- Tuis
- Geskiedenis van OT-eksegese
- 'n Geskiedenis van die eksegese, 04: Irenaeus se helder denke
'n Geskiedenis van die eksegese, 04: Irenaeus se helder denke
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 16 October 2009
- Artikels , Geskiedenis van OT-eksegese
-
Evaluering:




Jurie le Roux
Jurie le Roux se Artikels
Teologie was nog nooit konteksloos nie. Elke teologie het altyd binne 'n bepaalde konteks gestalte gekry. Anders gesê, dit dra die merke van die tyd waarin dit ontstaan en gegroei het. So skryf Clemens van Rome (die derde biskop van
Al hierdie en ander vroeë teoloë het met die knelpunte (soos vervolging, boetedoening, ens.) in die samelewing geworstel, maar het nie eintlik teologies oor die Christelike geloof in die geheel nagedink nie. Irenaeus van Lyon was egter die eerste ware kerklike teoloog wat die geloof Bybels deurdink en beskryf het. Hierdie biskop in die tweede eeu was met die vernietigende krag van die gnostiek gekonfronteer en hy moes heeltemal nuut oor geloof nadink (Rudolph 1998:11-12).
Die gnostiek was baie, baie sterker en gewilder as wat ons gewoonlik dink en in die tweede eeu was dit 'n magtige beweging wat alles wou platloop. Hulle aantrekkingskrag het in die mistieke betekenis en die verlossingskrag van kennis gelê. Op 'n mistieke wyse is kennis meegedeel wat die misterie van die lewe en die heelal kon verklaar. Dié kennis kon 'n mens verlos en ook 'n nuwe lewe skenk. In die proses is die skeppergod verwerp, moes die Ou Testament vermy word, is die liggaam as iets minderwaardig beskou en was die wêreld boos. Die gnostiek het die kerk nie net bedreig nie, maar het ook die wese van die heil aangetas (vgl Reventlow 1990:150-170).
Irenaeus moes hierop antwoord en eers God se integriteit en eenheid ‘bewys’. Dít het hy gedoen deur Ou en Nuwe Testament saam te lees en te verklaar. Hy het toe tot die belangrike konklusie gekom dat die evangelies en die apostels sáám met die wet en die profete van die Ou Testament dieselfde God Vader verheerlik en dat alles in die wêreld deur hierdie een en dieselfde God geskep is (Adv Haer II, 35, 4). In die Ou en Nuwe Testament was daar dus geen sprake van verskillende gode, kragte of engele wat die wêreld geskep of onderhou het nie (Adv Haer II, 35, 4).
Verder moes Irenaeus die Ou en Nuwe Testament bymekaar gehou het. Een van die maniere waarop hy dit gedoen het, was om Anselmus se vraag van eeue later, ‘Cur Deus homo’, (‘Waarom het God mens geword’), op sy eie manier te beantwoord. Volgens Irenaeus was God se wette aan
God en sy twee hande (‘Seun’ en ‘Gees’) het ook vir mekaar gesê, ‘Laat ons mense maak’, en so het Hy (of hulle) die mens na sy (of hulle) beeld en gelykenis geskep (Adv Haer VI, 6,1). Deur middel van die ‘beeld’ is die verbondenheid met die Logos beklemtoon terwyl die woordjie ‘gelykenis’ weer op die band tussen mens en Gees gewys het; ‘beeld’ en ‘gelykenis’ het gemeenskap met God moontlik gemaak (Adv Haer IV, 4,3), maar met die sondeval het die mens dit alles verloor. En dit kon net herstel word deur die Logos, Christus wat mens geword en die mens ere herstel het. In sy aardse gestalte het Christus die ‘homo perfectus’, die volmaakte mens geword en slegs die geloofsband met Hom kon aan die mense iets van die oorspronklike beeld teruggegee het; slegs die verbondenheid aan Hom het die geloof in die wederopstanding van die vlees moontlik gemaak (Adam 1965:160-161). Hiermee wou Irenaeus weereens teenoor die gnostici se geringskatting van die vlees en die liggaam die belangrikheid van die hele mens beklemtoon.
Uit Irenaeus se Adam-Christus-tipologie het 'n teologie gegroei wat enorm belangrik vir die verstaan van die Ou Testament geword het. Gewoonlik word dit met 'n spesifieke word omskryf: ‘herhaling’, ‘iets weer opneem’, ‘saamvat’, ‘anakephalaiosis’ (in Grieks) of ‘recapitulatio’ (in Latyn). Toe Jesus Christus vlees en mens geword het, het hy die lang geskiedenis van die mensheid weer in Homself opgeneem, in Homself die foute van die mensgeskiedenis saamgevat sodat dit wat in Adam verloor is, weer herstel kan word (Adv Haer III, 18, 1).
