in Kanada, ongeveer 4,3 miljard jaar (ouer rotse is vernietig deur bewegings van die aardkors.)
Kom ek draai Christus se woorde teenoor die Fariseërs om wat die skare se lofuitinge probeer stilmaak het: “As hulle stilbly, sal die klippe uitroep.”
Die klippe van evolusie en fisika se bevindings roep lankal uit en dis tyd dat leiers in die kerk en moskee nie langer hul lidmate hieroor mislei nie. Die uitroepe van die wetenskap en evolusie se bevindings word daagliks in die klippe gelees.
Versprei die Woord
19 Reaksies op "Skepping en Evolusie" 
|
se kommentaar op 12 Feb 2010 10:04:31 AM PST
Mens kan amper nie glo dat dit nodig is om hierdie feite aan moderne teolo-de te stel nie. Ek moet nog die reaksies hierop lees.
|
|
se kommentaar op 12 Feb 2010 11:44:03 PM PST
So broodnodig om hierdie kennis te versprei. Maar hoe gemaak as jy nie mag nie, omdat iemand sal seerkry, omdat iemand ontsteld sal raak, omdat iemand....ad infinitum
|
|
se kommentaar op 14 Feb 2010 1:23:22 AM PST
Genetika is allesbehalwe 'n doodskoot vir God (prof. Veldsman se term) -- inteendeel dit is juis 'n wonderlike bevestiging van God se alvermoë. Genetiese kodes is geweldig ingewikkeld en moes boonop van die begin af gelyktydig 'n sender en ontvanger gehad het, want kode op hul eie is nutteloos. Kode het geen evolusionistiese rede om sonder 'n ontvanger te bly bestaan tot laasgenoemde eendag te voorskyn kom nie. Om te dink dat dit oorspronklik deur 'n toevallige proses soos evolusie tot stand gekom het, terwyl die statistiese kans onmoontlik klein is, bevestig ook maar dat evolusie 'n geloof is -- spesifiek die geloof dat daar geen Skepper betrokke was nie.
Die nuutste ontdekkings wys dat die genetiese kode nog ver meer kompleks is as wat enigiemand ooit kon dink. Dit wys dat die mens nog heeltemal te min weet om byvoorbeeld persentasies toe te ken aan DNS-ooreenkomste tussen verskillende organismes soos byvoorbeeld die mens en die sjimpansee. Die DNS-kode word nie slegs lineêr, in een rigting en opeenvolgend gelees, soos die letters en woorde in 'n boek nie. Dit word oorvleuelend gelees met verskillende begin- en eindpunte, en sommige kode word van voor na agter én van agter na voor gelees! Evolusioniste het op 'n stadium gedink dat die 97% van die menslike genoom (genoom verwys na al die genetiese inligting) wat nie instruksies vir proteïenvervaardiging bevat nie, nutteloos is en dus die oortollige oorblyfsels van evolusie is. Intussen is ontdek dat hierdie gedagte, soos met die saak van die sogenaamde oorblysel-organe, geheel en al verkeerd is, en dat meeste genetiese inligting meta-inligting is - met ander woorde inligting oor inligting, dus inligting oor hoe om die inligting te gebruik.
Kan enigiemand regtig met eerlikheid glo dat sulke multi-dimensionele kode bloot deur natuurlike prosesse te voorskyn gekom het? Vir my is dit duidelik dat wetenskaplikes wat nie eers intelligente ontwerp wil oorweeg nie, ondanks glashelder voorbeelde soos hierdie, dit doen om hul eie geloofsredes.
|
|
se kommentaar op 14 Feb 2010 7:59:18 AM PST
Dit is verbasend hoe naïef Claassen oorkom nie net t.o.v. die werklike kritiek vauit die skeppingswetenskap nie, maar ook t.o.v. sy hantering van die begrippe "bewyse" en "feite." Hy openbaar 'n uitgediende positivistiese wetenskapsfilosofie aan die een kant en gebruik populêre mistastings (d.w.s. karikature) van gelowiges aan die ander kant. Sien [url=http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=132&Itemid=14]Kommentaar op Claassen se 'Die klippe roep dit uit'[/url] vir meer inligting.
|
|
se kommentaar op 16 Feb 2010 2:32:54 AM PST
Dankie George vir hierdie samevatting - uitstekend! Na 10+ jaar se leeswerk (amper studie) het die evolusieteorie vir my die lig van rasionaliteit laat opkom. Die oerknalteorie is vir my ewe wonderlik. Die werklikheid van die biosfeer om my maak vir my baie meer sin en die insae hoedat tyd-ruimte ontwikkel het en al die elemente na die oerknal in sterre se pense gesintetiseer is, is intellektuele lekkertes.
