Iemand sê nou die dag by sy moeder se roudiens: “Nou is die enigste mens wat my onvoorwaardelik liefgehad het, ook weg”. Die vraag ontstaan of ‘n liefde ooit onvoorwaardelik
Rondom die viering van Moedersdag op 10 Mei vanjaar dink ‘n mens graag na oor die rol van ‘n moeder in jou lewe.
Miskien moet ons eers vra: waar kom Moedersdag vandaan?
Wat betref die geskiedenis van Moedersdag, lees ons in Wikipedia: die moderne Moedersdag is ingestel deur Anna Jarvis as ‘n dag waarop elke gesin hulle moeder
Hierdie moderne spesiale dag moet nie verwar word met vroeëre heidense en selfs Christelike tradisies waarin moeders vereer is nie. Benewens hierdie Moedersdag is die 16de eeuse “Mothering Sunday” vanjaar op 22 Maart ook as ‘n Moedersdag in Europa gevier en “International Women's Day” in baie lande op 8 Maart.
Teen 1920 is Moedersdag in die VSA deur die handel gekommersialiseer. Dit het Anna Jarvis baie ongelukkig gemaak en sy en haar suster het hierna hulle erfenis gespandeer om teen hierdie verwording te agiteer. Hulle is as arm mense dood. Anna Jarvis is nooit getroud nie en het ook geen kinders gehad nie.
Iemand sê nou die dag by sy moeder se roudiens: “Nou is die enigste mens wat my onvoorwaardelik liefgehad het, ook weg”. Die vraag ontstaan of ‘n liefde ooit onvoorwaardelik
Dit is onteenseglik so dat die band tussen ‘n moeder en ‘n kind dikwels besonder heg is. Moeders gaan uit hul pad uit om vir hulle kinders te sorg en, waar moontlik, klippe uit die pad te rol. Die omgee van ‘n moeder by ‘n jong kind se siekte
Psalm 131:2b beskryf die toestand van rus in God soos volg: “Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind”. Dit spreek vanself dat die verhouding tussen ‘n moeder en ‘n kind bepalend is vir ‘n gesonde emosionele lewe in die later jare. Dat ‘n vader ook ‘n groot rol speel, is nie te betwyfel nie. Tog word algemeen aanvaar dat ‘n moeder se invloed beslissend is, veral in eerste jare waarin daar tereg van ‘n moeder meer as onvoorwaardelike liefde gevra word. In werklikheid word bo-menslike sorg by herhaling en tot vervelens toe vereis, asook uithouvermoë sonder om baie terug te kry. Dit het wel die uiters belangrike resultaat dat ‘n kind hoop ontdek, nadat hy die eerste konflik van die menslike bestaan, nl. vertroue versus wantroue, suksesvol opgelos het (vgl. Erik Erikson).
Tog wonder ek oor mense wat nie ‘n goeie verhouding met hul moeder het of gehad het nie. Vir hulle is Moedersdag sekerlik ‘n pynlike ervaring. Dit laat die doring in die vlees opnuut steek. Daar is seker legio redes vir so ‘n dilemma: dit
Iemand het eendag na aanleiding van die stelling “God is ook jou Moeder” opgemerk: “As God soos my ma is, stel ek nie belang nie”. Dit onderstreep hoe belangrik die rol van ‘n moeder (en ook ‘n vader)
Al word Moedersdag deur die kleinhandel “misbruik”, het dit nogtans ‘n plek. Merkwaardig het die kerk deur die eeue nog altyd sekulêre feeste en spesiale dae gekersten en daaraan ‘n Christelike karakter gegee. Moedersdag
Bronne
http://en.wikipedia.org/wiki/Ann_Maria_Reeves_Jarvis