In hierdie bydrae staan ek ‘n oomblik stil by die hart van hoogbloei kabbala: Zohar, ein sof, weereens die sefirot en shekinah.
Inleiding
Die idee dat kabbala ‘n uitgewerkte leer is wat ‘n mens
In hierdie bydrae staan ek ‘n oomblik stil by die hart van hoogbloei kabbala: Zohar, ein sof, weereens die sefirot en shekinah.
Zohar
Teen die draai van die dertiende eeu was daar verskillende groepe kabbaliste in
Die Zohar (glans/heerlikheid), is een van die belangrikste leerstukke van kabbala, selfs vandag nog. Volgens oorlewering is dit ‘n baie antieke dokument wat dateer uit die tweede eeu. Dit is geskryf deur een van Rabbi Akiba se tydgenote, ‘n bekende merkavah-geleerde met die naam Simeon ben Yohai terwyl hy vir twaalf jaar lank in ‘n grot vir die Romeine weggekruip het. Sy enigste geselskap was sy jong seun. Nachmanides het hierdie antieke dokument in 1265 ontdek en dit met sy seun na Katalonia teruggestuur. ‘n Wonderbaarlike warrelwind het vanuit die hemel gekom, die manuskrip opgeraap en dit in die hande van die wagtende Moses De Leon se hande laat beland. Sy dure plig was nou om dit wat hy gehad het, te kopieer en te versprei. So het hy stukkies en brokkies verkoop aan enigeen wat in esoteriese tradisies belang gestel het.
Maar Nachmanides het sy eie leerlinge gehad. Een van hulle, Rabbi Isak van Akra was gelukkig genoeg om die Jodeslagting in Akra (Palestina) vry te spring. Vir die heel eerste keer hoor hy van die Zohar wat eintlik veronderstel is om sy eie leermeester se ontdekking te wees. Hy maak kontak met De
Die verkope van die stukkies Zohar het De
Inhoud
Dis onmoontlik om die inhoud van die Zohar in enkele paragrawe op te som. Vervolgens ‘n paar hooftrekke.
Alles wat tot dusver oor kabbala en kabbala-tradisies gesê is, kom daarin voor. Behalwe biografiese besonderhede en verhale van antieke wysheidsleraars, is daar ook verwysings na die skeppings- en merkavah-literatuur. Zohar dra ‘n deeglike kennis van Bahir en die sefirot, verfyn hierdie konsepte en brei daarop uit.
Ein sof en die sefirot
Die struktuur van die goddelike sfeer begin by ein sof. Dit is eintlik ‘n negatiewe term en beteken ‘sonder einde’. Wat die goddelike betref, het dit betrekking op iets oneindig, ewig, perfek, verhewe, absoluut en onveranderlik. Ein sof is die eerste en fundamentele bron is waaruit die suiwerste goddelike lig vloei. Hierdie krag is die waarborg van alle lewe in die goddelike sowel as die aardse sfere – die bestaan sowel as die onderhoud daarvan. Hierdie begrip van ein sof is vreemd aan antieke Joodse denke, en ‘n sekere kabbalistiese denkstroom handhaaf dan ook dat ein sof ‘n term is wat nie in die Skrifte gevind
Vanuit ein sof vloei die onderskeie sefirot voort. ‘n Mens
Onder andere word die Bybelse name vir God, asook die onuitspreeklike tetragram JHWH in die sisteem van die sefirot geïntegreer. Byvoorbeeld, die eerste klein amper onsigbare jod word in die eerste sefira verteenwoordig, he is volgende, en waw wat ook die syfer 6 verteenwoordig, is die sentrale punt. Die laaste he verteenwoordig die vroulike goddelike krag, die shekinah.