Ek moet nog die kommentaar oor u artikel op hierdie website lees, maar ek het solank 'n ernstige versoek te rig aan teoloë (en ook aan Hennie Mouton en Philip du Toit): Ek kom uit die Christelike geloof en wil graag daarin bly. Die basis van ons geloofsbelydenis en formuliere wat op Gen. 1 tot 3 berus, is egter vir my nie meer aanvaarbaar nie. Ek versoek dat teoloë, in plaas van om wetenskaplikes se werk en teorieë met hulle beperkte insig in dié sake af te takel, liewers hulle energie inspan om die Bybel en ons geloofsbasis (vir die soveelste keer in die geskiedenis) te herinterpreteer sodat rasioneel-denkende Christene 'n geloofstuiste kan hê. Ek hoop regtig dis moontlik anders gaan die Kerk my en baie Christene wat soos ek dink, verloor.
|
|
se kommentaar op 16 Feb 2010 2:16:21 PM PST
Dankie Frik vir jou skrywe. Jy raak 'n paar belangrike beginsels aan. Dit interesseer my dat iemand wat homself 'n Christen noem, gemeet aan jou skrywe geen fout met prof. Claassen se ateïstiese uitsprake vind nie. So mag ek jou vra of jy saamstem met sy ateïstiese uitsprake en indien nie, hoe sou jy hom antwoord? Jy vind die basis van ons geloofsbelydenis en formuliere wat op Gen. 1-3 berus onaanvaarbaar. So vind jy dit onaanvaarbaar om God die Skepper te noem? Jy verwag van teoloë om vir die soveelste keer in die geskiedenis volgens jou, die Bybel te herinterpreteer. Tot hoe ver verwag jy moet die Bybel uiteindelik geherinterpreteer word? So ver soos die dominee van 'n Protestantse kerk in Nederland wat verkondig "God is vir my geen wese nie, maar 'n woord vir wat tussen mense kan gebeur"? Dis waarskynlik redelik in lyn met wat die sogenaamde nuwe hervormers in Suid-Afrika glo. Of gaan hulle darem te ver met hul hervertolking van die Bybel? Ek neem aan jy dink so want anders sou jy sekerlik al lankal by hulle 'n "geloofstuiste" gevind het. Moet slegs die bonatuurlike (soos die gebeure tydens die skeppingsweek) en wonderwerke in die Bybel hervertolk word? Of Jesus se maagdelike geboorte en opstanding uit die dood? Of dat Hy die enigste Verlosser is? Waar behoort die streep getrek te word, indien enigsins, volgens jou "rasionele denke"? Halfpad? Al die pad?
|
|
se kommentaar op 18 Feb 2010 2:03:30 PM PST
Frik, my eerste vraag is bloot of jy regtig glo dat God bestaan? As Hy vir jou net 'n idee is, dan sien ek vir jou geen nut daarin om in die Chistelike geloof te bly nie. :-) Waarom sou jy wou?
As jy werklik in Hom glo (wat baie meer is as bloot om in Sy bestaan te glo), dan sal die hele kwessie van die evolusie-teorie (en die oerknal-hipotese) vir jou baie minder saakmaak. Die meeste wetenskaplikes weet dat daar met albei hierdie teorieë ook probleme is, maar dat die op hierdie stadium die beste is wat ons het. Om ons interpretasie van Gen.1-3 by die huidige beste wetenskaplike teorie aan te pas, sou in my opinie 'n groot fout wees. Wat maak ons dan as die wetenskap verander (en ek dink die kanse is goed dat 'n beter teorie net om die draai lê)? Ek het nie 'n probleem daarmee as teoloë raakpunte tussen die wetenskap en die Bybel probeer vind nie, solank as wat hulle besef en dit ook so duidelik maak dat dit bloot een moontlike interpretasie is... die wetenskap staan nie stil nie; trouens dit is ook nie veronderstel om ooit stil te staan nie. Maar God se Woord staan vas en onveranderlik. Ons mag dit herinterpreteer, maar dan met die besef dat hierdie herinterpretasie waarskynlik verkeerd gaan wees. Ek glo dat wat Gen.1-3 ons oor onsself leer, nl. dat ons na die beeld van God geskep is, dat Hy die Skepper van alles is en dat ons deur ons ongehoorsaamheid die doel van ons bestaan mis en in 'n onvolmaakte, gevalle wêreld leef, die realiteit beter uitbeeld as enige wetenskaplike teorie. Dat die wetenskap moontlik lig kan werp op hoe God geskep het, sal ek toegee. Maar dat dit genoegsaam is om die basiese boodskap van die Bybel te kan verander, daarvoor is die wetenskap te onseker in my opinie.
|
|
se kommentaar op 16 Feb 2010 11:28:47 PM PST
Dankie Frik vir jou skrywe. Jy raak 'n paar belangrike beginsels aan.
