Meditatio: Egte broederskap (Ps 133)
- Deur Dirk Human
- Gepubliseer 15 November 2009
- Preekhulp
-
Evaluering:




Dirk Human
Dirk Human se Artikels
Kyk, hoe mooi en hoe lieflik is dit as broers eengesind saamwoon... Dit is soos die dou van Hermon wat op die berg Sion val, want daar gee die Here sy seën, lewe vir altyd (Ps 133:1-3).
Die psalm het het in verskillende kontekste betekenis verkry. Oorspronklik hoort dit tot die familiekring, waar broers opgeroep was om in vrede saam te woon wanneer ’n pa as familiehoof sterf. Broers moes so die familie erfenis bewaar en die eenheid van die familieband handhaaf. Die oudste lewende broer was ook verplig om met sy gestorwe broer se weduwee te trou ten einde die naam en erfenis van die afgestorwene in die sogenaamde swaershuwelik te verseker (Deut 25:5).
Dieselfde gelukkige saam-leef is geskep wanneer inwoners van
Die psalm dien voorts as aanmoediging vir die ná-ballingskapse
Alhoewel die dou van Hermon wat op Sion val onmoonlik is, druk dit die eenheid tussen die Noordryk en Suidryk in
Vandag spoor die psalm mense aan om verdeeldheid en stryd binne en buite die kerk, familie en samelewing te deurbreek. Daarin lê ’n gelukkige lewe.
Here, help my om in harmonie met alle mense rondom my saam te leef.