Die geskiedenis van die mensheid was een van boosheid en onheil en Israel se geskiedenis in die Ou Testament was 'n voorbeeld van hierdie ‘onheilsgeskiedenis’; dit was 'n geskiedenis wat soos Adam sy doel gemis het.
En dít spreek weer van God se genade want die eerste Adam het nou wel die beeld en gelykenis van God verloor, maar hy het nooit verder as die hande van God (die Seun en die Gees) geval nie en daarom kon die tweede Adam alle boosheid van (Israel en die mensheid) in Hom saamvat sodat 'n nuwe begin gemaak kon word (Adv Haer V, 1, 3).
Uit hierdie teologie het 'n besondere siening van die heilsgeskiedenis gegroei. Irenaeus het ook van God se heils-ekonomie gepraat; die manier waarop Hy die heil in die geskiedenis gestalte gegee het. Elke stukkie geskiedenis het in God se heils-ekonomie ingepas. So het die wet in die tyd van Moses ingepas, maar in die tyd van Johannes die Doper het die koninkryk van God weer belangrik geword (Luk 16:16); het Dawid se Jerusalem sy doel gedien, maar later het dit 'n ander betekenis gekry (Adv Haer IV, 4, 2). So het ook die aartsvaders hulle spesifieke plek in die geskiedenis gehad; het
Dit bly ongelooflik wat Irenaeus (en ook die ander vroeë vaders van die kerk) met net die teks en 'n stukkie tradisie reggekry het. In die tweede eeu het hy 'n enorme bydrae gelewer om die Ou Testament vir die kerk te behou omdat hy bereid was om te dink, teologies te dink. Toe die gnostiek die kerk amper verwoes het, het hy nie in die mistiek gevlug nie, maar die uitdaging aanvaar om van vooraf alles te deurdink. En daarom is sy teologie tot vandag toe vars, nuut en oorspronklik.
Adam, A 1965. Lehrbuch der Dogmengeschichte. Gütersloh: Gerd Mohn.
Daniélou, J 1977. The origins of Latin Christianity. London: Darton, Longman & Todd.
Dassmann, E 1999. Kirchengeschichte, vol II/2. Stuttgart: Verlag W Kohlhammer.
De Knijff, H W 1980. Sleutel en slot. Kampen: Kok.
De Lubac, H 1998. Medieval exegesis, vol 1. Grand Rapids: William B Eerdmans.
Drobner, H R 1994. Lehrbuch der Patrologie. Freiburg: Herder.
Frend, W H C 1984. The rise of Christianity. London: Darton, Longman & Todd.
Gadamer, H-G 1990. Wahrheit und Methode. Tübingen: JCB Mohr.
Heussi, K 1960. Kompendium der Kirchengeschichte. Tübingen: J C B Mohgr (Paul Siebeck).
Irenaeus, Adv Haereses.
Koetschau, P 1913. Die Griechischen Christlichen Schriftsteller der ersten drei Jahrhunderte. Berlin.
Körtner, H J 2006. Einführung in die theologische Hermeneutik, Darmstadt 2006, 11-15.
Markschies, C 2006. Das Antike Christentum. München: C H Beck.
Markschies, C 2006a. Das Antike Christentum. München: C H Beck.
Markschies, C 2006b. Die Gnosis. München: C H Beck.
Pelikan, J 1971. The emergence of the catholic tradition. Chicago: University of Chicago Press.
Pelikan, Jr1971. The emergence of the catholic tradition. Chicago: The University of Chicago Press. 11-27
Reventlow, H.G. 1990. Epochen der Bibelauslegung. Vom Alten Testament bis Origines, vol 1. München: C.H. Beck.
Seeberg, R 1965. Lehrbuch der Dogmengeschichte. Darmstadt: WBG.
Von Harnack, A 1964. Lehrbuch der Dogmengeschicte. Darmstadt: WBG.
Versprei die Woord
2 Reaksies op "'n Geskiedenis van die eksegese, 04: Irenaeus se helder denke" 
|
se kommentaar op 19 Oct 2009 6:56:19 AM PST
Beste Jurie, dankie vir 'n goeie artikel en die bewustheid wat jy geskep het ten opsigte van hoe denkers maar deur die kontekste waarin hulle hulleself bevind/of geleef het beïnvloed was. Hulle idees en konsepte was ook maar net tydgebonde, nie tydgerig nie! Hulle het nie die kennis gehad wat ons vandag in die een en twintigste eeu het van jarelange navorsing op die terrein van die Bybelwetenskappe nie. Ons is immers kinders van ons tyd. Groetnis!
|
|
se kommentaar op 20 Oct 2009 10:26:21 AM PST
Dit was aangenaam om hierdie stuk oor Ireneaus te lees. Die meeste van ons "gewone ouens" lees nie die kerkvaders self nie en daarom was dit vir my baie leersaam. Ek wil net vra: hoe seker is ons daarvan dat Clemens "die derde Biskop van Rome na Pterus" was?
|


Author)