Dit interesseer my dat iemand wat homself 'n Christen noem, gemeet aan jou skrywe geen fout met prof. Claassen se ateïstiese uitsprake vind nie. So mag ek jou vra of jy saamstem met sy ateïstiese uitsprake (buiten sy evolusionistiese uitsprake) en indien nie, hoe sou jy hom antwoord?
Jy vind die basis van ons geloofsbelydenis en formuliere wat op Gen. 1-3 berus onaanvaarbaar. So vind jy dit onaanvaarbaar om God die Skepper te noem? Jy verwag van teoloë om vir die soveelste keer in die geskiedenis volgens jou, die Bybel te herinterpreteer. Tot hoe ver verwag jy moet die Bybel uiteindelik geherinterpreteer word? So ver soos die dominee van 'n Protestantse kerk in Nederland wat verkondig "God is vir my geen wese nie, maar 'n woord vir wat tussen mense kan gebeur", en waarmee tenminste een NG-proponent in Suid-Afrika openlik en hartlik saamstem? Dis waarskynlik redelik in lyn met wat die sogenaamde nuwe hervormers in Suid-Afrika glo. Of gaan hulle darem te ver met hul hervertolking van die Bybel volgens jou? Ek neem aan jy dink so want anders sou jy sekerlik al lankal by hulle 'n "geloofstuiste" gevind het. Moet slegs die bonatuurlike (soos die gebeure tydens die skeppingsweek) en wonderwerke in die Bybel hervertolk word? Of Jesus se maagdelike geboorte en opstanding uit die dood? Of dat Hy die enigste Verlosser is? Waar behoort die streep getrek te word, indien enigsins, volgens jou "rasionele denke"? Halfpad? Al die pad? Waarom trek ons nie maar net 'n streep deur die hele Bybel en skryf ons eie humanistiese bybel nie? Waarom al die moeite met hervertolkings van die Bybel? Die evolusionistiese wetenskap het mos baie beter antwoorde.
Jy sien Frik, dit gaan oor die gesag van die Bybel -- dit is of deur die Heilige Gees geïnspireer of maar net nog 'n boek van menslike gedagtes oor God of god. As laasgenoemde reg is, kan ons vir seker maar net die Bybel hervertolk om ons nuutste humanistiese idees te pas.
Nee Frik, evolusionistiese oorsprongwetenskappe moet hervertolk word -- nie die Bybel nie. En skeppingswetenskap is geensins agtergehaal en onwetenskaplik soos evolusioniste graag verkondig nie. Dit sou absoluut waardeloos vir jou en die Kerk wees, as die Kerk jou behou maar die Kerk behoort nie meer aan God nie.
|
|
se kommentaar op 18 Feb 2010 3:46:23 AM PST
Hallo Hennie, Baie dankie vir jou reguit, eerlike antwoord(e) op my uitlatings. As ons dalk nog ‘n rukkie so oor en weer kan korrespondeer, sal jy agterkom dat ek op die stadium van my lewe redelik onseker (dalk verward) is oor die Christelike geloof vs. die moderne wetenskap. Dis dalk nodig dat ek my posisie duideliker maak: Ek staan al 60+ jaar in die Christelike geloof, wat nog altyd vir my ‘n saak van erns is. Ek kan my nie indink in ‘n lewe sonder ‘n verhouding met Jesus Christus nie. Die NG Kerk waarin ek steeds lidmaat is en die Christelike tradisie in die algemeen, lê my baie na aan die hart.
Aan die ander kant is ek ook erg oor die moderne wetenskap en ontvang maandeliks eksemplare van gesaghebbende wetenskaptydskrifte – probeer dus op hoogte bly van die nuutste ontwikkelings. Die evolusieteorie en kosmologie (o.a. die oerknalteorie) is vir my logiese en samehangende teorieë wat al meer en meer deur hedendaagse eksperimentele werk bevestig word – soveel so dat baie wetenskaplikes die stoute skoene aantrek en sê dié teorieë is nou die allerwaarheid.
