30 Nagte in Amsterdam deur Etienne van Heerden
- Deur Dawid de Villiers
- Gepubliseer 14 June 2009
- Boeke
- Nog geen evaluering
Dawid de Villiers
Dawid de Villiers se Artikels
Kaapstad: Tafelberg. 2008.
Kontras kenmerk ook die sentrale karakters in die roman. Die uiters komplekse Zan, alias Xan, alias Xusan, gedoop Susan de Melker, is die een uiterste. Teenoor haar kom te staan Henk “Ekskuus”, haar broerskind, die kwasi-biograaf.
Dit is die fassinerende hoofkarakters in Van Heerden se nuutste en knap roman. Die een mal met vreemde toevalle, die ander lewensverskrik en pateties.
Die motoriese moment is wanneer Henk hoor dat sy lankvergete tante, Susan, aan hom haar huis in
Vernuftig stel die outeur die verhaal van Zan en Henk se lewens aan die orde, bietjie vir bietjie, byna soos ‘n speurverhaal, in terugflitse vanaf tot veertig jaar terug. Die tyd van ‘n ietwat amateuragtige, tog dodelike opstand tydens apartheid word in hul dorp in die
Die teenstelling tussen die twee hooffigure is dramaties: Zan, die uitbundige ondermyner en verraaier, die skande op die familie; Henkie, die afgetrokke wetenskaplike wat aldag eksperimente doen, die toekomshoop van die De Melkers. Tog in staat tot agterbaksheid. Die een lewe voluit, dramaties en gevaarlik. Die ander leef teruggetrokke, bang en kleinburgerlik.
Die beelding van Zan as buitestaander en patologiese figuur in die Afrikaanse letterkunde grens aan die beste nog. Veral haar bewussynstroom wat net aanhou vloei en oorstort en haar binneste storm en drang vertolk, voer die leser mee. Dit is kru, banaal en skokkend. Die outeur oortref homself in die aanwending van taal in hierdie passasies. Die wyse hoe Zan haar weg in
Minder intens is die ontwikkeling van Henk deur die roman, maar tog oortuigend en selfs bekoorlik. Dat hy instrumenteel is aan Zan se finale tuiskoms is net so beduidend as dat sy hom ten slotte loskry tot ‘n uitbundige oorgawe aan die dans van die lewe en die dood.
‘n Uiters sterk roman, reeds bekroon met verskeie pryse. ‘n Moet lees vir ‘n liefhebber van boeke!

