Noord-Etiopië se mense lyk anders. Hulle is tipies bruin na ligbruin, het donker gladderige hare, en gelaatstrekke wat amper Semities wil lyk... tipies driehoekige gesigte wat meer herinner aan ons eie San. Dit is dan ook nie vreemd gesien die bewerings dat die oorspronklike inwoners rondom Axum, die ou hoofsentrum, oor 'n lang tyd saamgesmelt het met die Sabeërs en ander groepe in die suide van Arabië (die huidige Yemen). Dit is ook heeltemal verstaanbaar, want hierdie groepe is maar net geskei deur die Rooi See, wat hier ook maar redelik smal is. Die Axumitiese koninkryk het via die Rooi See met die buitewêreld handel gedryf, en het dan ook sy invloedsfeer na Arabië uitgebrei.
2. Die Joodse Konneksie

Iets soos 'n Joodse konneksie lyk dus moontlik, maar dit gaan heelwat verder. Volgens die Etiopiese weergawe was die legendariese Bybelse koningin van Skeba juis uit hierdie Abyssinies-Arabiese geweste afkomstig, en was sy die heerser in
Het u al gewonder wat van die
Nou hoe het dit gebeur dat hierdie allerheiligste voorwerp van die Joodse godsdiens in Ethiopië beland het? Afgesien daarvan dat daar baie sinisme is oor hierdie aanspraak, is daar ook heelwat weergawes van die verhaal. Ek gee maar een daarvan weer.
Toe Menelik sowat 20 jaar oud was, wou hy ten alle koste sy vader in
Waar die
Maar daar is nóg 'n Joodse konneksie. Die Falasha, oftewel die Swart Jode, woon al vir honderde jare (millennia?) in die noorde van Etiopië. In die vierde eeu, toe die Ryk christelik geword het, sou hulle die druk weerstaan om die nuwe godsdiens aan te neem, en het na die omgewing van Gonder gevlug. Mettertyd het die druk op hulle afgeneem, en is hulle toegelaat om hulle unieke kultuur en godsdiens te handhaaf. As gevolg van vermenging is daar geen ooglopende onderskeid tussen hule en die omliggende mense nie. Maar hulle het 'n definitief Ou-Testamentiese geloof. Die nuwe staat
Trouens, het u al die Etiopiese vlag gesien? (Hy het dikwels gewapper op die Olimpiese Spele.) Dit is groen, geel en rooi van bo na onder. En wat is in die middel? 'n Blou ster wat op die eerste kyk lyk na die Dawidster met die byvoeging van sulke strale tussen die punte van die ster! Eintlik is dit 'n vyfpuntige ster, maar dit kon netsowel die eintlike een wees.
Volgende keer: iets oor die merkwaardige interaksie met Islam in hierdie Noord-Afrika staat.