Een maand om te leef het ten doel om lesers tot ‘n meer vervulde lewe te lei, om só te lewe dat daar uiteindelik niks sal wees waaroor jy spyt gaan wees dat jy dit nie gedoen het nie. Vier grondbeginsels word neergelê: Leef met passie, Leef in liefde, Leer met nederigheid, Vertrek vreesloos. Die skrywers gebruik voorbeelde uit hul eie lewens om hierdie beginsels te illustreer, vra telkens die leser om self stil te staan en oor sy/haar lewe na te dink, en aan die einde van elke hoofstuk om sy/haar koers te bepaal. Dis ‘n boek wat as lewensverryking, gerig op selfverwesenliking bestempel
Volle bibliografiese besonderhede: Een maand om te leef. Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe
Outeurs: Kerry en Chris Shook
Uitgewer: CUM
Vrystellingsdatum: Maart 2009
Bladsye: 240
Prys: R129,95
‘Wees doodeerlik met jouself. Jou tyd op aarde is beperk. Behoort jy nie daarom die beste daarvan te maak nie? As jy weet dat jy nog net een maand het om te leef, sal jy alles uit ‘n ander perspektief sien.’ Een maand om te leef het ten doel om lesers tot ‘n meer vervulde lewe te lei, om só te lewe dat daar uiteindelik niks sal wees waaroor jy spyt gaan wees dat jy dit nie gedoen het nie. Vier grondbeginsels word neergelê: Leef met passie, Leef in liefde, Leer met nederigheid, Vertrek vreesloos. Die skrywers gebruik voorbeelde uit hul eie lewens om hierdie beginsels te illustreer, vra telkens die leser om self stil te staan en oor sy/haar lewe na te dink, en aan die einde van elke hoofstuk om sy/haar koers te bepaal. Dis ‘n boek wat as lewensverryking, gerig op selfverwesenliking bestempel
Lesers moet egter bedag daarop wees dat hierdie boek van die positiwistiese Amerikaanse konteks afkomstig is, en hul teologie en Skrifhantering soms problematies