Rolprent: Slumdog Millionaire
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 12 March 2009
- Lig-kuns
-
Evaluering:




Gerda de Villiers
Gerda de Villiers se Artikels
![]()
Teen dié tyd ken almal die storie. ‘n Jong, halfgeskoolde selfoon-tegnikus uit die krotbuurte van Moembai beland toevallig op die Indiese TV-uitsending van Who wants to be a millionaire. Teen alle verwagting beantwoord hy al die vrae korrek. Hy stap weg met miljoene, ‘n voorbeeld en inspirasie vir almal wat hulself in droewige omstandighede bevind. ‘Valse hoop’, was die fel kritiek van Salman Rushdie. Maar miskien moet ‘n mens hierdie rolprent met sy ‘van-lompe-tot- luukse’-tema in die genre van ‘n sprokie plaas.
Voorspelbaar, te goed om waar te wees – nogtans slaag dit. Hoekom?
Die kamera vervoer die kyker na drie uiteenlopende milieu’s: die TV-arena, die polisieselle, en die krotbuurte van Moembai. Hier word die lewe in die baarste sin van die woord ontbloot. Hond eet
Moet jy jou snesies saambring? Nee. Die onbevange spel van die kinder-akteurs red die fliek van ‘n tranetrekker. Met vernuf en vindingrykheid oorleef hulle. Plek-plek, midde-in haglike omstandighede,
‘n Verdere pluspunt is die onderbreking van chronologie. Die fliek begin ‘agterstevoor’. Jamal Malik (Dev Patel), word gearresteer op die vooraand van sy heel laaste vraag in Who wants to be a millionaire, omdat die selfvoldane Prem (Anil Kapoor) nie
Die vraag is: verdien hierdie fliek al die toekennings wat dit gekry het?
Soos ek reeds gesê het, die spel is uitstekend. Die akteurs is goed. Die verfilming ook. Dis ‘n vinnige fliek. Daar word geharloop, gejaag. Polsende musiek. Die belangrikste element vir die een en twintigste eeu is, dit gee ‘n mens hoop. Armoede, misdaad en geweld vier hoogty. Almal smag na hoop. Slumdog Millionaire gee hoop, al is dit ‘n sprokie.
Weereens, verdien die fliek al die toekennings?
Ten spyte van die onverwagse kinkel (en ek gaan dit nie weggee nie) het ek iets gemis. Vondel se klassieke ‘nog te vroom, nog te on-vroom’ ontbreek. Anders gestel, die karakters is betreklik ‘plat’. Salim (Madhur Mittal), Jamal se ouer broer, het die mees komplekse persoonlikheid – maar dit daargelaat.
Slumdog Millionaire is ‘n fliek wat die kyker met ‘n goeie gevoel en vol hoop die teater laat uitstap. Beslis die moeite werd.
Versprei die Woord
1 Reaksie op "Rolprent: Slumdog Millionaire" 
|
se kommentaar op 13 Mar 2009 1:39:31 PM PST
Stem saam met die bg. evaluering. Gaan sien dit, die kinder karakters veral is uitstekend.
|


Author)