Wat is kabbala? Madonna het dit gedoen en die bewys was daar: ‘n rooi bandjie om haar pols en ‘n nuwe naam, Esther. In Amerika is daar Kabbalah Centres, Kabbalah Institutions, Kabbalah Conferences wat in luukse hotelle aangebied word, en selfs ‘n Kabbalah University Online. Ook in Suid Afrika het Kabbala intussen byval gevind en is ‘n rooi bandjie om die pols en ‘n nuwe naam die kenmerk - Ester is besonder gewild onder vroue.
Inleiding
Wat is kabbala? Madonna het dit gedoen en die bewys was daar: ‘n rooi bandjie om haar pols en ‘n nuwe naam, Esther. In Amerika is daar Kabbalah Centres, Kabbalah Institutions, Kabbalah Conferences wat in luukse hotelle aangebied word, en selfs ‘n Kabbalah University Online. Ook in Suid Afrika het Kabbala intussen byval gevind en is ‘n rooi bandjie om die pols en ‘n nuwe naam die kenmerk - Ester is besonder gewild onder vroue.
In moderne
Mistiek?
Kabbala word meestal gedefinieer as ‘Joodse mistiek’, en dis nie heeltemal verkeerd nie, maar ook nie heeltemal in die kol nie. Tot en met die negentiende eeu was ‘mistiek’ ‘n onbekende begrip vir Judaïsme en Islam. ‘Mistiek’ as ‘n sprituele religieuse belewenis het binne die Christendom ontstaan en ontwikkel en volg ‘n unieke koers van lectio divina, meditatio, contemplatio waarin gebed ‘n belangrike rol speel. Joodse kabbala het egter langs eiesoortige kulturele en spirituele lyne ontwikkel, en het in werklikheid nie veel in gemeen met die Christelike mistiek nie – behalwe miskien ‘n kontemplatiewe soeke na goddelike waarhede wat vir die gewone verstand verborge is. Maar dit is ook ‘n latere ontwikkeling binne kabbala.
Die begin
Soos ek gesê het, kabbala is afgelei van die Hebreeus qbl en beteken ‘ontvang’. Die religieuse inslag van kabbala het sy wortels waarskynlik heel vroeg, so vroeg soos in die tweede eeu. Een van die bekendste rabbynse Hebreeuse tekste van daardie tyd is sekerlik die Talmoed. Die sogenaamde avot-traktaat handel oor religieuse onderrig, veral onderrig in die Wet. Volgens tradisie word hierdie onderrig in ‘n ononderbroke ketting van geslag tot geslag oorgelewer. In hierdie traktaat word die eerste fase van oorlewering beskryf: Moses het die Tora op die berg Sinaï ontvang (qibbel) en dit aan Josua oorgelewer wat dit aan die oudstes van Israel oorgelewer het … ensovoorts. Die teks gaan vervolgens voort om die mondelinge oordrag van die tradisie te beskryf: aan die rigters, die profete en ook die vroeë wysheidsleraars van die Talmoed.
In hierdie konteks dra kabbala die betekenis van ‘n heilige tradisie (masoret) met ‘n goddelike oorsprong, en Moses was die eerste ontvanger (qbl) daarvan. Deels hiervan is in die Skrifte opgeteken, maar deels is ook mondeling van geslag tot geslag deur die godsdienstige leiers van die Jode oorgelewer. In die oorspronklike godsdienstige betekenis het kabbala betrekking op godsdienstige waarhede wat deur tradisie ontvang en oorgelewer word – en impliseer dus eintlik presies die teenoorgestelde van wat gewoonlik onder ‘mistieke individuele godsdienstige ervaringe’ verstaan word!
Die middeleeue
Vir bykans ‘n duisend jaar het kabbala die betekenis gedra van oorgelewerde godsdienstige tradisie. Eers in die dertiende eeu het daar iets bygekom. Veral in Spanje, Provence en Italië het groepe Jode daarop aanspraak gemaak dat hulle in besit is van geheime kennis oor die Skrifte en ander antieke tekste, en verduidelik dat dit verband hou met dinamiese prosesse binne die goddelike sfeer. Hulle het hulself met verskillende terme beskryf wat alles dui op die besit van geheime kennis, maar uiteindelik is die oorkoepelende term kabbala vir hulle gebruik en het hulle bekend begin staan as kabbaliste.
Hulle het aangevoer dat Moses die heilige tradisie direk op Sinaï ontvang het, maar die grootste gedeelte van hierdie oorlewering was mondeling en baie persoonlik oorgedra, van pa na seun, van onderwyser na leerling, dus is die meeste van hierdie leringe vir gewone mense verborge. Die oorspronklike tradisie het nou ‘n nuwe laag, ‘n esoteriese stratum bygekry, en kabbala is geassosieer met verborge kennis wat vir baie eeue lank geheim gehou word waarvan slegs enkele individue bewus is.
Die gedagte is dat Moses alles volledig op Sinaï van God ontvang het, het verdere implikasies. Eerstens, niks nuuts
Hedendaagse skeptici
Maar hierdie bewerings word bevraagteken. Hedendaagse skeptici beweer dat kabbala ‘n ‘nuwe’ verskynsel is wat uit die twaalfde – dertiende eeuse Suid Europa dateer. Die eerste kabbaliste was oorspronklike en kreatiewe denkers en as ‘n mens hul geskrifte lees, kom jy agter dat elkeen sy unieke perspektief op sake het.
Samevatting
Intussen het ek op ‘n paar hedendaagse kabbala-webwerwe gaan swerf om te probeer agterkom waarom dit vandag so gewild is. Sover ek kon agterkom, word die beginsel van wyshede wat vir eeue lank verborge was, steeds gehandhaaf. Dit hou verband met kragte van die heelal en kragte binne onsself, maar wat ons nie met ons gewone sintuie
In wese kom alles neer op ‘n dieper sprituele wysheid. Kabbala belowe om jou lewe te verander, jou te help om van negatiewe energie ontslae te raak en positief, in kontak met jouself en met die heelal te lewe. So lewer jy jou bydrae tot ‘n beter wêreld.
In die volgende teo.co.za-uitgawe gaan ek iets meer vertel oor enkele beginsels van outentieke kabbala.
Bronne