Dit is nie altyd vir mense maklik om in harmonie saam te leef en mekaar te verdra nie. Verhoudings in die huis, gemeenskap en kerk dra gereeld die merktekens van stryd, tweedrag, rusie, skeuring en ongelukkigheid. Hierdie onmin vernietig mense se lewe en maak hulle ongelukkig. Is geluk en lewenssin moontlik in ’n wêreld vol twis en onenigheid. Psalm 133 gee lewenswysheid hieroor. Die teks bied ’n motto vir ’n gelukkige lewe: ’n broederlike en susterlike lewenswyse lei tot ’n gelukkige, geseënde en sinvolle lewe. Die geluk wat daaruit voortvloei, is ’n gawe van God.
Kyk, hoe mooi en hoe lieflik is dit as broers eengesind saamwoon... Dit is soos die dou van Hermon wat op die berg Sion val, want daar gee die Here sy seën, lewe vir altyd (Ps 133:1-3).
Die psalm het het in verskillende kontekste betekenis verkry. Oorspronklik hoort dit tot die familiekring, waar broers opgeroep was om in vrede saam te woon wanneer ’n pa as familiehoof sterf. Broers moes so die familie erfenis bewaar en die eenheid van die familieband handhaaf. Die oudste lewende broer was ook verplig om met sy gestorwe broer se weduwee te trou ten einde die naam en erfenis van die afgestorwene in die sogenaamde swaershuwelik te verseker (Deut 25:5).
Dieselfde gelukkige saam-leef is geskep wanneer inwoners van
Die psalm dien voorts as aanmoediging vir die ná-ballingskapse
Alhoewel die dou van Hermon wat op Sion val onmoonlik is, druk dit die eenheid tussen die Noordryk en Suidryk in
Vandag spoor die psalm mense aan om verdeeldheid en stryd binne en buite die kerk, familie en samelewing te deurbreek. Daarin lê ’n gelukkige lewe.
Here, help my om in harmonie met alle mense rondom my saam te leef.