Ek het by Prof. Louw Alberts fisika geleer en ek het altyd sy siening oor die wetenskap teenoor die geloof, as riglyn probeer hou naamlik: Hoe dieper jy in die natuur indelf en hoe meer jy deur wetenskaplike navorsing ontdek, hoe groter word jou besef en verwondering oor die almag van God en die deeglikheid van Sy werk.
Die evolusieteorie en die oerknalteorie is vir my aanvaarbaar en die natuur om ons maak vir my baie meer sin in die lig van die twee teorieë. Dit is baie goed ondersteunde idees en ek verwonder my daaraan. Vir ‘n lang tyd het ek die teorieë beskou as meganismes wat God daargestel het om die werklikheid om ons te skep en te onderhou. Namate wetenskaplike ontwikkeling egter al meer aan die lig bring, raak hierdie siening al minder verdedigbaar.
Gen. 1 – 3 is dus in die gedrang. Ek kry nie die twee teorieë “getrou” met Gen. nie! Om die teorieë te herinterpreteer is onmoontlik sonder om die essensie daarvan af te takel. Om andersins die Bybel te herinterpreteer om by die teorieë aan te pas is ewe onmoontlik want die eerste ding wat in die slag gaan bly is die erfsondeleer en die uiteindelike versoenings- en reddingswerk van Jesus Christus.
Jy is so reg as jy sê dat die crux van die saak is die gesag van die Bybel en ek besef my herinterpreteerdery gaan probleme bring met baie ander aspekte. But I’ve got a problem - - - - .
Ek hoop jy verstaan my hoë evaluering van George se artikel – dis omdat ek so saamstem met sy siening oor die evolusieteorie. Ek hou gladnie van ateïstiese uitsprake nie. Richard Dawkins (in The God Delusion) gee my ‘n pyn as hy so met spykerskoene op die Christelike geloof spring. Hierdie debat moet aangaan, maar definitief met wedersydse respek.
|
|
se kommentaar op 17 Feb 2010 12:22:37 AM PST
Sien gerus ook die volgende blog van 'n wiskundige wetenskaplike, wat opnuut wys dat die debat nie is tussen 'geloof vs wetenskap' nie, maar tussen geloofsveronderstellings/vertrekpunte (Die Bybel is die onfeilbare Woord van God) in beide geloof en wetenskap vs ongeloofsveronderstellings (ateistiese en evolusionistiese vetrekpunte) in beide geloof en wetenskap:
http://bylogos.blogspot.com/2010/01/can-we-trust-published-scientific-data.html
|
|
se kommentaar op 17 Feb 2010 3:15:53 AM PST
Slabbert le Cornu, dan stem jy seker ook saam met Henry Morris, stigter van die "Institution for Creation Research" wat die volgende juweeltjie kwytgeraak het: "When science and the Bible differ, science has obviously misinterpreted its data." Met so 'n "geloofsveronderstelling/vertrekpunt" kan George Claassen dus nie anders as om heeltemal "verkeerd" te wees nie. Hallo die Donker Middeleeue, hier kom ons weer!
|
|
se kommentaar op 18 Feb 2010 4:38:23 AM PST
Tong in die kies: Ek kan iemand se standpunt, dat sy oupa 'n aap is, nie ontneem nie, maar dan moet hy/sy ook my standpunt aanvaar: my oupa was nie 'n aap nie.
Ernstig: Vandat ek die boek "Geological Journeys" as geskenk gekry het, het ek begin om die leidrade wat God vir ons in die natuur ingebou het te bekyk. Die skrywer nooi jou uit om orals waar die pad gebou is, en waar daar uitsnydings (cuttings) in die aardkors is, na die verskillende lae wat oor baie jare gevorm is, te kyk. Hierdie en ander leidrade soos fosiele en die beendere van diere wat baie lank gelede geleef het, het my laat besef dat daar baie, baie meer is as wat ons weet. Dit heerlik om dieper te delf.
|
|
se kommentaar op 18 Feb 2010 9:43:33 AM PST
Hi Hennie, Ek het onderstaande via "reageer op kommentaar" aangestuur en het geen manier om te weet of dit by jou uitgekom het nie. Hier's dit weer:
Hallo Hennie, Baie dankie vir jou reguit, eerlike antwoord(e) op my uitlatings. As ons dalk nog ‘n rukkie so oor en weer kan korrespondeer, sal jy agterkom dat ek op die stadium van my lewe redelik onseker (dalk verward) is oor die Christelike geloof vs. die moderne wetenskap. Dis dalk nodig dat ek my posisie duideliker maak: Ek staan al 60+ jaar in die Christelike geloof, wat nog altyd vir my ‘n saak van erns is. Ek kan my nie indink in ‘n lewe sonder ‘n verhouding met Jesus Christus nie. Die NG Kerk waarin ek steeds lidmaat is en die Christelike tradisie in die algemeen, lê my baie na aan die hart.