Shekinah
Shekinah is die vroulike goddelike krag in die wêreld. Alhoewel dit ‘n sentrale begrip vir kabbala en in die Zohar is, is dit ook ‘n woord wat nie in die Hebreeuse Bybel voorkom nie. En net soos kabbala, is dit afgelei van ‘n gewone alledaagse woord, naamlik die Hebreeuse werkwoord shkn wat eenvoudig beteken om te bly of te woon. In die woestyntyd het God in die tabernakel ‘gewoon’, en later toe die tempel gebou is, het Hy daar in
Met die aanvang van die Middeleeue word ‘n nuwe betekenis aan shekinah toegedig. In die jaar 930 was Rav Saadia Gaon die leier van die Jode in Babilonië. Hy was ‘n rasionalis, en verwysinge na ‘n fisieke, terselfdertyd oneindige perfekte God was vir hom heeltemal onaanvaarbaar. Ten alle koste wou hy antropomorfiese verwysings na God in die Bybel oorkom. Sodanige beskrywings het volgens hom betrekking nie op God nie, maar op ‘n geskape engel – weliswaar verhewe en wonderbaarlik – maar nietemin geskape. Die Hebreeuse Bybel noem dit kavod (eer, heerlikheid), en die rabbi’s noem dit shekinah. Volgens Saadia is shekinah ‘n laer mag, apart van God, iets wat fisiese eienskappe
‘n Verdere verwikkeling vind plaas in die elfde en twaalfde eeue. Saadia se sieninge word bevraagteken. Hoe
Eers die boek Bahir verwys na shekinah as ‘n aparte vroulike goddelike mag. Ibn Ezra se voorstelling van kavod-shekinah bly behoue, maar word aangebied as ‘vrou, bruid of dogter’ van die manlike goddelike mag. Vir die latere kabbaliste, en ook die Zohar, is shekinah as vroulik, en ‘n sentrale element in die beskrywing van die goddelike wêreld. Sy is soos die maan. Sy is afhanklik van die primêre goddelike lig wat sy weerkaats. As die tiende en laagste sefirah in die goddelike sfeer, is sy die naaste aan die materiële wêreld, die naaste aan die mensdom, die naaste aan die lyding van die volk
En wat van die bose?
Antieke Joodse denke en die Rabbynse tradisie soos wat die talmoed-midrasj-literatuur dit weergee, ken nie die dualistiese stryd tussen goed en kwaad nie. Die ‘bose’ is nie ‘n afsonderlike of vyandelike mag wat oorlog voer teen God nie. Satan is ‘n mag binne die goddelike
Eers in ongeveer 1265 verskyn ‘n verhandeling van Rabbi Isak ben Jakob ha-Cohen wat hy noem, ‘Uitstralings vanaf die Linkerkant’. Hierin beskryf hy ‘n sisteem van sewe goddelike maar bose magte. Die eerste noem hy Samael – die Hebreeuse woord vir ‘links’ is smol – en die sewende, ‘n vroulike staan bekend as Lilith. Hierdie twee karakters is bekend in vroeëre Joodse geskrifte, maar Rabbi Isak is die eerste om hulle as ‘n paar teenoor God en die shekinah voor te stel. Samael en Lilith is dus deel van ‘n hiërargiese struktuur van bose demone wat voortdurend ‘n stryd voer om die goeie magte van die heelal te oorweldig. Siekte en pes is ook van die negatiewe magte wat uit hierdie struktuur voortvloei. Lyding en kwaad word dus nie herlei na die gebeure in Genesis 3 nie, maar vloei voort uit hierdie sisteem van negatiewe magte. Uiteindelik sal alles tot ‘n einde kom in ‘n finale apokaliptiese stryd tussen Samael en die messias, en die messias sal triomfeer.
Alhoewel baie van Rabbi Isak se tydgenote sy dualistiese wêrelduitkyk en messiaanse verwagting ignoreer het, het Rabbi Moses de Leon hom wel ernstig opgeneem en sy denke in die Zohar uitgebrei.
Slot
Omdat kabbala met mistiek, magie, astrologie, numerologie en esoteriese ervaringe geassosieer word, spreek dit mense aan, veral diegene met ‘n diep spirituele behoefte. Vandag bestaan wyduiteenlopende kabbala-bewegings, nie net in Joodse kringe nie. Mense vanuit alle geloofsoortuiginge – selfs nie-gelowiges – wend hulle tot kabbala. Daar bestaan nog steeds ortodokse kabbala-skole, maar daar is ander wat nie van New Age-denke onderskei
Bronne