Dit is nie altyd vir mense maklik om in harmonie saam te leef en mekaar te verdra nie. Verhoudings in die huis, gemeenskap en kerk dra gereeld die merktekens van stryd, tweedrag, rusie, skeuring en ongelukkigheid. Hierdie onmin vernietig mense se lewe en maak hulle ongelukkig. Is geluk en lewenssin moontlik in ’n wêreld vol twis en onenigheid. Psalm 133 gee lewenswysheid hieroor. Die teks bied ’n motto vir ’n gelukkige lewe: ’n broederlike en susterlike lewenswyse lei tot ’n gelukkige, geseënde en sinvolle lewe. Die geluk wat daaruit voortvloei, is ’n gawe van God.<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /><o:p></o:p>
In die tyd rondom Pinksterfees dink gelowiges na oor die krag wat God se Gees in hulle lewe speel. Christene se Pinksterfees was in Ou-Testamentiese tye ‘n oesfees. Dit was bekend as die Fees van die Weke. Jode het hierdie fees sewe weke ná Paasfees gevier. Gelowiges het God gedank vir die gawe van die oes, veral die koring- en die garsoes. Tydens hierdie fees is die boek Rut gelees. Dit het gelowiges herinner aan God se krag.<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /><o:p></o:p>
Mense se lewe word vandag deur tyd regeer. Die horlosie bepaal elke minuut van die dag. Alles word daarvolgens beplan. Soos die sekondewyser aantik, volg gebeure mekaar op. So kan jy ook die geskiedenis presies terugroep en bepaal.
Dat die Here se toorn ontvlam, bly een van God se donker kante. Sy woede is dodelik gevaarlik. Niemand ,wat Hy daarmee tref, oorleef nie. Daarom maak sy toorn gelowiges bang Ouers dreig soms hulle kinders deur te sê: ‘moenie dit of dat doen nie, want die Here gaan jou straf.’ Hierdie dreigement wek vrees.<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /><o:p></o:p>
Elkeen van ons is op soek na die sin van die lewe. Genot, opwinding en bevrediging van die aangename lewenservarings gee sin en lewensvreugde. Of jy dit sien, daaraan kan vat, proe of ruik, maak nie saak nie: wanneer iets mooi, aangenaam of lekker is, maak dit die lewe vol en sinvol.<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /><o:p></o:p>
Slange is geen troeteldiere nie. Jy speel nie met ‘n slang nie. Slange is slu en gevaarlik. Die spreekwoord lui: daar is ‘n slang in die gras. Daarmee word die gevaar beskryf van hierdie gevreesde reptiel wat enige oomblik vanuit die gras of klipskeur sy vyand verras en dodelik kan pik (Gen 3:15; 49:17).<?xml:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /><o:p></o:p>
Hierdie boek is soos ‘n spyskaart. Dit is spesiaal vir u voorberei. Verskillende kokke is genooi om die spyskaart te beplan en van kos kuns te maak. Smaaklike en verrassende disse is voorberei. Dit kan wees dat sommige geregte u tong ‘n bietjie gaan brand. Sommige het dalk te min sout na u smaak, ander weer te veel. Daarom moet uself proe en besluit wat u gaan geniet. Daar is eksotiese disse uit die Antieke Ooste, die Ou Testament, die Nuwe Testament, erotiese disse uit die poësie en die geur van die kuns. Tekste oor lewensstyl, lewe en denke, geloof en lewe, reg en erotiek en liggaam en gene, versprei ‘n aangename geur. In hierdie kombuis (boek) is alles gemaak met die oog op die liefde.
Die Christelike geloof is ‘n geloof in God waarin die lewe en werk van Jesus Christus sentraal staan. Sonder twyfel getuig die Nuwe-Testament van hierdie belangrike posisie van Jesus. Wanneer ons na Christus se rol in die Ou Testament vra, verg dit duidelike onderskeiding, sonder om sy belangrike posisie te ontken of enigsins onder te beklemtoon. Die vraag na sy rol in die Ou Testament raak die verhouding tussen Ou- en Nuwe Testament. Beide Testamente is ewe gesaghebbend en dra ewe veel gesag in die Christelike Kerk(e).
Die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament is kompleks en meerduidig. Beide Testamente is met ‘n naelstring aan mekaar verbind. Sonder die Ou Testament kan ons die Nuwe Testament asook die lewe en werk van Christus nie verstaan nie. Christene kan verder nie die Bybel sonder die Nuwe Testament lees nie.