Aan die ander kant is ek ook erg oor die moderne wetenskap en ontvang maandeliks eksemplare van gesaghebbende wetenskaptydskrifte – probeer dus op hoogte bly van die nuutste ontwikkelings. Die evolusieteorie en kosmologie (o.a. die oerknalteorie) is vir my logiese en samehangende teorieë wat al meer en meer deur hedendaagse eksperimentele werk bevestig word – soveel so dat baie wetenskaplikes die stoute skoene aantrek en sê dié teorieë is nou die allerwaarheid.
Ek het by Prof. Louw Alberts fisika geleer en ek het altyd sy siening oor die wetenskap teenoor die geloof, as riglyn probeer hou naamlik: Hoe dieper jy in die natuur indelf en hoe meer jy deur wetenskaplike navorsing ontdek, hoe groter word jou besef en verwondering oor die almag van God en die deeglikheid van Sy werk.
Die evolusieteorie en die oerknalteorie is vir my aanvaarbaar en die natuur om ons maak vir my baie meer sin in die lig van die twee teorieë. Dit is baie goed ondersteunde idees en ek verwonder my daaraan. Vir ‘n lang tyd het ek die teorieë beskou as meganismes wat God daargestel het om die werklikheid om ons te skep en te onderhou. Namate wetenskaplike ontwikkeling egter al meer aan die lig bring, raak hierdie siening al minder verdedigbaar.
Gen. 1 – 3 is dus in die gedrang. Ek kry nie die twee teorieë “getrou” met Gen. nie! Om die teorieë te herinterpreteer is onmoontlik sonder om die essensie daarvan af te takel. Om andersins die Bybel te herinterpreteer om by die teorieë aan te pas is ewe onmoontlik want die eerste ding wat in die slag gaan bly is die erfsondeleer en die uiteindelike versoenings- en reddingswerk van Jesus Christus.
Jy is so reg as jy sê dat die crux van die saak is die gesag van die Bybel en ek besef my herinterpreteerdery gaan probleme bring met baie ander aspekte. But I’ve got a problem - - - - .
Ek hoop jy verstaan my hoë evaluering van George se artikel – dis omdat ek so saamstem met sy siening oor die evolusieteorie. Ek hou gladnie van ateïstiese uitsprake nie. Richard Dawkins (in The God Delusion) gee my ‘n pyn as hy so met spykerskoene op die Christelike geloof spring. Hierdie debat moet aangaan, maar definitief met wedersydse respek.
|
|
se kommentaar op 07 Mar 2010 6:42:08 AM PST
As amateur-wetenskaplike en teoloog kan ek net sê daar bestaan ongelooflik baie onkunde aangaande die oerknal, en jong-aarde Christene verwerp hierdie teorie pront-uit -- nie omdat daar ‘n tekort aan wetenskaplike bewyse is daarvoor nie, maar omdat dit nie strook met hul interpretasie van Genesis nie. Daar is honderde uitstekende Bybelskoliere (selfs vanuit die 19de eeu), soos G.H. Pember, Scofield, Donald E. Barnhouse en Norman Geisler wat geen problem gesien het met ‘n ou Aarde nie. George Claassen en belangstellende gelowiges oor die evolusiedebat kan gerus bietjie die perspektiewe verbreed deur te gaan kyk na die Bybelse geloofsoortuigings van gesiene wetenskaplikes op eie bodem soos o.a. dié van Dr Michael Jarvis en internasionaal-bekroonde astronoom Dr David Block.
