|
Geagte HTS-leser,
Die gedrukte weergawe van die 65ste volume van HTS kan nou aangekoop word. As ’n leser van HTS Teologiese Studies/Theological Studies het u toegang tot oorspronklike navorsing op alle terreine wat met teologie verband hou.
Ons vertrou dat u as outeur, navorser en vakkundige tevrede is met die verskeidenheid artikels wat in HTS gepubliseer word en dat u binnekort ’n artikel vir plasing in hierdie hoogs geïndekseerde en gesiteerde vaktydskrif sal voorlê.
Bestelfooi vir die gedrukte weergawe vir 2009 Grootte: A4; Bladsye: 653; Teks: Swart; Omslag: Kleur; Posgeld ingesluit SA Plaaslik: R450.00 (BTW ingesluit) Internasionaal: $140 of 120€
Grootte: A4; Bladsye: 653; Teks: Kleur; Omslag: Kleur; Posgeld ingesluit SA Plaaslik: R1 450.00 (BTW ingesluit) Internasionaal: $300 of 260€
Bestellings kan geplaas word by: Kontakpersoon: Mary Bryon E-pos: orders@openjournals.net
Die bestelvorm is hierby aangeheg. Voltooi asseblief om u bestelling te plaas.
U word genooi om artikels wat binne die fokus en bestek van HTS val, aan ons voor te lê of om in te willig om as eweknie-evalueerder van artikels op te tree deur aanlyn te registreer by www.hts.org.za. Onthou ook om gerus by ons oop webblad van HTS by www.hts.org.za te gaan inloer. En indien moontlik, versoek asseblief u biblioteek en vriende om ons in hierdie onderneming te steun. Ons sien uit om van u te hoor.
Beste groete, Rochelle Bronkhorst
Bedryfskoördineerder, Titels OpenJournals Publishing: HTS Teologiese Studies/Theological Studies ’n Trotse afdeling van African Online Scientific Information Systems / AOSIS (Edms) Bpk Postnet Suite #55 Privaatsak X22 Tygervallei, 7536 RSA Tel: 086 1000 381 RSA Faks: 086 6782 305 Tel Internasionaal: +27 21 9145100 Faks Internasionaal: +27 21 9145105 E-pos: info@openjournals.net Webblad: www.openjournals.net |