- Tuis
- Deur ander se oë
- Neem lees, dink en……..drink?
Neem lees, dink en……..drink?
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 15 November 2009
- Deur ander se oë , Artikels
- Nog geen evaluering
Danie Veldsman
Danie Veldsman se Artikels
In die deurlees van Willie van der Merwe se intreerede aan die Fakulteit van Teologie en Filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam, Nederland het die titel van ‘n bekende suid-afrikaanse teoloog se boek oor hermeneutiek spontaan by my opgekom: Neem, lees! So het ek sy intreerede ervaar: Amper eucharisties-kognitief. Kon met gewydheid saamdink. As teks kom dit uitnodigend oor. Uitnodigend om saam te lees en saam te dink maar ook om saam te voel hoe die verstand die (sin)psalms van die hart besing. Maar besing (lees indrink!) op so wyse dat ons weerloosheid elke oomblik voor oë en hart sal bly. Dat die uiteindelik totaliserende illusie ontmasker kan word van die menslike subjek wat meen om die werklikheid en die geskiedenis met sy / haar instrumentele rede te beheers en te deurgrond. Ook die teenstaan van die sogenaamde immanentisering van die transendente. Na my oordeel is dit die besondere insigtelike bydrae van Willie in sy intreerede. Dit moet gehoor, gesien en gevoel word. Veral juis dit sal na my oordeel in die suid-afrikaanse teologies-kerklike debat gehoor en verstaan moet word. Dat kerk en teologie die totaliserende balk in die eie oog sal raaksien. Die geweld sal raaksien van die wyse waarop hulle dikwels met die (benoeming / formulering) van die werklikheid mee omgaan. Maar terug na Willie se teks.
Tekstueel deurkruis hy denk- en gevoelsmatig die (filosofies-teologiese) paaie tussen Athene en
Sy teks prut veral aan die filosofies-teologiese denke van Richard Kearney, Jean-Luc Marion, Emmanuel Levinas – en ook aan ‘n gelaagdheid van ander denkers, ook vroeër denkers soos Anselmus by wie hy bewustelik aansluiting vind. Ook hy wil soos Anselmus ondersoekende denke aanwakker om tot beter begrip te
Verbeel ek my of is die na-smaak van die indrink van sy teks die van Eurosentrisme Light. Hierdie vraag moet nie verkeerd gehoor en verstaan word nie. Dit word nie bedoel as goedkoop beskuldiging of ligtelike afwysing nie. Daarvoor het ek te veel respek vir die diepgang en kognitiewe netheid van Willie se weldeurdagte hartsgang. Dit is ook nie ‘n vlak beskuldiging van menslike onsensitiwiteit nie. My vraag kom van elders af. Kom vanaf die aard van die verwoording van “ons” weerloosheid, ons reis, ons (kenotiese) soeke na sinbelewing. Kom ek noem dit die semanties-eksistensiële totaliserende aanspraakmatigheid. Daarmee bedoel ek die wyse waarop die infinitief van menswees beskrywe word en in die beskrywing daarvan, tog maar ‘n sterk universele (namens almal) karakter aanneem – en die laaste plek waar ek dit verwag is aan ‘n Dept van Godsdiensfilosofie aan ‘n Universiteit. Dit is nie dat pluralisme nie erken word nie. Nee, inteendeel. Veel klem word gelê op veelgestaltigheid. My punt is: word dit dan ook die veelgestaltige taal en samespel van die infinitiewe, of moet dit alles deur die tregter wat skynbaar insigtelik sondermeer benoem word as die “outentiekheid van menslike moontlikhede” geartikuleer word. Dan is daar tog ‘n kortsluiting en tekortkoming van die infinitief wees en die saamspe(e)l van infinitiewe.
Ongeag hierdie paar laaste opmerkinge oor Willie se teks wil ek graag hardop fluister: Neem, lees, dink en drink vanuit ‘n diepsinnige tekstuele fontein!