Besoek gerus webtuistes soos:
www.onegod.co.za
www.davidblock.com/
..en ook www.reasons.org, die tuiste van Dr Hugh Ross, met ‘n graad in teologie en ‘n doktoraal in astronomie
|
|
se kommentaar op 18 Feb 2010 1:38:05 PM PST
Laat ek begin deur te sê dat ek tog dink dat evolusie tans nog die beste wetenskaplike verkaring vir die ontstaan van spesies (en die fossielrekord soos tans bekend) gee. Gelukkig werk die wetenskap so dat daar steeds die moontlikheid bestaan dat enige teorie / hipoteses deur nuwe feite verkeerd bewys kan word. Dit is die aard van die wetenskap: 'n hipotese word gestel, dit word getoets en as dit (of voorspellings wat logies daaruit vloei) genoeg kere getoets is sonder om verkeerde bewys te word, word dit as 'n teorie met groter mate van sekerheid aanvaar. Maar niks kan ooit met absolute sekerheid in die wetenskap "bewys" word nie... daar bly altyd die moontlikheid dat sekere feite nog nie ontdek is nie. En daar begin juis al meer feite aan die lig kom wat twyfel werp op baie aspekte van die huidige evolusie-teorie.
In dieselfde asem moet ek radikaal van George Claassen verskil as hy die volgende stellings maak: "Gelowiges gebruik aanhoudend die argument dat die wetenskap nie die bestaan of nie-bestaan van God kan bewys nie. Dit is ’n veilige skans waaragter geen rasionele en intelligente mens behoort te skuil nie."
Of dit 'n skans is sal ek my nie uitspreek nie... maar as God werklik is soos wat die Bybel Hom beskryf, sal geen mensgemaakte wetenskap Sy bestaan (of nie-bestaan) kan bewys nie. Indien die wetenskap dan oor so 'n metode beskik (om die hipotese van God se bestaan te toets), sou ek graag daarvan wou hoor... wat daar wel is, is my persoonlik verhouding met God en ervarings in my eie lewe (en die lewens van ander) waardeur ek Hom leer ken en kan sien dat Hy getrou is aan Sy Woord.
" Dit is nie die wetenskap se plig en doel om God se bestaan te bewys nie."
En tog sien baie wetenskaplikes (bv. Richard Dawkins) dit as hulle plig om die nie-bestaan van God te probeer bewys. (Maar slaag ongelukkig nie daarin nie).
"Dit is egter wel die plig van gelowiges om vir ons in ’n rasionele wêreld hul bewyse voor te lê vir die bestaan van die gode waarin hulle glo en waarvoor hulle aanhoudend beskerming vra teen kritiese vrae."
Eerstens, ek praat minstens vir myself (maar ek glo ook dis wat die Bybel sê), vra ek geen beskerming teen kritiese vrae nie. Maar buiten vir die getuienis (en dis presies wat dit is) in die Bybel oor God se dade in die verlede en Sy voorspellings vir die toekoms en die getuienis in my eie lewe dat ek Hom ervaar het as getrou aan Sy Woord, is daar geen manier waarop ek Sy bestaan kan bewys nie... as die blote bestaan van die heelal (wat volgens alle wetenskaplike getuienis nie ewig bestaan het nie), nie genoegsame bewys is nie, is daar niks wat ek kan sê wat as bewys aanvaarbaar gaan wees nie. Die wetenskap wat materie-gebonde is, het geen instrumente waarmee die nie-materiële gemeet kan word nie. Die eindige kan nooit die oneindige meet nie. En as dit die getuienis van oog-getuies in die verlede sonder meer verwerp (omdat dit nie volgens bekende natuurwette moontlik sou wees nie... wat juis die getuienis is dat dit God was wat direk ingegryp het en nie bloot die normale gang van die skepping nie), dan bly daar geen ander metode oor vir gelowiges "om hulle bewyse voor te lê" vir die bestaan van God nie.
Anders as alle ander godsdienste, staan of val die Joods-Christelike godsdiens by die werklikheid van historiese gebeurtenisse... ons glo in 'n God wat werklik is en werklik werk in die wêreld. Daarom, omdat ons reeds oortuig is van God se bestaan op grond van persoonlike ondervinding, kyk ons met ander oë na die natuur en die wetenskap, maar nie as 'n metode om God se bestaan te probeer bewys nie.
|
|
se kommentaar op 19 Feb 2010 11:11:06 AM PST
Frik, jy is 100% reg. Die evolusiehipotese en die oerknalteorie kan nie versoen word met Gen.1-3 nie. Selfs al sien mens die eerste hoofstukke van Genesis as simbolies, is dit steeds baie moeilik om dit met genoemde teorieë te versoen. Die belangrikste is egter dat jy aan Jesus Christus as jou enigste Verlosser vashou. Die ander sake is ook belangrik, alhoewel van sekondêre belang. Maar soos jy tereg geskryf het, twyfel in Genesis kan lei tot verwarring op baie ander terreine van die Christelike geloof. 'n Goeie vraag is of evolusie en die oerknal inderdaad so goed deur alle oorsprongdata ondersteun word, en of daar nie dalk hipoteses en teorieë is wat net so goed of selfs beter met die data klop nie. Sou dit nie wonderlik wees as sulke alternatiewe teorieë nog in lyn met Genesis ook is nie? Behoort ons nie van God te verwag dat Hy getuienis op aarde, en in die heelal, sou laat bly het wat die waarheid en outoriteit van sy woorde in die Bybel bevestig nie? Vir seker sou dit in lyn wees met Sy woorde dat Hy nie wil hê dat iemand verlore moet gaan nie (2Pet.3:9).
