Welkom by dié webdiens van die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Pretoria. Hierdie webblad wil veral die twee deelnemende vennote van die Fakulteit, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Nederduits Gereformeerde Kerk bedien, maar terselfdertyd wil ons ook ‘n wêreldwye diens lewer. Almal is dus welkom.
Ons doel is om deur middel van kort wetenskaplike artikels die groot en wye wêreld van die teologie nader aan die predikante te bring. Kerklike bediening roep immers om teologiese besinning, daarom moet teologiese wetenskap ook in die prediking en die pastoraat gestalte kry. Wetenskaplike insigte van hierdie aard word in die afdeling ‘Preekhulp’ deur middel van eksegetiese inligting en meditasies weerspieël. Maar dis nie al nie. Ons diens aan die kerk sluit ook sekulêre rubrieke in oor woordkuns, nootkuns, ligkuns en klipkuns. Ons banier is saamgestel uit die twaalf brandglasvensters van Marc Chagall wat die twaalf stamme van Israel simboliseer: gaan lees meer oor hierdie kunstenaar en sy werk by kwaskuns.
artikels...
Uitnodiging na konferensie oor 'Geweld in die Demokratiese Suid-Afrika: 'n Uitdaging vir die teologie en die kerke.'
- Deur Etienne de Villiers
- Gepubliseer 19 July 2010
- @ die Fakulteit
- Nog geen evaluering
Die hoë voorkoms van geweld in die huidige demokratiese Suid-Afrikaanse samelewing stel nie net aan die regering nie, maar ook aan die teologie en die kerke ‘n besondere uitdaging. Wat ons nou nodig het is heldere teologiese denke oor dié geweld en sinvolle leiding deur die kerke oor hoe dit hanteer moet word.
Geskiedenis van Ou Testament-eksegese, 15: Die natuurwetenskappe en die ontluistering van die Middeleeuse wêreld.
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 19 July 2010
- Geskiedenis van OT-eksegese , Artikels
- Nog geen evaluering
Voordat ons by die negentiende eeu kom eers iets oor die onttowering van die wêreld deur die sestiende en sewentiende eeuse natuurwetenskappe. Eeue lank het die Bybelse wêreldbeeld die vertrekpunt van alle natuurstudie gevorm. Hiervolgens was alles so eenvouidig en duidelik: die aarde was plat en die son en die ander hemelliggame het om die aarde gedraai. Dit was eintlik so 'n wonderlike teorie wat soveel gemoedsrus verskaf het: die aarde, die mens het die middelpunt van God se heelal gevorm en alles (son, maan, sterre) het om die mens en sy wêreld gedraai; die mens was die heelal se sentrum en alles het om hom gewentel; die aarde het op sy pilare gestaan en die mens kon gerus en veilig voel. Natuurwetenskaplike kennis vanaf die sestiende en sewentiende eeur het dié gevoel van geborgenheid egter finaal vernietig (vgl De Knijff 1980:100-102).
Vrae aan Alex Antonites oor sy evolusie-boek
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 19 July 2010
- Artikels
-
Evaluering:




Daar het sopas 'n boek oor evolusie, Evolution: Fact or Theory?, deur prof Alex Antonites by Amazon.com verskyn. Dit beslaan 648 bladsye en kan by http://www.amazon.com verkry word. Hieronder vra Jurie le Roux hom 'n paar vrae oor sy boek.
Vrae aan Louis Jonker oor sy belangrike e-boek
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 19 July 2010
- Artikels
- Nog geen evaluering
Meditatio: God kom sy beloftes na, al lag ons soms daarvoor.
- Deur Sias Meyer
- Gepubliseer 19 July 2010
- Preekhulp
- Nog geen evaluering
Rolprent: Creation
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 18 July 2010
- Lig-kuns
- Nog geen evaluering
Rolprent: The Maid [La Nana]
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 18 July 2010
- Lig-kuns
- Nog geen evaluering
Rolprent is by uitstek ‘n medium wat van terugflitse gebruik maak. ‘n Karakter se vreemde, afwykende optrede word dikwels belig deur traumatiese gebeure uit sy/haar kinderjare. ‘n Goeie rolprent verloop selde chronologies. Ek sê selde, want The Maid [La Nana] is ‘n uitsondering op dié reël.
Kongres oor transendensie in wetenskap en godsdiens
- Deur Cornel du Toit
- Gepubliseer 8 July 2010
- Kongresse
- Nog geen evaluering
Bastille 14 Julie 1789 – Teater van die Absurde
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 8 July 2010
- Artikels
- Nog geen evaluering
Op
14 Julie vier
Franse wêreldwyd ‘Bastille’-dag. Met die welbekende slagspreuk liberté, égalité, fraternité,
word
die Franse Rewolusie ingelui. Vryheid, gelykheid en broederskap is
voortaan
Franse volk se motto. Die mure van die Bastille tuimel ineen, en die
volk is
bevry van die mag en onderdrukking van die koning en die kerk. Voortaan
het
almal gelyke regte en ‘n gelyke sê in die regering van die land. L’ancien régime is vir altyd verby, viva la république!
Geskiedenis van Ou Testament-eksegese, 14: Calvyn en die historiese lees van tekste
- Deur Jurie le Roux
- Gepubliseer 8 July 2010
- Artikels , Geskiedenis van OT-eksegese
- Nog geen evaluering
Die wortels van die negentiende eeuse
historiese verstaan van die Ou Testament en veral die Pentateugkritiek
asook
die groei van die histories-kritiese metode moet in die Reformasie en
ook
Johannes Calvyn gesoek word (vgl Pitkin 2009:341-371). Hy het hoegenaamd
geen
klaaruitgewerkte historiese metode of denke gehad nie en iemand het hom
inderdaad nog ‘vorkritisch’ genoem (Reventlow 1997:132), maar dit lê in
die
tipe vrae wat hy aan 'n teks gevra het en dié soort inligting wat hy
gesoek het
om 'n teks te begryp. En natuurlik was hy nie die eerste of die enigste
nie,
maar in die lees en herlees van Calvyn se kommentare ontdek 'n mens tog
telkens
nuwe fasette sy eksegese.
Onlangse Artikels
Digbundel: hoe vou die lig in deur Everline van Dyk
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Boeke
-
Evaluering:




Digkuns is ‘n persoonlike, intieme kunsvorm, en hoe vou die lig in, is dan ook geen uitsondering nie. Hierdie digbundel bestaan uit sewe afdelings wat meestal ingelei word deur ‘n aanhaling van ‘n ander skrywer of digter, of uit die Bybel. Die 'lig' is egter nie vanuit die staanspoor daar nie - 'n mens moet die hele boekie deurlees om toe te laat dat sirkels van lig op treffende wyse ontvou.
Vooroordeel in die proses van Christelik etiese besluitneming
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Vaktydskrifartikels
- Nog geen evaluering
Daar is verskillende benaderings tot Skrifgebruik. Etiek soos wat dit uit Bybelse hermeneutiek afgelei word, hou nou verband met etiese kwessies waarmee Christene elke dag te doene kry. Die Bybel is die riglyn en bied die basiese uitgangspunt waarvolgens etiese beslissings gemaak word. Maar soms moet ‘n mens van jou eie vooroordele bevry word, en dit is nie heeltemal moontlik nie. Hierdie artikel hou ‘n etiek van verantwoordelikheid voor: vooroordele wat aansluit by ‘n etiek van verantwoordelikheid, slaan die brug tussen ‘n teks van die verlede en ‘n her-interpretasie daarvan in die hede.
Filemon as terapeutiese narratief
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 23 May 2010
- Vaktydskrifartikels
- Nog geen evaluering
Hierdie artikel ontleed die verskillende narratiewe wat in Filemon geïmpliseer word deur gebruik te maak van die terapeutiese benadering, soos ontwikkel deur Epston & White (1990). Twee duidelike narratiewe word onderskei: die dominante narratief (die harde manier waarop slawe in die vroeg Christelike tye behandel is), en ‘n narratief wat hierdie houding uitdaag (die meer menslike hantering van slawe). Hierdie artikel wys op Paulus se poging om die gaping tussen die twee narratiewe te oorbrug deur sekere merkers te gebruik wat hy heel moontlik by die misterie-religieë gekry het, sowel as die voorbeeld wat Jesus gestel het. Uiteindelik bied die narratiewe terapeutiese benadering ‘n nuwe en unieke blik op Filemon se narratiewe wêreld.
Opstanding
- Deur Departement Filosofie (UP)
- Gepubliseer 10 May 2010
- Kongresse
-
Evaluering:




Dit wil voorkom asof die waarheid nog nooit so in aanvraag was as in hierdie uitmergelende postmoderne tydperk nie. En tog is dit moeiliker om dit te vind as ooit tevore. Dit is veral waar van Bybelse waarheid: dit is ‘n oop vraag of die Christelike narratief versoen
Bekendstelling van boeke wat onlangs by CUM verskyn het
- Deur Dawid de Villiers
- Gepubliseer 9 May 2010
- Boeke
- Nog geen evaluering
In die eerste kwartaal van 2010 het daar 'n paar boeke by Christelike Uitgewersmaatskappy verskyn. Ek stel graag twee van hierdie boeke op teo.co.za bekend.
Sentrum vir Kontekstuele Bediening, Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria
- Deur Gerda de Villiers
- Gepubliseer 2 May 2010
- @ die Fakulteit
- Nog geen evaluering
Boekbespreking: Prediking uit die Ou Testament in ‘n Christelike gemeente
- Deur Hennie Pieterse
- Gepubliseer 23 March 2010
- Boeke
- Nog geen evaluering
Die vraag in die homiletiek en by predikers in die praktyk van hoe om uit die Ou Testament in ‘n Christelike gemeente te preek, is so oud soos die Christelike prediking self. In die jongste tyd is daar by UP en by Unisa doktorale studente wat hulle opnuut in die vraag verdiep. Rein Bos, predikant van die Protestantse Kerk in Nederland, het in 1992 ‘n proefskrif hieroor geskryf, maar nou in hierdie nuwe boek oor dieselfde tema ‘n leser vriendelike en baie behulpsame boek vir teoloë en predikers in die praktyk gepubliseer.
Dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit van Pretoria: Prof Johan Buitendag
- Deur Johan Buitendag
- Gepubliseer 12 March 2010
- @ die Fakulteit
-
Evaluering:




Prof Johan Buitendag is die nuwe Dekaan van die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria. Ons stel hom graag self aan die woord.
Om transformasie te transformeer
- Deur Gerrit Brand
- Gepubliseer 26 February 2010
- Deur ander se oë
- Nog geen evaluering
Preek: Soos die lelies van die veld… (Matt 6:28)
- Deur Danie Veldsman
- Gepubliseer 26 February 2010
- Preekhulp
-
Evaluering:




Die sorg van die Here: wat verstaan ons daaronder? Wat beteken dit vir jou? Ek wil na hierdie vraag kyk aan die hand van die Matt-teks ten einde met die oë van geloof te kan antwoord op die betekenis daarvan hier en nou.