Ek wil dit graag aan jou stel dat God dit genadiglik wel gedoen het -- Hy en Sy woorde se waarheid kan wel in die skepping gesien word (kyk Rom.1:20), en beslis nie deur 'n vae moontlikheid soos teïstiese evolusie nie. Ek stel self ook baie belang in die wetenskap, het sekere wetenskaplike kwalifikasies en werk my lewe lank in 'n hoëtegnologiebedryf. Ek noem dit maar sodat jy kan besef dat ek dit geensins ligtelik bedoel nie as ek vir jou sê dat die skeppingsleer baie beter met al die wetenskaplike data klop as die evolusieleer. Maar ek verwag nie van jou om my sommer net te glo nie. Gaan lees op en kry materiaal van www.creation.com (CMI), al doen evolusioniste hul bes om jou daar weg te wys, en al het baie teoloë eenvoudig maar net oorgegee aan die evolusioniste betreffende die wetenskap. Heelwat mense se wankelende geloof is deur CMI se inligting al herstel, en heelwat het selfs daardeur al vir die eerste keer tot bekering gekom.
Christene mag nie hul geloof en die wetenskap skei nie -- God die Skepper is ook die Skepper van die wetenskap. Ons as mense probeer maar net bepaal hoe Hy dit bedink het, en vir seker sou Hy ons nie mislei deur foutiewe wetenskaplike en historiese inligting in die Bybel te laat aanteken het nie.
|
|
se kommentaar op 24 Feb 2010 10:05:57 PM PST
Ek hou van die onderskeid wat Hennie Mouton tref tussen operasionele of empiriese wetenskappe en historiese of oorsprongwetenskappe asook sy opmerkings daaroor by Danie Veldsman se repliek op hierdie artikel. Ek stem ook saam met Philip du Toit se siening dat Claassen se artikel 'n uitgediende positivistiese wetenskapsfilosofie openbaar.
Word die term “die wetenskap” nie hier te losweg gebruik nie? Is “wetenskap” nie ‘n sambreelterm, waarbinne alle “wetenskappe” val nie?
Vir my as NG-lidmaat, dus met gereformeerde wortels, maak Dooyeweerd se siening van die wetenskappe die meeste sin. Dooyeweerd onderskei veertien terreine van die wetenskap, nl. dié van die getal; ruimte; beweging; biotiese verskynsels; psigiese verskynsels; logiese; geskiedenis; taal; sosiale verskynsels; ekonomiese verskynsels; estetiess verskynsels; van die verskynsels van die reg; die van die sedelike en die van die pistiese (Dit is interessant dat die fakulteite van meeste universiteite min of meer hiervolgens ingedeel is).
Die grens van elke wetenskap word bepaal deur wat Dooyweerd wetskringe noem. Hierdie wetskringe stel grense vir wetenskappe waarbinne ‘n bepaalde wetenskap behoort te opereer - in hierdie verband praat Dooyweerd ook van “soewereiniteit in eie kring”. So bv. is die grens van biotiese wetenskap volgens Dooyeweerd lewensfunksies en organismes. Geen wetenskap behoort dus die idees en opvattings van ‘n ander wetenskap te reduseer nie. Ander filosowe onderskei modaliteite wat ante- en retrosipeer (heenwys en veronderstel) en sê dat daar samehang en eiesoortigheid is. Wat ek as Christen veral waardeer van Dooyeweerd, is sy erkenning van die soewereiniteit van God op alle terreine van die lewe en alle menslike aktiwiteite.
Mens sou ook hoop dat teologiese student wat opgelei word in die gereformeerde leer deeglik onderlê is in die “Drie Formuliere” , waar mens in Artikel 2 van die NGB leer dat ons God ken deur twee middele, eerstens deur middel van die skepping, onderhouding en regering van die hele wêreld en tweedens deurdat God Hom nog duideliker en meer volkome aan ons bekend maak deur Sy Heilige en Goddelike Woord. Die term “nog duideliker en meer volkome” dui daarop dat die kennis wat opgedoen word deur die skepping, ondergeskik is aan die kennis deur middel van die Skrif.
|
|
se kommentaar op 26 Feb 2010 4:06:04 AM PST
Ek stem saam met heelwat van Chavoux Luyt se kommentare, maar wil tog graag reageer op onderstaande siening van hom waarteen daar baie wetenskaplike getuienis bestaan: "Laat ek begin deur te sê dat ek tog dink dat evolusie tans nog die beste wetenskaplike verk[l]aring vir die ontstaan van spesies (en die fossielrekord soos tans bekend) gee."
*** Sou evolusie waar wees, behoort alle organismes in byvoorbeeld die diereryk vanaf 'n eerste gemeenskaplike organisme af te gestam het. Die fossielrekord behoort dus aanvanklik, volgens evolusionistiese vertolking van die geologiese kolom, in die onderste lae, net baie soortgelyke organismes te vertoon. Soos hoër op in die kolom gekyk word, behoort die organismes al meer te verskil, sodat mens hoër op geleidelik toenemend al die verskillende soorte, families, ordes, klasse, en uiteindelik stamme van die diereryk sou vind. Die sogenaamde Kambriese ontploffing is 'n direkte weerspreking van die evolusiehipotese op hierdie verwagting. Organismes van feitlik al die dierestamme (met ander woorde hulle verskil geweldig) word "skielik" in die Kambriese geologiese lae gevind, met feitlik geen spoor van hulle in die lae net onder hulle nie, naamlik die Pre-Kambriese lae. Laasgenoemde is die diepste lae van die geologiese kolom waarin enige fossiele van organismes gekry word. Die fossielrekord ondersteun dus nie 'n geleidelike ontwikkeling van min-verskillend tot baie-verskillend, soos die evolusiemodel vereis, in die algemeen nie. Die skeppingsmodel daarteenoor, aanvaar dat meeste van die geologiese kolom tydens die wêreldwye Genesisvloed neergelê is. Wetenskaplik word vinnige neerlegging van die geologiese kolom onder andere ondersteun deur die aard van die sedimentêre rotslae wat in die kolom gevind word. Daarom is geen "ontploffing" vreemd nie -- dit is te verwagte -- al hierdie organismes het gelyktydig bestaan en het in die Vloed vergaan.
*** Spesie-ontwikkeling deur byvoorbeeld natuurlike seleksie word algemeen aanvaar. Maar die evolusiehipotese vereis dat hierdie natuurlike proses oor die grense van soorte moes gebeur het, met ander woorde dis nie beperk tot veranderings binne 'n soort nie. Dit is presies waar die duisende verlore skakels tussen soorte sterk getuienis teen evolusie is. Om te wys dat een spesie waarskynlik afstam van 'n ander spesie, maar albei is binne dieselfde soort, is geen getuienis vir evolusie nie. Inderwaarheid bevestig dit die Bybelse gegewe dat soorte binne hul soorte sou voortplant. Die sogenaamde verlore skakels, wat na alle waarskynlikheid nooit verlore geraak het nie, want hulle het nooit bestaan nie, bly dus 'n sterk beswaar teen evolusie. Maar dis nie al nie. Ontwikkeling van nuwe spesies gaan volgens gemete wetenskaplike getuienis gepaard met verlies aan genetiese inligting. Mutasies is kopieerfoute en vele ander terreine bevestig die logika dat foute uiters selde nuwe bruikbare inligting produseer. Die evolusieverwagting is egter dat genetiese inligting oor miljarde jare natuurlik en geleidelik moes vermeerder het -- vanaf die eerste eensellige organisme tot vandag se komplekse, meersellige organismes soos die mens. Alle toetsbare wetenskaplike gegewens dui oorwegend op afname in genetiese inligting oor tyd binne soorte. Dit is direk in teenstelling met die evolusiemodel, maar sterk bevestiging van die skeppingsmodel waarvolgens God in die begin alle soorte geskep het, met al die nodige genetiese inligting om later verskillende spesies te kon laat gebeur. Maar weens onder andere mutasiefoute en groepering van spesies, verminder die genetiese inligting binne elke soort. Genetika word toenemend al beter bevestiging van God as Skepper, soos geopenbaar in Genesis.
|
|
se kommentaar op 22 Jan 2011 2:21:43 PM PST
"Adaptation must not be confused with evolution!"
|


Author)